​HY REAGEER MET BARMHARTIGHEID

David Wilkerson

Jarelank was mense daaraan gewoond om my te hoor preek oor bekering en heiligheid. Hulle het my egter begin bevraagteken toe my boodskappe meer begin fokus het op barmhartigheid, versoening en hoop. Daar is ‘n eenvoudige verduideliking hiervoor.

Toe ek gereis het as ‘n evangelis, het ek nie geleentheid gehad om die mense vir wie ek gepreek het, te leer ken nie. Ek was nooit lank genoeg op een plek om al die hartseer, behoeftes en laste van God se mense te ontdek nie. As 'n herder by Times Square Kerk, hoor ek eerstehands van al die moeilikheid en beproewings wat gely word deur diegene in gemeente, sowel as in kerke reg rondom die wêreld.

Geliefde, ek het ontdek dat God se kinders diepe hartseer beleef. Hulle word versoek en beproef en rondgegooi deur groot teëspoed en nood. Die probleme in families is oorweldigend. Talle skape sug van ellende en pyn – hartseer, dors, is geestelik gebrekkig en hulle lewe van krisis tot krisis.

God het dit vir my duidelik gemaak dat ek nie hartseer skape mag slaan nie. In plaas daarvan, is liefdevolle barmhartigheid nodig. Selfs die vurige profeet Jeremia het geween, “Tugtig my, HERE, maar met mate; nie in u toorn, dat U my nie te klein maak nie” (Jeremia 10:24). Jeremia het in wese gesê, “Here, wees sag met my, want ek is nie in ‘n toestand om woede of toorn te hoor nie, dit sal my vernietig.”

God sal nooit Sy Woord gebruik om jou af te breek wanneer jy hartseer is nie. Al wat Hy van Sy kinders vra, is ‘n berouvolle, gebroke gees. Hy reageer met barmhartigheid wanneer ons uitroep in ons nood.

Rus in Sy barmhartigheid en liefde, want Hy het medelye met sy kinders.