In die Middel van Verdorwe Kultuur

Gary Wilkerson

Die vroeë kerk was in baie soortgelyke omstandighede as waarin ons vandag verkeer. Hulle het geleef onder die outoritêre bewind van Rome met sy mees goddelose, heidense kultuur. Geweld was in die openbaar verheerlik. Hulle het te make gehad met seksuele onsedelikheid wat selfs die skandelike agteruitgang wat ons vandag in ons eie kultuur sien, oortref.

In ons eie kultuur in die afgelope twintig jaar, was dit afgryslik om te sien dat perversie op perversie nie net gepropageer word nie, maar ook as die norm aanvaar word. In die toekoms kan ons teikens word as ons lidmaatskap van die kerk besit of selfs kerk toe gaan. In die toekoms kan dit ons kos om ‘n Christen te wees. Wat sal ons dan doen?

As jy Romeine hoofstuk een, twee en drie sou lees, is dit asof jy die koerante van vandag lees. Ons hoef egter nie angstig te raak of bang te wees of ons hande wanhopig in die lug te gooi nie. Ons moet onthou dat te midde van ‘n verdraaide kultuur en ‘n lydende kerk, Jesus nie oorweldig word nie. Hy is nog nie klaar nie, en Hy het nog steeds werk wat Hy doen. Hy sal ‘n seëvierende kerk oprig om van sy heerlikheid te getuig. Hy sal sy volgelinge vul met die Gees, krag en vrymoedigheid om standpunt in te neem.

Diegene wat daarna smag om God te sien werk, hulle wat raaksien wat in die wêreld gebeur en ween, vir hulle sal God ‘n heilige roepstem gee. Hy sal ‘n heilige gebed in hulle harte plaas. God sal hulle ‘n salwing gee om sy gelowiges en ‘n sterwende wêreld te bedien.