Leef Jy Jou Bekering Uit?

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus se kerk is ‘n plek waar sondaars hulle sonde bely, met hulle harte en hulle monde. Trouens, die apostel Paulus getuig: “Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie” (Romeine 10:8-11).

Eenvoudig gestel, ons word tot redding gebring deur ons openlike belydenis van bekering. Jesus sê, “Want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering” (Matthéüs 9:13). En, Hy sê, bekering is hoe ons genees en herstel word: “Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering” (Lukas 5:31-32).

Geliefde, dit is goeie nuus! Jesus sê in wese vir ons, “In my kerk word almal genees deur bekering. Dit maak nie saak wie jy is nie – die fisiek gebroke, die verstandelik ongesteldes en die geestelik siekes. Elkeen moet op dieselfde manier na My toe kom en almal vind genesing.”

Bekering was ook die hart van die heel eerste preek ná Christus se opstanding toe Petrus vir die skare wat by Pinkster byeengekom, gesê het, “Jesus, die Nasaréner...het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring” (Handelinge 2:22-23). Toe die mense dit hoor, het hulle kragdadig onder sondebesef gekom. Die verkondigde Woord het hulle diep in hulle harte getref, omdat die Heilige Gees in al sy krag gekom het. En volgens Jesus, is dit presies hoe die Gees werk. Hy het gesê dat die Heilige Gees gekom het om te “oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel” (Johannes 16:8).

Die skare was so aangeraak, dat hulle nie kon beweeg nie. Skielik, voor hulle, was die saak van lewe en dood. Daarom het hulle na Petrus uitgeroep en gevra wat hulle moes doen. Hy het geantwoord, “Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes...Laat julle red uit hierdie verkeerde geslag” (Handelinge 2:38,40).

As Christene, moet jy ontsaglik dankbaar wees vir die teenwoordigheid van die Heilige Gees terwyl jy Hom toelaat om sy ware werk in jou te doen. Jesus wil hê dat jy in sy vrede wandel terwyl jy jou bekering uitleef.

Tags