Hoop - die verwagting van iets beter

Ons hoor dikwels van hoop – ondermeer van politici, in menige boeke, op band en ook in ander media. Wat ons wel aangebied vind in elk van dié boodskappe blyk van korte duur te wees.

Hierdie boodskappe laat ons aangespoor en bemoedig voel. Inderdaad mag ons vir ‘n seisoen ons self verfris en hoopvol vind.

Die hele wêreld smag na ‘n versekerde hoop. Die menigdes ooral in die wêreld se innerkreet op hierdie oomblik is “ Sal iemand, iewers, assebleif aan my hoop gee, ‘n hoop wat sal volhou”.

Ons begeer is om ‘n preek te hoor van ‘n kragtige, lewensveranderde boodskap van ware hoop. ‘n Boodskap wat ons sal ophef bo ons vrese en beproewinge en wat ons voete ferm op ‘n standvastige hoop sal plaas.

Daar is baie wonderlike boeke geskryf van mense wat hul hoop behou het ten spyte van vreeslike tragedies and swaarkry. Hulle getuienes bemoedig ons en vergroot ons geloof. Maar, weereens, word ons hoop vervaag wanneer ‘n wesenlike beproewing op ons pad kom. Ons swaarkry verdring die hoop ons gedink het ons besit. Hoekom?

Ons hoop is nie gebaseer op gevoelens nie. Hoeveel maal het jou verwagtinge vir iets goeds jou gefaal? Hoeveel keer is jou menslike hoop verpletter? Het jy al soos die apostle Paulus gevoel toe hy ten tye van die storm op see gesê het, “ ..is eindelik alle hoop om gered te word, ons ontneem.” (Handelinge 27:20)?

Paulus deel ons mee dat die wêreld sonder hoop is.

Hy skryf aan die kerk in Thessalonicense,” ..sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.” (1 Thessalonicense 4:13).

In kontras, het ons as God se mense “…om vas te hou aan die hoop wat voorlê; en ons het dit as ‘n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel” (Hebreërs 6:18-19). Daarom is ons bemoedig, “So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here” (Romeine 6:11).

Eweneens het Paulus gebid,” En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die Heilige Geees!” (Romeine 15:13).

Volgens Paulus moet die Heilige Gees betrokke wees wanneer dit kom by die onderwerp van hoop. Hoe is ons oorvloedig in hoop soos Paulus bid ons moet wees? Hoe verbly ons ons in hoop? En hoe verkry ons die volle vesekering daarvan?

Natuurlik is daar ‘n saad van hoop in ons wat geplant is by ons bekering. Maar die volwassenheid daarvan moet gebeur deur ons wandel met Jesus.

Pauls omskryf vir ons die pad na opregte hoop.

Die boek van Hebreërs berig dat ons ‘n hoop het wat dien “en ons het ‘n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binekant die voorhangsel” (Hebreërs 6:19).

Kortom, die pad na hoop begin daarin om ten volle verseker te wees dat ons reggemaak het met God. Ons praat hier van die versekering dat ons vrede gemaak het met God. Paulus voorsien die versekering wanneer hy verklaar “Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus” (Romeine 5:1).

‘n Bekende ou lied van die kerk verklaar”My hoop is op niks anders gebou as op Jesus se bloed en regverdigheid nie”.

Dit is inderdaad vrede; om te glo dat God se belofte deur geloof in Christus se gestorte bloed regverdigheid toereken. Hy doen dit al is ek nie volmaak nie. Sy regverdigheid is nie op my geplaas deur my goeie werke wat ek gedoen het nie. Dit is alleenlik deur geloof.

Dit is ‘n feit dat jy geen blywende vrede of ware hoop sal ontvang voordat jy nie langer huiwer oor jou aanvaarding van Christus nie. Hierdie aanvaarding is nie gebaseer op dit waarvan jou vlees of die duiwel jou beskuldig nie, dit is alleenlik gebaseer op dit wat God jou sien in Christus te wees.

Paulus bevestig ons aanspraak met God deur Christus:

“Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is” (Romeine 5:10).

Nietenstaande veroordeel ons harte ons telkens wanneer ons faal.

Alhoewel ons harte ons veroordeel, word ons deur Johannes gemaan, “Ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige” (1 Johannes 2:1). Laat ek ‘n voorbeeld van Jesus se eie lewe met julle deel.

Die dag voor Christus se kruisdood het hy sy dissipel se voete gewas. Hy vertel aan die baie onvolmaakte mans, “Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemaal rein; en julle is rein, maar nie almal nie” (Johannes 13:10).

Julle mag jul verwonder oor hoe Jesus vir sy disciples kon sê dat hulle rein is? ‘n Terloopse aanskouer van die toneel mag verbaas wees deur Jesus se opmerking. Die elf wat hy aangespreek het het reeds hoogmoed, ongeloof, selfsigtigheid, ambisie, begeerlikheid, inkonsekwentsie en wraaksug tentoongestel.

Dit is ‘n feit dat Christus dié aanmerking van hulle gemaak het omdat hy hulle gekies het. Hy het hulle op die pad van heiligheid geplaas. Dit was alles deur genade!

Jesus het ook geweet wat in die dissipels se harte aangegaan het tenspyte van hulle totale imperfeksie. Hy het ook geweet dat gebrokenheid en berou by hulle spoedig sou intree. Die Here se eie getuienis is; “Maar op hierdie een sal ek let; op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.” (Jesaja 66:2)

Sou ek jou vra om ‘n lys te maak van al die sondes wat die dissipels begaan het, dan glo ek dat ek met vertroue kon sê dat ek en jy ook gedurende sekere seisoene in ons leeftyd skuldig was van al dieselfde sondes. Nogtans het Jeus die antwoord vir ons: “ Omdat ons deur die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus” (Romeine 5:1)

Die pad na hoop lei deur beproewing en menige smarte.

Die pad na hoop is een van swaarkry, pyn en lyding. Dit maak geensins saak hoe godsdienstig, liefdevol en goed jy is nie. As Christus in jou is, is jy ‘n deelnemer aan sy leiding.

“Maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel” (1 Petrus 4:13). Petrus noem duidelik wees bly in jul lyding en Paulus meld ook iets baie dergeliks: “Wees bly in die hoop van die heerlikheid van God.”

Bly wees in verdrukking? Hierdie is een van die swaarste gesegdes in die woord, indien nie die heel swaarste nie. Tog gaan Paulus nog verder:

“En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat on weet dat die verdrukking lydsaamheid werk” (Romeine 5:3). Paulus noem nie hier dat ons ‘n uitroep moet maak tenspyte van verdrukkinge nie. Eerder is dit wat hy beskryf om gewoonweg Jesus te sien in ons swaarkry. Tenspyte van ons werklike menslike vrese en ten spyte van ons situasie wat uiters wanhopig voorkom, kan ons nog sê, “God sal ‘n weg maak.”

Daar kan naturlik geredeneer word dat daar nie so ‘n weg na volwasse hoop bestaan nie.

Sommige Christene beweer “Die weg na hoop is dood eenvoudig : My hoop rus in Chrsitus wat in my is, die hoop van heerlikheid (sien Kolossense 1:27).

Dit is wel waar. Maar as Christus in ons is, gaan hy ons op die weg lei wat Paulus beskryf. Die Heilige Gees verlang dat ons hoop meer as a teologiese uitdrukking moet wees. Ons hoop moet standvastig wees met ‘n vaste fondament benede. In kort, ons hoop is “Christus in ons, werksaam in ons.”

Hierdie is die pad wat Paulus vir ons voorlê:

Eerstens dat ons volkome vertroue het in die regverdiging deur Christus se bloed (Romeine 5:1)

Tweedens dat hierdie vertroue ons siels vrede gee (5:1)

Derdens, dat ons te alle tye deur geloof toegang kan verkry, deur gebed, tot God se troon van genade “waarin ons staan” (5:2).

Vierdens, Ons begin om ons te verheug in die glorie van ‘n paradys wat vir ons sal wees. “Van sy heerlikheid met blydskap kan jubel”.

Vyfdens, ons verheug ons in verdrukking. Dit is een ding om ons te verheug in die hoop van die hemel maar iets totaal anders om ons te verbly in verdrukking. Hierdie begrip van verdrukking is in ons vestand nog ‘n onmoontlikheid. Dit word slegs ‘n werklikheid vir dié wat glo in wat in die Woord staan oor verdrukking: dat Christus werksaam is in ons deur verdrukking en beproewings.

Paulus verduidelik verder: “En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in die verdrukkinge, omdat ons weet dat die verdrukking lydsaamheid werk, en beproefheid hoop”(Romeine 5:3&4)

Laat ons nou verder kyk na hoe beproefheid hoop volbring.

God gebruik sy mense om hoop uitteoefen.

Wanneer ek persoonlik ‘n mate van hoop benodig, dan praat ek met met iemand waaraan ek bekend is, iemand wat al die ondervinding van beproewing en seer deurgemaak het. Ek soek nie net na iemand wat vir my leë uitdrukking sal offer soos, “Vetrou net in God” of “Byt net vas” nie. My smartvolle siel word nie aangeraak of geroer deur sulke ongegronde menslike simpatie nie.

Ek sal eerder vir ‘n halfuur wil praat met die gelowige wat onlangs aan my ‘n e-pos gestuur het oor hoe hy moes toesien dat sy vrou ‘n stadige dood sterf as gevolg van Lou Gehrig siekte. Hierdie man het aan my die diepte van sy lyding beskryf en gesê, “God is goed. Hy staan my by.”

Ek sal ook eerder met die Christen vrou van Indonesia wat aan fisiese pyn vir baie jare lei wou praat. Sy het ontervergeefs onder die een na die ander onsuksekvolle operasie gely. Tenspyte van haar voordurende ontbeuringe, loof sy God en gee aan hom die eer in alle omstandighede. Hier is iemand wat beide geduld en ondervinding het in die beproewings wat na hoop lei.

My geloof en hoop word grootliks bemoedig deur vriende wat ek weet veterane van geestelike oorlogvoering is.

Ek is getuie van menige sulke beproewinge van sulke getroue vriende. Ek weet van hulle huidige swaarkry, smart en pyn. Wanneer ek hul kontak en vra hoe dit gaan, weet ek al vooruit dat die antwoord vir my van hoop sal voorsien.

Hulle reaksies is nie vals nie. Hulle is total eerlik as hul sê: “David, ek het regtig seer. Partykeer wil die pyn my oorweldig. Met tye is die seer so erg dat dit trane in my oë bring.”

Hierdie heiliges is besig om die vure van beproewing te verduur. Tog is daar altyd ‘n bemoedigende woord van hulle: “God dra my deur. Ek weet hy is getrou. Ek vetrou op hom. Ek weet hy is by my.”

Omtrent elke keer wat ek met hulle praat het dié oorwinnaars ‘n word vir my. Dié woord is werklik en duursaam, iets wat God aan hulle uitgewys het in die diepte van hulle lyding. Hulle standvastige geloof ten midde van beproewing bou my geloof op in my beproewing.

Soos ek die standvastige geloof van die oorwinnaars beskou, herhinder die Heilige Gees my van Deuteronómium 8:2-3:

“En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die Here jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie. En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die Here uitgaan.”

Ek herhaal dié woorde deur my dae: “Ek leef van alles wat uit die mond van die Here uitgaan.”

As ons nie God se woord kan vertrou nie – as die Bybel nie die geinspireerde Woord van God is nie – dan is die lewe tervergeefs. Dan is daar geen hoop op aarde nie.

Toe hierdie woord in Deuteronómium tot Israel gespreek was, was die toestande in die wildernes vir hulle baie skrikaanjaend. God het toegelaat dat hulle honger en dors beleef. En dan van die selfde mond van God die woorde: “Ek het jou verootmoedig. Ek het toegelaat dat julle honger en dors ervaar. Dit is alles sodat julle kan weet julle kan my vertrou. Julle kan leef in my beloftes.”

God sou nie werklik dat sy mense omkom van honger en dors nie. Hy het presies geweet wat hy sou doen om hulle te red. Daarom is dit so veel meer hartseer dat niemand behalwe Josua en Kaleb ‘n standpunt in geloof wou inneem nie. “Kyk, al wil Hy my ombring – ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor Sy aangesig bepleit.” (Job 13:15) “Here na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.” (Johannes 6:68)

Geliefde, God het ‘n plan vir jou verlossing.

Die Here weet hoe om die beproefde te bevry.

Ons benodig so die Heilige Gees om ons te lei en vertroos deur ons vermoeiende tye. Sonder sy teenwoordigheid, sy uitstorting van daaglikse krag, sal geeneen van ons dit maak nie. Geen menslike vasberadenheid, geen ingesteldheid op die taak wat voorlê nie, kan die daaglikse toetsings op ons pad deurstaan nie.

Ons moet daagliks onsself op God de openbaarde word toereken en die Heilige Gees vetrou om dit vir ons lewendig te maak. “Deur die word van die Here is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leer… want hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan.” (Psalm 33:6&9)

As God alle dinge gemaak het met Sy word en Sy Gees van Sy mond, sal Hy dan nie in Sy tyd hoop spreek tot jou beproewing nie? Hy weet net hoe om sulke hoop werklik en voortdurend, onfeilbaar en standvastig te maak.

Ek sluit af met die woord: “Swyg voor die Here en verwag Hom”(Psalm 37:7). Mag God jou ervaring van hoop en lewe word. Amen!