​WARE DIENAARSKAP

David Wilkerson

Vandag wil mense alles behalwe ‘n dienaar wees. Hulle trots verafsku die idee van dienaarskap. ‘n Gewilde Skrif is, “Daarom is jy nie meer dienskeg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus” (Galasiërs 4:7).

Wat sê Paulus werklik hier? Hy verduidelik dat ‘n seun wat reg geleer is, weet hy is wettiglik die koning se efgenaam met al die regte wat saamgaan met die posisie. Maar hy het sy vader so lief dat hy die rol van ‘n dienaar kies.

Paulus sê in Romeine 1:1 dat hy “’n dienskneg van Jesus Christus” was en Jakobus het homself “‘n dienskneg van God” genoem (Jakobus 1:1). En Christus, die ware Seun van God, “het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem” (Filippense 2:7).

‘n Dienaar het geen wil van sy eie nie; sy meester se woord is sy wil. Die kruis verteenwoordig die dood van al my eie planne, my eie idee’s, my eie begeertes, my eie hoop en drome. En bo alles, die algehele dood van my eie wil.

Jesus het vir Sy dissipels, “My voedsel [vervulling in die lewe] is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het om sy werk te volbring” (Johannes 4:34). Met ander woorde, “Ek wag om alle leiding van My Vader te hoor.”

Johannes het geskryf, “Want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld” (1 Johannes 4:17). Elke ware Christen moet gewillig wees om te sê, “Ek wil regtig Sy wil doen.” Maar ons kan dit misloop as ons ons harte op iets sit wat ons wil hê, iets wat goed lyk en logies klink, maar nie God se wil is nie. Een van die grootste strikke waarin Christene val, is om ‘n goeie idee na te jaag wat nie van God is nie.

Kan jou begeerte die kruis oorleef? Kan jy wegloop van jou droom, daaraan sterf? God weet wat die beste vir jou is, so roep uit na Hom, “Vader, as dit nie U wil is nie, kan dit my vernietig. Ek gee dit vir U, so doen dit op U manier, Here.”