​MOET NOOIT MOED VERLOOR NIE!

David Wilkerson

In Openbaring, vewys Christus na Homself as HY “WAT OOPMAAK EN NIEMAND SLUIT NIE” (sien Openbaring 3:7). Dit was in ‘n brief gestuur aan die gelowiges in antieke Filadelfia, ‘n kerk wat die Here gekomplimenteer het, omdat hulle die woord van Sy lydsaamheid bewaar het en nooit sy Naam verloën het nie. Eenvoudig gestel, in hulle moeilikste tye, het hierdie mense getrou op God se Woord gestaan. Hulle het nie die Here beskuldig dat Hy hulle verwaarloos het of Sy ore gesluit het vir hulle geroep nie.

Dit is duidelik Satan het teen hulle gekom met leuens. Sy owerhede en magte van die duisternis, leuengeeste wat uit die dieptes van die hel kom, sê dat God alle deure gesluit het, dat Hy aanbidding en geloof nie waardig is nie. Maar hierdie gelowiges, van wie Jesus gesê het hulle het min krag, het aangehou om te vertrou en het geduldig vir God gewag om die sleutel in die deur te steek en dit oop te maak. Hy hou die sleutel tot elke geslote deur – en Hy alleen plaas oop deure voor ons.

Hier is wat die Here hulle belowe het, en dit is ook ons belofte:

“Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel” (Openbaring 3:10).

Maar jy – omdat jy steeds Sy beloftes vertrou en gewillig is om in geloof te sterf, al sien jy nie die beloftes vervul nie – sal jy bewaar word van hierdie wêreldwye versoeking om in ongeloof te verval. God het jou geroep gehoor en Hy ken die tydsberekening, die presiese uur, om alle deure oop te maak. So, moet nooit moed verloor nie. Moet nooit twyfel nie. Staan op Sy beloftes. Hy sal jou nie teleurstel nie!