‘n Land van Pleitende Harte

Gary Wilkerson

“Daarin verheug julle jul, al word julle nou – as dit nodig is – ‘n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaar is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus” (1 Petrus 1:6-7, AFR53).

Niemand wil net dinge uit roetine doen nie. Wil jy nie ‘n man of vrou wees wat duidelik die aanraking van God in jou lewe het nie? Wil jy nie hê dat mense na jou moet kyk en dink, “Wat is dit aan daardie persoon?  Daar is ‘n heilige salwing op hulle. Daar is ‘n aanraking van God op hulle lewe.”

Ek glo God wil ‘n volk oprig en sê, “A, daar is ‘n werktuig waardeur Ek kan werk. Daar is ‘n hart, daar is ‘n mond, daar is ‘n stem waardeur Ek kan spreek in hierdie donker dae.” Hy wil mense hê deur wie Hy sy hand kan uitstrek en genees en tekens en wonders doen. As die vyand inkom soos ‘n saamgeperste stroom, rig die Here teenmaatreëls teen hom op. Dit is wat Hy in jou lewe wil doen.

As jy in ‘n geslag leef wat teen die Heilige stry, dan het jy ‘n smeking in jou hart nodig wat sê: “Kom, Here Jesus, kom! Kom, Heilige Gees in u volheid en in u krag, kom na u kerk en laat ons herleef. Maak ons wakker.”

Ons het die Heilige Gees nodig om hierdie plek weereens wakker te skud en ons deur die loutervuur te sit sodat al die drek weggebrand kan word en ons soos suiwer goud daar kan uitkom. Ons wil deur moeilike tye en verdrukking kom, aan die brand vir God.

Ek bid dat die Heilige Gees weereens ons harte sal aangryp. Here, steek u hand uit na ons lewens. Here, plaas u aanraking op ons land. O God, dit is ons roepstem. Ek vra dat ons gebedslewens weereens aan die brand sal wees en dat ons amper obsessief die Here se aangesig sal soek. Ons moet ons Here vra ons ons te verlos van afvalligheid en ‘n koudheid van hart, ‘n onwilligheid om reggehelp te word. Hy moet ons genees sodat ons in die volheid van die salwing kan kom wat Hy vir ons het.