‘N BELOOFDE PLEK VAN RUS

David Wilkerson (1931-2011)

Die hele boek Deuteronómium bestaan uit ‘n reeks vaarwel boodskappe van Moses, geadresseer aan diegene wat veertig jaar lank in die woestyn rondgedwaal het en bestem was om die land van belofte te besit. Hy het die nuwe geslag herinner aan die belangrikheid van gehoorsaamheid.

“Julle ken julle vaders se geskiedenis. Hulle was ‘n volk geroep, uitverkies en gesalf deur God, maar hulle het hulle visie verloor. Die Here het hulle so liefgehad dat Hy hulle in sy arms opgetel het en hulle gedra het, keer op keer. Maar oor en oor het hulle teen Hom gemurmureer en Hom bedroef.”

Moses gaan verder, “Uiteindelik het God se geduld tot ‘n einde gekom. Hy het gesien dat hulle verbind was aan ongeloof en daar was niks wat Hy kon doen om hulle gedagtes te verander nie. Hulle harte was soos graniet en daarom het God vir hulle gesê, ‘Nie een van julle sal my Beloofde Land binnegaan nie. In plaas daarvan, sal julle nou omdraai en teruggaan woestyn toe.’”

Watter kragtige woorde. Moses het egter nie net gepraat met ‘n nuwe geslag Israeliete nie, maar met elke geslag gelowiges wat daarna gekom het, insluitend ons vandag. Soos ander Ou Testament verhale, was hierdie een geskryf “as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het” (1 Korinthiërs 10:11).

Moses het vir ons die gevaar van ongeloof aangedui. Hy het gewaarsku dat, tensy ons luister, sal ons dieselfde gevolge ly as hulle wat voor ons gekom het: “Sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie” (Hebreërs 4:11).

Vandag laat talle gelowiges toe dat Satan hulle oortuig dat hulle nie goed genoeg is nie, dat God steeds kwaad is vir hulle oor sondes van die verlede maar, net soos Israel, sal jou keuses die koers bepaal van jou oorblywende jare.

Jy het ‘n belofte wat op jou wag, net soos daar ‘n belofte was vir Israel, “Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God” (Hebreërs 4:9). Die Here het jou verlos om jou na ‘n plek van rus te neem, ‘n plek van onwrikbare geloof en vertroue in die Here. Vertrou Hom daarvoor!