Laaste Dae Heerlikheid

David Wilkerson (1931-2011)

Die profeet Eségiël getuig, “Hy het my deur die waters laat deurgaan” (Eségiël 47:3). In ‘n visoen, het God die profeet op ‘n wonderlike reis deur die water geneem. Met ‘n meetsnoer het die Here 1,000 el, ongeveer ‘n derde van ‘n myl gemeet. Die Here en Eségiël het toe in die water, wat omtrent enkeldiep gevloei het, begin loop.

Die Here het die profeet aangemoedig om vorentoe, dieper en verder in die rivier te gaan. Na nog 1,000 el, het die water tot op by hulle knieë gekom – en dit het steeds gestyg. Sien jy wat hier gebeur? Eségiël het in die toekoms ingeloop tot by ons tyd.

Christene van vandag leef in die laaste 1,000 el van die rivier in hierdie visioen. Ons is in die laaste maat van water en Eségiël sê dat toe hy aan die kant van hierdie maat ingestap het, was die water vir hom te diep, te oorweldigend. “’n Stroom wat ek nie kon deurgaan nie! Want die waters het opgerys – waters om in te swem” (Eségiël 47:5). Met ander woorde, die water was oor sy kop.

Al die Ou Testamentiese profete het ‘n beperkte visie van Christus gehad. Jesus self sê vir ons, “Voorwaar Ek sê vir julle, baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie” (Matthéüs 13:17). Die Here openbaar in hierdie profetiese visioen dat in die heel laaste dae, die kerk van Jesus Christus heerliker en meer oorwinnend wees as in sy hele geskiedenis. Die Here se ware liggaam sal nie verswak en stotter nie; dit gaan nie afneem in getalle of in geestelike gesag nie. Nee, sy kerk sal uitgaan in ‘n gloed van krag en heerlikheid. En dit sal die volste openbaring van Jesus, wat enigiemand nog ooit geken het, geniet.

Eségiël skryf, “Na hulle soorte sal daar visse in wees soos die visse van die Groot See, ‘n menigte” (47:10). Eségiël sê dat ‘n liggaam in stygende waters van die Here se teenwoordigheid sal swem en God se teenwoordigheid onder sy volk sal toeneem tot op die heel einde.

Te midde van al die dood en verwoesting wat ons sien gebeur, weergalm die Here se profesie, “My rivier gaan styg en alles sal lewe waar my rivier vloei.” Jy sien, die rivier van lewe, wat sy hoogtepunt sal bereik net voor die Here se koms, bring lewe waar dit ook al gaan.