STEEK JOU WEG

Gary Wilkerson

Hoe meer ons dryf en jaag om dinge vir God in die vlees te bewerkstellig, hoe meer tap sy krag uit ons. Dit het oor en oor in die Ou Testament gebeur. Israel het altyd voor God uitbeweeg, sy planne vir hulle gedwarsboom en Hom van die heerlikheid beroof wat Hy verdien het as hulle getroue Verlosser.

Met tye het Israel selfs bongenootskappe gesluit met heidense leërs om hulleself teen groter vyande te verdedig, wat God hulle verbied het om te doen. Ons het dieselfde geneigdheid vandag. Ons vlees is bloot geneig om die Here vooruit te loop.

Elia het goed geweet hoe om op die Here te wag. Ek hou van hierdie vers oor Hom: “Toe kom die woord van die HERE tot hom (Elia) en sê...steek jou weg” (1 Konings 17:1,3). Ek glo dit is van die moeilikste woorde wat enige volgeling van Jesus kan hoor. Dit is gelykstaande aan Jesus wat vir sy dissipels gesê het, “Wag.” Die Here is getrou om op sy gekose tyd te beweeg as ons sal wag.

Vir die dissipels, was wag ‘n kwessie van weke; vir Elia was dit drie jaar. Dit was die oorblywende tydperk van die hongersnood wat Israel beleef het nadat God met hom gepraat het. Dink hoe moeilik was daardie tyd vir Elia. Hy het ’n woord van God gehad wat in sy hart gebrand het – maar hy was beveel om stil te bly vir drie lang jare.

Toe daardie jare verby was, het God egter vir Elia gesê, “Gaan heen, vertoon jou...dan wil Ek reën gee op die aarde” (1 Konings 18:1). Op die bepaalde tyd, het Elia deelgeneem aan ‘n wonderbaarlike seën wat God aan sy mense verleen het.

Vandag, “vertoon” baie van ons onsself voor God se bepaalde tyd. Op die ou end spin ons ons wiele, maak ons onsself moeg en word ons moeg om God se werk te doen. Vriend, die enigste krag wat ons ooit vir God se werk sal hê, sal kom uit tyd in gebed deurgebring.