WEES NIE BEVREES NIE!

David Wilkerson

Vandag is ons samelewing gebroke. Ons het skole wat buite beheer is, verwarde leiers, bankstelsels wat in duie stort, wydverspreide werkloosheid, onhanteerbare sosiale programme en ‘n algehele ineenstorting van morele waardes. En om die kroon te span, kan die aarde op die randjie van ‘n kernbomkatastrofe wees. Kortliks, dinge lyk of dit buite beheer tol.

Hoe kan gelowiges ooit sterk en standvastig staan te midde van al die chaos? Die outeur van Hebreërs antwoord ons: Ons moet Jesus sien in alles wat in ons lewens gebeur (sien Hebreërs 2:9).

Sommige mag wonder, “Hoe kan die Here in enige van hierdie dinge wees? So baie dinge in my lewe voel buite beheer.” Laat my jou ‘n voorbeeld uit die Skrif gee. Ek praat van ‘n man wie se wêreld onderstebo gekeer was deur chaos en elke fondament van sy geloof geskud was. Tog, te midde van dit alles, het hy die Here gesien.

In sy uur van groot verdrukking, het die apostel Stéfanus onwrikbaar gestaan, terwyl ‘n bende Christus-haters, gewapen met klippe, hom omsingel het en gereed was om hom te stenig. Stéfanus het geweet dat hy net ‘n paar minute oor gehad het om te lewe – tog was hy met vrede en kalmte gevul. Wat was die geheim van hierdie man se volharding?

Op daardie oomblik, het Stéfanus getuig, “Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan” (Handelinge 7:56). Hy het sy oë op Jesus alleen gefokus. Hy kon ‘n wrede dood in die oë kyk met die wete dat Jesus met hom was.

Ek is oortuig dat daar iets van groot belang in hierdie voorbeeld is vir almal wat die Here liefhet en dien. Dit is die volgende: Wanneer ons waarlik Jesus te midde van ons beproewings en swaarkry sien, sal ons Hom altyd hoor sê, “Moenie vrees nie!