​“WYS ONS JOU GOD!”

David Wilkerson

“Want daar het hulle wat ons as gevangenes weggevoer het, van ons die woorde van ‘n lied gevra en hulle wat ons verdruk het, vreugde, deur te sê: Sing vir ons ‘n Sionslied. Hoe sou ons die lied van die HERE kan sing in ‘n vreemde land?” (Psalm 137:3-4).

Die volk van God was in die moeilikste posisie van hulle leeftyd en toe hulle weggevoer is, het hulle gevangenemers ‘n lied van hulle geëis. Al wat hulle gevoel het, was depressie, wanhoop en hopeloosheid.

Menigtes van Christene is in dieselfde posisie vandag, vasgevang in teenspoedige omstandighede. As die duiwel teen jou kom met ‘n ou versoeking, mag jy op die rand van moed verloor wees en dink, “Ek gaan dit nie regkry nie. Ek het gebid en gehuil maar hierdie ou verslawing gaan my vir ewig teister.”

Toe Israel in Babiloniese slawerny verval het, het hulle gevangenemers gesmeek, “Sing vir ons! Bid vir ons! Ons het alles oor julle gehoor en wat julle God vir julle gedoen het, so wys ons julle blydskap in Hom.”

Hoewel hierdie eis spottenderwys gemaak was, glo ek dit was ook ‘n jammerlike pleidooi. Die gode van die Babiloniërs het hulle leeg, droog en sonder hoop gelaat. Maar die liedere van die Israeliete het ‘n impak op hulle gemaak. “Die God van hierdie volk kan ‘n see kloof; Sy vuur daal neer uit die hemel; Hy staan teen hulle vyande. Daar moet iets wees aan hierdie God van hulle.”

Mense wat hulle kan verheug en hulle geloof behou in die donkerste van ure, is ‘n ware getuienis vir ander wat dieselfde probleme het. Ander neem notisie van gelowiges wat getuig, “God, ek glo U, maak nie saak wat in my lewe gebeur nie.”

Die wêreld skree vir ons, “Ons is nie beïndruk met die Rooi See wat oopgemaak het of die blindes wat hulle sig ontvang of die kreupeles wat genees word nie. Nee! Die wonderwerk wat ons wil sien, is jou geloof in die donkerste uur van jou lewe. Jy beleef hopelose situasies met ‘n glimlag van blydskap, terwyl jy God met lof besing. Dit is wat tot ons spreek.”