Opgewek Uit Die Dood

David Wilkerson

As Christene glo ons in die opstanding van Jesus Christus. Na die Here se kruisiging, het die Heilige Gees die graf waar Hy gelê het binne gegaan en Hom opgewek. Dit is waarom ons tydens Paasfees sing dat Christus uit die graf opgestaan het, sy vyande oorwin het en nou vir ewig heers saam met die heiliges.

Ons glo ook dat ons deur Christus se krag opgewek sal word. Dit sal gebeur wanneer Jesus weer kom. Die Skrif sê almal van ons sal in ‘n oogwenk verander word. Die Heilige Gees sal ons opwek van hierdie aarde met onverganklike liggame en ons in die Here se teenwoordigheid stel.

Dit is die opstandingskrag wat Paulus in sy sendbriewe beskryf. Dit is die krag van God wat die dooies opwek.

Ek wil vir jou wys dat Christus vandag steeds die dooies opwek.

Ek praat nou van die opstandingslewe, wat God aan diegene bring wat geestelik dood is. Paulus beskryf hierdie soort lewegewende krag in sy brief aan die Efésiërs:

“Julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes; waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou  in die kinders van die ongehoorsaamheid werk:

“Onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.

“Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus – uit genade is julle gered – en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus” (Efésiërs 2:1-6).

Op hierdie oomblik is baie Christene dood in die gees en het geen ware lewe nie.

Wanneer jy volgens die vlees lewe, bring dit uiteindelik die dood voort. Ek praat nie van fisiese dood nie. Ek praat van gedreineer te wees van die lewe. By voorbeeld, hoe meer verveeld jy word met materiële dinge en vleeslike genot, hoe meer word jy versoek om dieper daarin te delf. En hoe leër word jy. Dit is geestelike dood.

Paulus verwys hierna wanneer hy sê “ons het al self by onsself die doodvonnis oor ons gehad, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dode opwek” (2 Korithiërs 1:9). Hy getuig in wese, “Die Here het my verlos van ‘n groot dood. En hy het aangehou om my te red. Hy sal getrou wees om my in die toekoms ook te red.”

Daar is ‘n kragtige storie agter hierdie woorde van Paulus. Op een geleentheid het hy gepreek in Éfese, ‘n stad wat die godin Diana aanbid het. Die silwersmede in Éfese het fortuine gemaak deur beeldjies van die godin te verkoop. Maar toe Paulus op die toneel kom, het hy gepreek, “Julle god is vals. Daar is net een ware God. En sy Seun het geleef en gesterf sodat diegene wat dood is in sonde, mag lewe.”

Woedend het die silwerhandelaars besef dat hulle lewensonderhoud in gedrang was. Daarom het hulle ‘n bende aangehits om Paulus te vang met die doel om hom dood te maak. Paulus was oortuig dat hy sou sterf.

Terwyl Paulus op die rand van die dood was, het hy hierdie aangrypende woorde geskryf.

Paulus het bely, “Ons [het] dit bo ons krag uitermate swaar gehad het, sodat ons selfs aan ons lewe gewanhoop het” (2 Korinthiërs 1:9, kursief myne). Hy het ‘n verduideliking bygevoeg, “Ja ons het by onsself die doodvonnis oor ons gehad, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dode opwek” (2 Korinthiërs 1:9, kursief myne).

Sê vir my, het jy dit al so swaar gehad soos Paulus dat dit ver bo jou eie krag gegaan het?  Was al jou oorblywende krag so gedaan, dat jy moedeloos was en  selfs alle hoop om te bly lewe het, laat vaar het? Toe Paulus gesê het, “ Ek aan my lewe gewanhoop,” het hy gesê dat hy ‘n doodvonnis oor hom gehad het: “Ons het al self by onsself die doodvonnis oor ons gehad.”

Maar God het op die toneel verskyn en hom verlos. Nadat hy die wonderwerk beleef het, het Paulus aan die gemeente in Éfese geskryf: “Ek is uit die dood opgewek. Die Here het my uit die graf gehaal. Ek het hel in die gesig gestaar, maar God het my opgewek!”

Hier in New York Stad sien ons menigtes in die daaglikse lewe wat lyk of hulle vol energieke lewe is, maar hulle is dood.

Hierdie stad lyk of dit die definisie van lewe is. Dit is nooit stil nie. Die CEOs van reuse korporasies is besig om transaksies te beklink, groot kleinhandelaars skuif goedere, vermaaklikheidsmaatskappye verkoop duisende kaartjies vir vertonings en optredes.

In die tussentyd, verkoop smouse hulle goedere op die strate, kafee eienaars bedien maaltye en taxibestuurders kom en gaan, terwyl hulle tarief ná tarief insamel. Alles is ‘n gewoel met almal wat so besig is. New York is eenvoudig nie ‘n stad wat dood lyk nie.

Maar God se Gees raak die hart aan en vra vra: “Is dit al waaroor die lewe gaan? Koop en verkoop en besig bly? Is blote aktiwiteit ware lewe? Wat skuil onder al daardie besigwees?”

In die nag, stroom mense na New York se strate om deel te neem aan die naglewe. Vir hulle wat Christus nie ken nie, lyk partytjie hou in die stad na pret. Sonde is genotvol en die naglewe in New York kom voor om baie lewendig te wees.

Maar sonde bring uiteindelik verveling. En dieselfde sonde wat plesier bring, bring ook ‘n hartseer vir die siel wanneer die partytjie ophou.

God het dit bedoel toe Hy gesê het, “Want die loon van die sonde is die dood” (Romeine 6:23).

Dwarsdeur Romeine 8, beskryf Paulus die afbrekende realiteite van sonde. Hy verklaar. “As jy volgens die vlees leef, sal jy sterf. Om wellus gedrewe te wees, om net volgens jou gevoelens te leef, lei tot die dood. Die liggaam is dood as gevolg van sonde.”

Kortliks, dood beteken om geen lewe te hê nie. En net Jesus voorsien lewe terwyl Hy verklaar, “Ek is die opstanding en die lewe.”

Omdat ongelowiges ‘n gebrek aan lewe het, lei alles wat hulle najaag na dood. Dit is die rede waarom baie na alkohol en dwelms gryp. Om hoog te word is nie langer vir hulle ‘n partytjie nie. Dit is eerder ‘n poging om die pyn, wat deur sonde geskep word te verdoof, ‘n pyn, wat deur ware leegheid veroorsaak word.

“Mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart; wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe” (Efésiërs 4:18-19).

Wat ‘n aaklige toestand beskryf Paulus nie. Hy sê, “Sulke mense is so oorgegee aan die wêreld se plesiere, dat hulle nie meer kan voel nie.” Kortliks, hulle het ongevoelig geword vir enige bewustheid van God of lewe.

In sy genade, reik die Here uit na elke ongevoelige siel.

Paulus kontrasteer die toestand van diegene in Christus se liggaam: “Maar julle het Christus nie so leer ken nie, as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus: dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflê, wat deur begeerlikhede  van die verleiding te gronde gaan, en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed” (Efesiers 4:20-23).

Paulus maak sy boodskap eenvoudig: “Jy kan opgewek word. Jy kan verander word. Jy kan nuwe lewe ontvang.”

Toe ek hierdie boodskap by Times Square Church gepreek het, het ek na ‘n vrou in ons gemeente gekyk wat haar jare gespandeer het deur die nagte deur te dans en te fuif tot wie weet watter tyd. Sy het letterlik tien jaar in ‘n dansklub hier naby gespandeer in ‘n poging om vrede te vind.

Toe sy by ons kerk inloop, was sy moeg daarvan en geestelik dood. Sy het ingekom met ‘n hunkerede, soekende hart. Toe sy my hoor preek het, het sy gedink, “Hierdie man praat direk met my. Hy lees my gedagtes. Hy moet ‘n fortuinverteller wees!”

Sy het later verneem dat dit die Heilige Gees was wat die inhoud van haar hart onthul het. Daardie nag het sy by die paadjie afgeloop en haar lewe vir Jesus gegee. Nou is sy lewend deur die krag van Hom wat die opstanding en die lewe is!

In enige kerk kan jy om jou kyk na die diegene langs jou en eens dooie mense, wat opgewek is tot die lewe, sien.

Nes jy, was jou mede gemeentelede eens dood in hulle oortredinge en sonde. Inderdaad, baie van die gelukkig getroude paartjies wat jy sien, het voorheen beplan om te skei. Hulle was oortuig dat hulle huwelik dood en hopeloos was. Maar God het hulle tot ‘n nuwe lewe opgewek.

Hierdie week het ek ‘n e-pos ontvang van ‘n pastoor wat sy kerk verlaat het. Hierdie man was oortuig dat hy ‘n mislukking was. Hy het diep in sonde verval en sy vrou en kinders verloor. Sy hele lewe het ineengestort en hy het die dood in die oë gestaar.

In sy donkerste uur, het hy op sy knieë geval en na hulp uitgeroep. Jesus het na hierdie gebroke, desperate man gekom en nuwe lewe in hom ingeblaas. Kort daarna, het die man se vrou hom gebel en gesê, “Ek verlang na Jesus. Kan ons weer probeer?”

Vandag werk daardie pastoor in een van ons dwelm rehabilitasie sentrums. Dink aan Efesiers 2:1-2: “Julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes; waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk.”

Miskien beskryf dit jou ervaring. Voor jy die Here geken het, het jy jou eie ding gedoen. Jy was vasgevang in die gees van die tyd en het elke sonde en plesier probeer. Jy het gedink dat jy God sal uitstel tot later. Jy het geglo dat jou goeie werke en skenkings sou sal red.

Toe het die Here na jou gekom. “Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus – uit genade is julle gered – en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus” (Efésiërs 2:4-6).

Geliefde, dit gaan alles daaroor om hierdie nuwe lewe te vind en ons kan dit net in Christus vind. Paulus praat nie hier van die laaste opstanding nie. Hy beskryf wat God op hierdie aarde doen – opstanding in die hier en nou!

Sê vir my, wat is dit anders as opstanding wanneer God se Gees in die strate ingaan en uitreik na die behoeftige sondaar en hom verander? Dit het met honderde mense in ons kerk gebeur. Baie het op die strate gelewe – sommiges haweloos, sommiges as verslaafdes, sommiges as prostitute – en Jesus het almal met nuwe lewe aangeraak.

Dieselfde dinge gebeur wêreldwyd in kerke, waar die evangelie verkondig word in groot en klein gemeentes. Dooie mense word verander en nuwe lewe gegee, omdat alle dinge in Christus nuut geword het: “Die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword” (2 Korinthiërs 5:17).

Ek glo aan wat genoem word “goddelike afsprake” wat deur die Heilige Gees gereël word.

‘n Jong man het onlangs vir my ‘n e-pos gestuur oor die dramatiese oomblik in sy lewe. Hy het geskryf, “Ek was moedeloos omdat ek alles verloor het. Ek het eenvoudig gevoel dat daar geen hoop vir my oor was nie. Ek het elke sonde en elke moontlike manier om vrede te vind, probeer. Maar niks het gehelp nie.

“Op die ou end het ek besluit dat ek genoeg gehad het. Ek het ‘n geweer teen my kop gedruk en was gereed om myself dood te maak. Toe het ek ‘n laaste gebed opgesê: ‘Here, as U waarlik bestaan, en U my liefhet, moet U my keer of ek is dood.’

“Op daardie oomblik, het ek ‘n stem binne my gehoor sê, ‘Gaan kyk in jou posbus.’”

Die jongman het die geweer neergesit en na sy posbus gegaan. ‘n Anonieme persoon het vir hom ‘n pakkie gestuur. Hy het dit oopgemaak en het ‘n kopie van my boek The Cross and Switchblade daarin gevind.

Die jongman het gaan sit en begin lees. Hy het aangehou met lees totdat hy klaar was met die hele storie. Toe hy die boek toemaak, het hy begin huil. Hy het geroep, “God, as U vir Nicky Cruz, ‘n wrede bendeleier kan red, kan U my ook red.”

Vandag is daardie jongman aan die brand vir die Here. God het gekom, ingegryp en hom van ‘n dubbele dood gered!

Ek vra vir jou, wat het veroorsaak dat jy die eerste keer ‘n kerk binnegegaan het?

Wat het jy verwag toe jy die eerste keer ‘n kerkdiens bygewoon het? Het jy met ‘n oop gemoed gegaan? Het jy gehoop dat iets jou siel sou binnedring en vrede tot jou sou spreek? Het jy gehoop om diep aangeraak te word en troos te vind?

Ek sê vir jou, jy het nie per ongeluk in die kerk beland nie. Dit was nie net toevallig nie. Die genadige Gees van Christus het jou daarheen gelei. In werklikheid, het Hy jou op sy radar gehad vir ‘n geruime tyd. Dit is net soos God aan ons sê, “Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies” (Johannes 15:15).

Die Here is soewerein. Hy mors nie met die lewens van mense nie. Hy kan hemel en aarde beweeg om sy doel te bereik. En Hy het jou geplaas net waar jy is, om jou beide te red en sy plan vir jou lewe aan die gang te sit.

‘n Paar jaar gelede, het ‘n jong vrou, wat aan heroïne verslaaf was, na my preek kom luister. Sy het haar gewoonte onderhou deur prostitusie. Hierdie geharde jong vrou kon nie meer voel nie. In werklikheid, sy het nog nooit in haar lewe gehuil nie. Sy was koud hartig, bitter en dood van binne.

Toe, in die middel van my boodskap, het sy iets warms in haar gevoel. Skielik was sy gedring om te bid: “God, as U ‘n werklikheid is, laat my asseblief huil.”

Een traan het begin val. Toe nog een. En nog een en nog een, todat ‘n rivier van haar wange begin stroom het. Elke greintjie bitterheid en elke gevoel van verwerping het uit haar gevloei.

Daardie jong vrou was Cookie Rodriquez, wat later die boek, Please Make Me Cry geskryf het. Sy is opgewek uit die dood! Tans reis Cookie deur Texas en vertel haar storie van God se opstandingskrag.

Die Here roep al sy verlore seuns en dogters om huistoe te kom.

Dit maak nie saak hoe diep in sonde jy vasgevang is nie. Dit maak nie saak of jy dink dat Hy jou nie liefhet nie. Sy liefde en genade staan voor jou hart se deur. Maak net nou, op hierdie oomblik, die deur oop. Hy sal inkom en jou opwek in die nuwigheid van die lewe.

Hier is God se woord aan jou van Efésiërs 4:17-23 (parafrase):

“Julle moenie meer wandel soos mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle harte is nie. Hulle het ongevoeilig geword en hulleself oorgegee aan ongebondenheid. Plaas dit alles eenkant en word vernuwe –  opgewek – in die gees van julle gemoed.” Amen!