​Met Christus se Krag Beklee

Gary Wilkerson

Dit is baie belangrik vir Christene om ons met ons nuwe self te beklee. Dit sal die manier waarop ons ons lewens leef, beïnvloed. Dit sal die manier waarop ons die verlossingskrag van Jesus Christus ontvang, beïnvloed. Dit het ‘n impak op alle aspekte van ons lewens. Om met die nuwe self beklee te wees, is die manier om daardie nuwe lewe wat God ons gee uit te leef.

Dit is van kritiese belang omdat dit toon dat ‘n ware ontmoeting met God plaasgevind het en die verandering van ons harte begin het.

“Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word. Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is” (Kolossense 3:2-5, AFR53).

Sommige mense lees hierdie vers en begin met die poging om hulleself met hierdie nuwe self te beklee. As ons egter dit doen, sal ons teleurgesteld wees. Reëls, regulasies en “selfgemaakte godsdiens” kan ons nie help om met hierdie nuwe self beklee te word nie.

Dit is wat Paulus in Kolossense 2:23 bedoel toe hy gesê het: “Wat, alhoewel dit ‘n skyn van wysheid het, in eiesinnige godsdiens en nederigheid en in gestrengheid teen die liggaam” Paulus sê in wese vir die Kolossense kerk om daarteen te waak dat hulle nie probeer om hulself in eie krag na die koninkryk van die lig oor te bring nie.

Om te probeer om geestelik te wees en jouself met jou eie krag met hierdie nuwe te beklee, sal uiteindelik misluk. In plaas daarvan, moet jy elke dag as jy wakker word, God vra vir die genade van die nuwe self. Vra dat Hy jou ‘n gewillige hart sal gee om sy wil en goed aan ander te doen.