Beperkte Middele Beperk God Nooit

Gary Wilkerson

“En Gídeon het gekom by die Jordaan, en hy en die driehonderd man wat by hom was, het oorgetrek, moeg en besig om te agtervolg” (Rigters 8:4).

Gideon se lewe is ‘n volmaakte voorbeeld van hoe God onmoontlike omstandighede vir sy dienaars skep sodat Hy sy heerlikheid aan hulle kan toon. Die Here het hierdie skaam man gelei om Israel aan te voer in ‘n oorlog teen ‘n oorweldigende vyand: 100,000 Midianiete, in vergelyking met Israel se weermag van 22,000 – wat toe verminder is na ‘n spesiale gevegseenheid van slegs 300 manskappe. Dit was nie net ‘n oorweldigende meerderheid teen hulle nie, dit het aan die onmoontlike gegrens. God het die situasie tot die uiterste gedryf – ver bokant Gídeon se vermoë – om Homself te verheerlik.

Ek sien vier belangrike lesse vir ons vandag in Gideon se storie.

  1. Beperkte hulpbronne beperk God nooit. Ons Here het dit baie duidelik gemaak: Ons moet “heeltemal in” wees wanneer ons Hom volg. En dit beteken om alle vertroue op self te laat vaar – alle vertroue op ons eie vermoëns en hulpbronne – en Hom vertrou om te voorsien. God beperk dikwels ons middele doelbewus om te verseker dat Hy al die eer kry.
  2. Moedeloosheid kan hinder, maar kan nooit God se uiteindelike plan vir oowinning stop nie. Die toneel is makliker om te verstaan as jy jouself in Gideon se skoene plaas. Soms kom ons mees telleurstellende, sielsdreinerende, energietappende ervarings nie van die gevegsfront van die lewe nie, maar van ons eie geestelike familie. Gideon het die moedeloosheid van die volk in die gesig gestaar, maar hy het nie toegelaat dat dit hom daarvan weerhou om vorentoe te beweeg nie.
  3. Genade vir ‘n oorwinning word verleen aan diegene wat moeg is. Selfs in die aangesig van uitputting, het Gideon geweet dat God op die punt was om oorwinning te bring. Mag dieselfde waar wees van ons: Soos ons aanhou om die Here deur ons eie moeilike omstandighede te vertrou, dan – net soos dit met Gideon gebeur het – kan ons weet dat God se volslae oorwinning op pad is.
  4. God stop nie by ‘n halwe oorwinning nie. Sy plan is altyd vir ons volle verlossing – en soms kom dit slegs in die laaste halfuur, wanneer ons gefrustreerd en moeg is, en nie meer een tree kan gee nie.

Die werklikheid is dat elke stryd wat ons beleef ‘n eksterne doel het. Dit is nie net die nederlaag van die vyand nie – dit is die verheffing van Jesus. Wanneer ons God bo ons eie vermoë vertrou, voorsien Hy al die krag om die stryd af te handel – en Hy doen dit op so ‘n manier dat Hy al die eer kry.