‘N ANKER VIR ONS GELOOF

David Wilkerson (1931-2011)

Een vers in God se Woord sal jou bewaar deur enige en alle gevaarlike tye as jy jou lewe daaraan sal verbind. Geliefdes, omhels hierdie een vers, glo dit ten volle en dit sal ‘n daaglikse kragbron van geloof wees:

“Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra” (Matthéüs 6:8).

Jesus noem die dinge wat ons hemelse Vader weet ons nodig het - kortliks, kos, drank en klere. “Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie” (Lukas 12:22). Die oorheersende tema van jou lewe moet wees: God weet ... en dit is al wat saak maak!

“As God dan die gras van die veld wat vandag daar is en môre in ’n oond gegooi word, so beklee, hoeveel meer vir julle, kleingelowiges!” (12:28). Jesus praat van gras wat vandag geil en groen is, maar môre gesny word. Hy sal ons herinner dat Hy dit lewe gegee en versorg het en ons durf nie dink dat Hy minder omgee vir ons behoeftes nie. As jy bekommerd is oor jou gesin se welsyn, het ek goeie nuus: jou kinders is God se kinders en Hy gee meer om vir jou geliefde as jy. Jesus weet presies wat elkeen nodig het.

Jesus weet van jou behoefte om ‘n dak oor jou kop te hê; Hy weet van jou huur of verbandbetaling elke maand. Hy weet van al jou behoeftes en jy kan Hom ten volle vertrou om hulle almal te tegemoet te kom. Hy beloof om dit te doen!

Die Here sê vir die rykes sowel as vir die armes: “Moenie bekommerd wees oor jou wêreldse besittings nie. Gee vir My kwaliteit tyd en vertrou My. Ek gaan sorg vir al jou behoeftes.” “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Matthéüs 6:33).

Anker jou geloof in die feit dat jou hemelse Vader presies weet wat jy nodig het. Hy verlustig Hom in jou en saam met Hom sal jy altyd fris en veilig wees.