‘n Passie vir Christus

Om Sy Liggaam van Gelowiges Lief te Hê
David Wilkerson

Wat beteken die word “passie” vir jou as ‘n Christen? Ek dink passie op sy egste en diepste vlak kan nie in ‘n woordeboek beskryf word nie. Laat ek jou uit die Skrif wys wat ek glo wat dit is om ‘n passie vir Christus te hê.

Soos ek die Bybel lees, sien ek passie vir Jesus as ‘n ewig-toenemende gehoorsaamheid aan sy Woord. Meeste van ons dink aan gehoorsaamheid as ‘n persoonlike, individuele nakoming van God se bevele. Tog het gehoorsaamheid aan sy Woord implikasies wat baie verder strek as dit. Dit is nie slegs ‘n persoonlike strewe nie, maar ‘n vurige begeerte ter wille van die Here se liggaam.

Onder die Ou Verbond, was passie vir God hoofsaaklik ‘n persoonlike strewe. In elke donker en bose eeu het ‘n persoon uitgerys met die vurige begeerte om die Here se Woord te gehoorsaam en sy werk te volbring. God het Abraham tydens so ‘n tydperk opgerig. Abraham het die Here nagestreef te midde van vyandige nasies en sy vurige geloof het hom die vader van nasies gemaak.

Ek dink ook aan Noag. Toe die Here nie langer die mens se boosheid en geweld kon verduur nie, het Noag God se Woord met onverskrokke ywer gehoorsaam. Hy het in ‘n baldadige tydperk gestaan vir die dinge van God en het onverskrokke geregtigheid gepreek. Dieselfde was waar van Henog, wat met die Here gewandel het al sy dae. In ander donker tye was daar ‘n Isak of ‘n Jakob.

Later toe die waarheid in Israel gesneuwel het, het Samuel die Here ywerig nagestreef. Daar was ook Dawid, wie se passie vir God in sy vrees vir die gebooie duidelik gesien was. In elke teruggevalle generasie was daar goddelike profete wat God ywerig nagestreef en sy Woord gespreek het. Ek dink aan Jesaja, Jeremia, Esegiël en al die kleiner profete.

Tog, deur al die eeue heen, het passie vir God hoofsaaklik ‘n individuele strewe gebly. Waarom? Daar was nog nie ‘n liggaam van gelowiges met ‘n Hoof wat in heerlikheid regeer nie. Christus het nog nie gekom nie. Hy het nog nie “elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het “ nie (1 Korinthiërs 12:18). Dit het eers gebeur na Jesus se dood en opstanding. Paulus verklaar, “Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik“ (1 Korinthiërs 12:27).

Onder die Nuwe Verbond soek God vir meer as net ‘n individuele strewe na God. Dit is nie vir ons genoeg om onsself van ‘n teruggevalle godsdienstige sisteem te verwyder en te verklaar, “Ek gaan ‘n passie vir Hom hê soos niemand anders nie.” Ek weet baie Christene en bedienaars wat sulke ambisies deel. Elke ware liefhebber van Jesus wil graag ‘n rooi-warm liefde vir Hom handhaaf.

Tog, ons nastrewe van Christus kan nie alleen vir ons eie opbouing wees nie. God is nie geinteresseerd daarin om net een Christus-gevulde man, of een Gees-beheerde vrou, of een ten volle oorgegewe herder in ‘n kerk wat in gedrang is te hê nie. Dit is nie volgens sy Woord nie.

Paulus verbied ons om selfs te impliseer, “ek behoort nie aan die liggaam nie” (1 Korinthiërs 12:15). Hy verklaar, “En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie” (1 Korinthiërs 12:21). Paulus sê eintlik, “Alles wat jy doen – goed of sleg, in lyding of geseënd – affekteer die hele liggaam. Jou sonde is nie meer ‘n persoonlike saak nie. Hoe jy leef en wat jy nastreef maak nou vir elke lid saak.”

Ons kan nie ons individuele passie vir Christus skei van ‘n ware las en passie vir die hele liggaam nie.

Jy mag bid en wroeg oor jou eie sondes en mislukkings en uitroep, “Here, verwyder my kompromie. Verlos my van hierdie gewoontes.” Maar bid en wroeg jy oor die sonde en kompromie in God se kerk?

Ons lewens is geseënd as gevolg van ons individuele passie; met sulke ywer kom God se vrede, rus en guns. Maar is jy daarmee tevrede om ‘n eiland van vreugde te wees? Is jy daarmee gelukkig om Jesus na te streef, terwyl die liggaam van Christus oral rondom jou ly?

Die diepe uitroep in jou siel vir ‘n heiliger wandel het nie van enige heilige ding binne in jouself gekom nie. Die Here het daardie honger in jou geplaas. Sy Gees het jou wakker gemaak en jou hart aangeraak. En Hy het dit vir hierdie doel gedoen: “Om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus” (Efésiërs 4:12). God se Gees steek ons aan die brand om ander aan te steek! Ons passie is bedoel om almal rondom ons te laat vlamvat.

Ware passie vir die Here begin met een ding: gehoorsaamheid. Johannes som die saak duidelik op: “Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar” (1 Johannes 5:3). Dit is onmoontlik om ‘n passie vir Jesus te hê sonder om sy gebooie te bewaar. Ons kan allerhande emosies opwek om te probeer om ‘n vurige liefde vir Christus uit te leef. Maar ons kan nie ware passie vir Hom hê as ons nie sy geopenbaarde Woord gehoorsaam nie.

Terwyl ek die Here oor gesoek het oor hoe om ons passie vir Christus te verhoog, het die Heilige Gees my op twee areas gewys.

1. Ons het nodig om na Christus se lering oor nederigheid te kyk.

“Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word” (Matthéüs 23:12). Jesus het hierdie verklaring aan die menigte gerig en spesifiek aan sy eie dissipels. Sy boodskap is duidelik: Die selfverheffende, hoogmoedige persoon is nie in staat om ware passie vir Hom te hê nie.

Eers verduidelik Jesus wat ‘n selfverheffende persoon is en verwyt hom daarna: “Die skrifgeleerdes en Fariseërs.....doen al hul werke om deur die mense gesien te word.... en hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges en die begroetinge op die markte en om deur die mense genoem te word: Rabbi, Rabbi...Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees. Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.” (Matthéüs 23:2, 5-7,11-12).

Jesus sê dat die selfverheffende persoon oneerlik is en sê dat hy in “Moses se stoel” sit – dit beteken hy het gesag in God se Woord. Hierdie persoon weet wat die Skrif sê oor ‘n rein, heilige wandel en is akkuraat in sy interpretasie en uitlegging van die Woord aan die menigtes. Maar sy eie lewe voldoen nie aan dit wat hy leer nie. Jesus sê van sulke mense, “volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie” (Matthéüs 23:3) Met ander woorde: “Moenie hulle voorbeeld volg nie, want hulle leef ‘n leuen.”

Sulke mense doen die ergste tipe selfverheffing deur hulleself bo die wet te plaas. Hulle skroom nie om die swaarste laste van opoffering op God se mense te lê nie, maar persoonlik sal hulle nie ‘n vinger verroer om dieselfde wette te gehoorsaam nie.

As ons almal eerlik voor God is, sal ons soortgelyke sondes moet erken. Soms sal selfs die ywerigste onder ons nie doen wat hy predik nie. Soos Jesus uitgewys het, “Jy sê, maar jy doen nie.”

Paulus vra, “Jy dan, wat ‘n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat ‘n mens nie mag steel nie, steel jy?” (Romans 2:21). Hy sê kortliks, “Jy doen goed om teen hierdie sondes te preek, maar jy deel nie in jou eie hart daarmee nie.”

Die Heilige Gees het my nie oor hierdie woorde van Christus laat preek nie. Hy sê aan my, “David, wil jy regtig ‘n passie vir Jesus hê? Laat my dan diep in jou hart ingaan. Ek het nodig om jou jou eie oneerlikheid in al die areas waarmee jy moet deel te wys. Ek wil hê jy moet lewe en jou bediening teen hierdie Woord meet.”

Hier is die sleutel vir almal van ons: Is jy gewillig om jou hart vir sy Woord oop te maak? Sal jy jouself bekeer van alle oneerlikheid en skynheiligheid? Sal jy die Heilige Gees vra om jou van enige selfverheffing te oortuig?

Jesus sê die selfverheffende man hou ook van erkenning en eer.

“Hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word.... en hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges en die begroetinge op die markte en om deur die mense genoem te word: Rabbi, Rabbi” (Matthéüs 23:2, 5-7,11-12). Christus wys ons weer dat ons selfverheffing nie net ‘n persoonlike, individuele sonde is nie. Hy wys uit, “Julle is almal broers en suster. En julle is net een van baie, so jy het nie nodig om belangrik te wees nie. Julle is almal lede van my liggaam en Ek is julle Hoof.”

Ek kan nie enige pastoor of evangelis van selfverheffing beskuldig nie, want ek kan net so skuldig wees. Wanneer iemand my vrou vra hoeveel boeke ek geskrywe het, antwoord sy, “Ek dink dit is omtrent twaalf.” Dan spring ek vinnig in en sê, “Nee, eintlik is dit dertig.” Wanneer iemand anders vra hoeveel mense Time Square Church bywoon, antwoord Gwen, “Ek is nie seker nie, maar honderde kom na die dienste toe.” Dan wys ek uit, “Nee, liefling, dit is in die duisende.”

Jesus waarsku ons, “Laat jul nie Rabbi [belangrik] noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders” (Matthéüs 23:8). Christus wys ons weer dat ons selfverheffing nie net ‘n persoonlike, individuele sonde is nie. Hy wys uit, “Julle is almal broers en suster. En julle is net een van baie, so jy het nie nodig om belangrik te wees nie. Julle is almal lede van my liggaam en Ek is julle Hoof.”

Jesus gaan aan om te sê, “Wie homself verneder, sal verhoog word” (Matthéüs 23:12). Dit is belangrik om Jesus nie verkeerd te verstaan nie. Nederigheid is nie net die teenoorgestelde van selfverheffing nie. Dit gaan oor meer as om net te doen wat ons sê of as om die laagste stoel in die huis te neem of om goeie werke in die geheim te doen. Natuurlik is dit alles goed en aanvaarbare dinge om te doen in God se oë, maar nie een daarvan maak ons nederig nie.

Eerstens, die sekerste bewyse daarvan dat iemand nie nederig is nie, is dat hy dink hy is. So, moenie dink jy is nederig deur jou sagmoedigheid, stilheid, self-vernedering of selfverloëning nie. Jy sal jouself nie met nederigheid beklee as jy lof ignoreer of as jy jouself afmaak nie. Ware nederigheid gaan slegs omtrent een ding: totale afhanklikheid van die Here.

2. Christus se lering oor vertroue som die onderwerp van om passievol vir Hom te wees, op.

Hier is God se siening oor hoe ons in ons passie vir Christus kan groei: Ons sien ons behoefte vir nederigheid raak. En nederigheid in sy wese is totale afhanklikheid van die Here. Die woord “afhanklikheid’ beteken “vertroue vir alle dinge, in alle dinge.”

Slegs totale en algehele vertroue maak ‘n persoon nederig. Dit beteken om geen agenda te hê nie, geen eiewil en om alle regte te laat vaar. Dit beteken ook om te weet Wie die mag oor alle dinge het en om in geloof na Hom te draai vir sy voorsiening. Ware vertroue stop nie deur te sê, “Ek is swak” nie. Dit verklaar ook, “Hy is sterk.” Sulke afhanklikheid vereis nederigheid.

Petrus skryf, “Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd” (1 Petrus 5:6). Hoe verneder ons onsself voor God se kragtige hand? Petrus wys vir ons hoe in die volgende vers: “Werp al julle bekommernisse op Hom, want Hy sorg vir julle” 1 Petrus 5:7). Die apostel maak dit duidelik: “Verneder jouself deur al jou bekommernisse op die Here te werp. Nederigheid vereis vertroue. Om nederig te wees het jy nodig om te vertrou op God se goedheid vir jou.”

Jesus het self die voorbeeld gestel. “Christus Jesus... het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan mense gelyk geword; en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder” (Filippense 2:7–8). Hoe het Jesus Homself verneder? “Deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis” (Filippense 2:8).

Jesus is ons voorbeeld van ‘n nederige man. Die Here wat alle dinge en vir Wie alle dinge gemaak is, was totaal en al afhanklik van sy Vader. Ons sien Christus se passie vir die Vader nie net in sy lang nagte van gebed of in die wonderwerke wat Hy verrig het nie, maar in sy totale afhanklikeheid. Jesus het dit oor en oor verklaar:

“Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het” (Johannes 5:30). “Uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek. En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het my nie alleen gelaat nie, omdat Ek altyd doen wat Hom welgevallig is” (Johannes 8:28-29).

Dit is die punt van my hele boodskap: Ja, Jesus het ‘n passievolle liefde vir die Vader gehad. En Hy het sy passie bewys deur sy gehoorsame afhanklikheid van die Vader. Alles wat Jesus gedoen het en opgeoffer het was geensins vir Homself nie. Jesus se dood en opstanding het alles daarmee te doen gehad om sy liggaam van gelowiges te vorm. Sy oorwinning was geheel en al vir ons: vir jou, vir my, vir almal wat deur die eeue heen sou glo.

Selfs ‘n Moslem sou kon sê, “Jesus het die wet van God gehou. Hy het na die woestyn gegaan en versoeking oorwin. Hy het ‘n groot persoonlike oorwinning oor Satan behaal en Hy het goeie dade gedoen. Hy het kinders liefgehad en Hy het die weduwees en armes gehelp. Hy het ook die siekes gesond gemaak en die dooies opgewek. En Hy is self uit die dood opgewek en het na die hemel gegaan. Ja, Jesus het vir ons ‘n goeie voorbeeld om te volg, gelaat. Hy het ‘n groot oorwinning behaal wat waardig vir die paradys is.”

Maar die belangrikheid van Jesus se oorwinning stop nie hier nie. Ons Here se oorwinning oor Satan het ons oorwinning oor sonde beskik.  Sy dood was ons dood en sy opstanding was ook ons s’n. Hy het al hierdie dinge gedoen om ons met die Vader te versoen. Die hele tyd was sy doel om ‘n liggaam vir Homself op te bou en om elke lid op die plek te plaas waar Hy dink die beste is.

Paulus leer ons, “Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word’ (Romeine 5:19). IEk glo daar is ‘n beginsel agter Paulus se verklaring wat ook vir ons waar is. As een Christen se bitterheid kan veroorsaak dat “baie hierdeur besoedel kan word” (sien Hebreërs 12:15), hoeveel te meer sal een persoon se afhanklikheid van God baie ander seën en heilig?

Miskien het jy sag gebid terwyl jy hierdie boodskap gelees het, “Here, vernuwe asseblief my passie vir Christus.” As dit so is, is dit nodig dat jy gereed moet wees dat God se Gees jou hart deursoek. Hy wil aan jou alle areas van ongehoorsaamheid aan sy Woord aan jou openbaar. En jy moet gewillig wees om deur Hom beheer en verneder te word tot gehoorsaamheid. Verder moet jy al jou eie idees oor nederigheid opgee. Laastens moet jy ‘n passie ontwikkel om sy Woord te gehoorsaam. Totdat sy gebooie en opdragte jou blydskap is, sal dit vir jou onmoontlik wees om Hom te behaag.

As jy Jesus graag met passie wil nastrewe, sal jou lewe ‘n laboratorium vir die hele liggaam van Christus word. God sal toelaat dat jy dinge verduur wat niks met jou eie lewe te doen het nie, maar wat lesse vir sy kerk is. Op hierdie oomblik mag jy wonder waarom jy sekere dinge, wat glad nie sin maak nie, moet deurgaan. Dit mag wees dat die Here jou voorbeeld gebruik om die groter liggaam te bedien. Hy is heeltyd aan die werk in jou en is besig om jou na die beeld van sy Seun te verander. En daardie goddelike werking in jou is bedoel om ander tot gehoorsaamheid aan te vuur.

Geliefde, ek dring by jou aan, maak dit jou gebed: “Here, gee my ‘n passie vir U Woord. En maak my gehoorsaam aan U wil. Ek wil graag hê dat ander die werk wat U in my doen in my sal raaksien. Maak my lewe ‘n magneet om baie na U toe te trek.”