​NEDERIGHEID VOOR DIE BELOFTE

Carter Conlon

Op Pinksterdag, het Petrus gepreek, “Bekeer julle, en laat  elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus” (Handelinge 2:38). Met ander woorde, “Lê neer jou ou manier van lewe en al jou eie pogings om heilig in jou eie krag te wees. Lê neer die fasade van ‘n Christen wees en beklee jou met Christus. En jy sal die gawe van die Heilige Gees ontvang, want die belofte is vir jou!”

Volgens die Skrif, was drieduisend siele by die kerk gevoeg op daardie dag – drieduisend godsdienstige mense wat hulle bes gedoen het om goddelik in hulle eie krag te kon wees; drieduisend wat miskien moeg was om te hoor van God en Sy eertydse krag; drieduisend wat raakgesien het daar was mense wat werklik die krag van God besit het!

So wat moet ek en jy doen om hierdie krag van God te kry vandag? Trouens, ons sal dit sekerlik nodig hê om die dae wat voorlê die hoof te bied.

Eerstens, ons moet terugkeer na die volle doel wat God vir ons lewens beplan het op hierdie aarde: om lewende getuies te wees van wie Hy is, wat nederigheid verg, want ons sal bespot en belaglik gemaak word. Ongeag wat die wêreld egter mag dink, daar moet ‘n besluit in ons harte wees wat sê, “Ek gee nie om wat dit sal kos nie. Ek wil hierdie nuwe lewe hê, hierdie sterkte om saam met God te wandel en ek sal nie met louwarm tevrede wees nie.”

Dit is ‘n keuse wat ek en jy moet maak. Onthou, die belofte van die Heilige Gees is vir jou, jou kinders, vir die jonges, die oues, die geleerdes, die ongeleerdes, die sterkes en die swakkes. Wil jy dit – en die leefstyl wat daarmee gepaardgaan – regtig hê?

As jy gewillig is, moedig ek jou aan om met nederigheid na die Here te gaan en Hom te vra om sy groot belofte aan jou te vervul. Hy sal sekerlik getrou wees aan sy Woord. En dan sal ons, as sy Kerk, terugkeer na die krag van God in hierdie laaste dae!

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Church in 1994 op uitnodiging van die stigterspastoor, David Wilkerson en was aangestel as Senior Pastoor in 2001.