​ONS DIEN ‘N REGVERDIGE KONING

David Wilkerson (1931-2011)

Die Here heers oor die hele skepping met majesteit en mag. Sy wette beheer die hele heelag – die  hele natuur, elke land, en al die sake van mense. Hy heers oor die seë, die planete, die hemelliggame en al hulle bewegings.

“Hy heers vir ewig deur sy mag; sy oë hou wag oor die nasies” (Psalm 66:7). “Die HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegrond ... Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U ... U getuieniss is baie betroubaar” (Psalm 93:1-2, 5).

Hierdie psalms was geskryf deur Dawid, wat in wese getuig, “Here, u getuienisse – u wette, insettinge en woorde – is onherroeplik. Hulle is uiters betroubaar.” Die outeur van Hebreërs herhaal dit en verklaar dat God se Lewende Woord ewig en onveranderlik is (sien Hebreërs 13:8).

Dink daaraan. Daar is wette wat in die heelal opereer wat beheer hoe dinge werk, sonder uitsondering. Beskou die wette wat die bewegings van die son, maan, sterre en aarde beheer. Hierdie hemelliggame was almal in plek gestel toe God ‘n woord gespreek het, en sedert daardie tyd, word hulle beheer deur wette wat God ook in bestaan gespreek het.

Die Nuwe Testament sê vir ons dat hierdie groot God ons Vader is en Hy het medelye met sy kinders. “Want ons het nie ’n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde” (Hebreërs 4:15). God hoor al ons uitroepe: “Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede” (Psalm 34:18).

Ons word ook vertel dat God die regverdige Koning is wat oordeel deur sy wet. Sy Woord is sy konstitusie, en bevat al sy wetlike insettinge, waardeur Hy regverdig heers. Alles wat bestaan word geoordeel deur sy onveranderlike Woord – insluitend sy kinders!

Eenvoudig gestel, ons kan die Bybel in ons hande neem en weet, “Hierdie boek sê vir my wie God is. Dit beskryf sy eienskappe, natuur, beloftes en oordele. Dit is sy oppergesag van die reg, uit sy eie mond, waardeur Hy heers en regeer.” Wat ‘n magtige God dien ons!