Watter Pad Wil Jy Kies?

Claude Houde

“Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die wet van die HERE, en hy oordink sy wet dag en nag” (Psalm 1:1-2).

Psalm 1 is ‘n wysheidspsalm en bevat twee kontrasterende lewenswyses in die strewe na geluk. Die meeste teoloë glo dat die psalm deur David geskryf is; dit is letterlik die poort na vervulling en ‘n oorvloedige lewe. Die geseënde man verlustig hom dus in die wet van die Here – in sy beloftes, sy woord, sy koninkryk, sy hart vir sy volk, sy gebooie. En hierdie man sal wees “soos ’n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit”(1: 3).

In teenstelling: “So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi. Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie. Want die HERE ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan” (1:4-6). Die psalmdigter sê: “Jy moet kies wat jou strewe sal wees.” Hy het onderskei tussen die twee lewenstyle, die een soos ‘n boom wat geplant is by waterstrome en die ander soos kaf in die wind.

Die lewenswyse wat tot seën, lewenskragtigheid, produktiwiteit, sekuriteit, vreugde, vervulling, prestasie en bevrediging lei, gaan selfs verder as gemoedsrus en ‘n stil hart. Jy sal diep en ware geluk vind as jy ‘n basiese Bybelse begrip het van waar dit aangetref word. Spreuke 4:20-26 sê: “My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde ... Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word ... Laat jou oë reguit kyk ... Maak die pad van jou voet gelyk.” Die Woord van God is vol lering en leiding – meer as genoeg om jou op die pad van geregtigheid te hou.

Sosiale media met sy hol, betekenislose tydverdryf kan jou tyd mors. Sinnelose vermaak kan jou siel goekoop maak en verswak. Dit is elke persoon se verantwoordelikheid om te kies watter strewe hy gaan navolg. “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Matthéüs 6:33). Die Woord van God is duidelik; die keuse is joune!

Claude Houde is the hoofpastoor van Eglise Nouvelle Vie (Nuwe Lewe Kerk) in Montreal, Kanada. Onder sy leierskap het Nuwe Lewe Kerk gegroei van ‘n handjievol mense tot meer as  3500 in ‘n deel van Kanada met min suksesvolle Protestante kerke.