Ware Geloof Produseer Liefde

Carter Conlon

In Lukas 4:18-19 haal Jesus die woorde van Jesaja 61:1 aan en sê, “Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees; om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig” (Afrikaans 1953).

Jesus het in die sinagoge gestaan, die Skrif oopgemaak en in wese gesê, “Die Gees van die Here is op My vir jou, en jou, en jou, en jou ...” Daar is geen ander rede waarom die Gees op Hom was nie, behalwe om menslike lyding te verlig en vir die verlossing van die afvallige mensdom. Jesus se begeerte was om ‘n afvallige volk te bring tot kennis van God en uiteindelik, om weer saam met God te leef tot in alle ewigheid.

Ek het altyd geglo dat dit onmoontlik is om te sê dat “Christus myne is, en ek Christus s’n,” maar selfbehep bly. Die apostel Paulus het in 2 Timótheüs gewaarsku dat swaar tye sal kom. “Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees” (2 Timótheüs 3:2). Daardie selfliefde sou die basis wees van alles wat hy op die punt was om te skryf. Om onsself lief te hê en onsself eerste te stel in die lewe, beteken outomaties dat ons verhoudings met ander ‘n vorm van godsdiens is waarvan die krag van God ontbreek. Paulus sê uiteindelik, breek weg van selfdienende godsdiens. Enige geloof gebaseer op die lewe van Jesus Christus binne-in ons moet geleef word vir die voordeel en ter wille van ander mense.

Ons kan op ‘n groot skaal die hart van God vir sy volk ken. Markus 8:23-26 beskryf die verhaal van Jesus wat die blinde man uit die dorpie Betsaida lei om sy sig te herstel, wat ek dink verteenwoordig om mense weg te lei van ‘n kultuur wat beperk en selfs probeer om die liefde van God te kaap en vir die mensdom krediet te gee vir die dinge wat God doen. Dit gaan alles oor my, myself en ek, met geen plek oor vir God nie.

Hierdie blinde man se sig was aanvanklik slegs gedeeltelik herstel. Dit was nie totdat God hom die tweede keer aangeraak het dat hy duidelik gesien het nie. Dit is hoe dikwels dit in ons daaglikse lewe met God werk. Hy hou aan om ons oë en harte aan te raak so dikwels as wat nodig is totdat ons duidelik sien en gewillig, opreg en werklik liefhet.

Carter Conlon het aangesluit by die pastorale personeel van Times Square Kerk in 1994 en was aangestel as Senior Pastoor in 2001. In Mei 2020 het hy oorgegaan in ‘n voortgesette rol as Algemene Opsiener van Times Square Church, Inc.  

Tags