​WANNEER GOD STIL IS

Carter Conlon

As ons na sy reis kyk, sien ons Koning Dawid het werklikwaar sterk begin. Die Heilige Gees het oor hom gekom en veroorsaak dat hy ‘n leeu en ‘n beer, en uiteindelik ‘n Filistynse reus verslaan het. Dit lyk asof daar geen perke was aan wat God deur sy lewe sou doen nie, tot en met die oomblik waarop daar stilte gekom het. Skielik het God nie meer gepraat soos altyd nie, en Dawid het sy vertroue begin verloor. Hy het sy vertroue verloor in God se vorige woorde aan hom, wat daartoe gelei dat hy probeer het om sy lewe met sy eie wysheid te bestuur en sy probleme op sy eie manier en in sy eie krag op te los (sien 1 Samuel 27:1-3).

Toe Dawid uiteindelik raadop was en besef het dat, om sy eie redenasies te volg, homself en ander net in uiterste hartseer gedompel het, het hy teruggekeer na die bron van sy krag (sien 1 Samuel 30:1-3, 6). Dawid het homself in die Here bemoedig en onthou hoe getrou God altyd teenoor hom was. En op daardie oomblik van herinnering, het hy teruggekeer na gebed. Die stem van God het weer duidelik geword, en die Here het hom uiteindelik tot die oorwinning gelei wat nog altyd syne was.

Dit dien as ‘n herinnering dat te midde van God se stilte, moet jy die versoeking weerstaan om te probeer om dit wat God vir jou gesê het Hý in jou lewe sou doen, te laat gebeur. In plaas daarvan, bemoedig jouself in die Here soos Dawid gedoen het. Onthou hoe getrou God was. Dink aan die woorde wat Hy aanvanklik tot jou gespreek het, die oorwinnings wat jy beleef het, wat nooit sou plaasgevind het sonder die Heilige Gees se werking in jou nie. Gaan sit en sê, “God, U het ‘n woord tot my gespreek. Ek verstaan dat daar ‘n aangewese tyd is daarvoor om vervul te word. Die antwoord is op pad, en self al mag dit lyk asof U beloftes tydelik oordonder word deur omstandighede, is U die God wat nie kan lieg nie!”

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.