Geloof in Beproewing Gebore

David Wilkerson (1931-2011)

Die Bybel maak dit duidelik dat ons beproewings deur God georkestreer word. Dit was Hy wat toegelaat het dat die Israeliete honger en dors gely het – alhoewel Hy altyd getrou was aan sy Woord en wonderbaarlik vir sy volk voorsien het. “Toe laat Hy kwartels kom; en Hy het hulle versadig met hemelbrood. Hy het ‘n rots oopgemaak, en waters het gevloei ... Want Hy het gedink aan sy heilige woord” (Psalm 105:41).

Die Vader het die kinders van Israel deur ernstige beproewings gelei vir ‘n spesifieke doel: om hulle voor te berei om op sy Woord te vertrou. Waarom? Hy was op die punt om hulle in ‘n land in te lei waar hulle volle vertroue in sy beloftes nodig sou kry.

Hoeveel Christene beleef God se verlossing, net om gou weer by ‘n plek van uiterste beproewing te kom? Trouens, alle ware geloof word gebore in verdrukking en kan nie op enige ander manier binne-in ons gevorm word nie. Wanneer ons in die middel van ‘n beproewing is, ons tot God se Woord wend – en kies om sy beloftes te vertrou, of ons nou leef of sterf – is die uiteinde geloof! Geloof groei van die een toets na die ander toets, todat die Here ‘n volk het wie se getuienis is, “Ons God is getrou.”

Sonder geloof, is dit onmoontlik om God te behaag. Jy mag beswaar maak, “Maar alles waaroor jy sover gepraat het, is Ou Testamenties. Ons leef in die tyd van genade.” Onthou God se Woord in die boek van Hebreërs: “En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames? En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie...Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ‘n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie” (Hebreërs 3:18-19,21).

Wanneer ons moedeloos in ons geloof word, moet ons onsself dissiplineer om alles waardeur God ons gedra het, te onthou. Ons moet onthou van die wonders wat Hy beskik het in ons moeilike tye en juig met die wete dat Hy bly is oor dit wat Hy in ons gedoen het.

“Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan” (Josua 1:9). Kies vandag om jou hemelse Vader te vertrou!