​MILDDADIGHEID: AAN ANDER GEE

Gary Wilkerson

Hoe kan ons ‘n voorbeeld van Jesus wees vir mense wat honger en dors is? Ek glo een sleutel manier, is om ‘n gees van milddadigheid te hê, ‘n gees om alles wat ons kan te gee aan diegene in nood.

“En ons maak julle bekend, broeders, die genade van God wat aan die gemeentes van Macedónië geskenk is, dat onder baie beproewing deur verdrukking hulle oorvloedige blydskap by hulle diepe armoede oorvloedig was in hulle ryke milddadigheid” (2 Korinthiërs 8:1-2). Paulus het gesê, “Ek maak aan julle hierdie genade van God bekend.” Paulus het met sy kerk gepraat oor vrygewigheid, ‘n genade om aan ander te gee, tydens ‘n tyd van ernstige beproewing. Hy het begin deur te sê dat die Macedoniese kerke gely het maar dat hulle in staat was om na vore te kom en die behoeftes van mense aan te spreek, selfs in hulle eie krisissituasies as gevolg van God se genade.

Dit lyk soos ‘n teenstelling. In ‘n tyd van groot beproewing – in hierdie geval was dit ‘n hongersnood – was die mense in staat om groot blydskap in hulle harte te hê. En hulle het ook groot milddadigheid getoon tydens hulle ernstige armoede. Hulle het nie gewag totdat hulle in oorvloed geleef het voor hulle begin gee het nie. Nee, hulle het gegee uit hulle armoede en het ‘n “oorvloedige blydskap” gehad om dit te doen.

Vers 3 sê, “Want hulle was na vermoë — ek betuig dit — ja, bo vermoë gewillig.” Hierdie mense het nie gegee uit ‘n sin van plig of verpligting nie. Hulle het dit gedoen omdat dit in hulle harte was om dit te doen.

Wanneer die Gees van God van jou hart besit neem, is jy in staat om die behoeftes van ander raak te sien. Hy maak jou oë oop vir die waarheid dat jy nie bekommerd of gespanne hoef te wees oor jou finansies nie en dat jy inderdaad met ander kan deel tydens jou tyd van gebrek. Met ander woorde, jy kan die genade van milddadigheid uitoefen deur sy krag wat in jou werk.

Mag die Heilige Gees ons sensitief maak vir die behoeftes van ander, ongeag ons eie situasie, positief of negatief.