Goeie Nuus & Slegte Nuus

David Wilkerson

Die goeie nuus eerste! En ek sal vir jou sê waarom. Ek vind dat mense oral in die land smag na goeie nuus. Daar is so ‘n konstante spervuur van slegte nuus dat enige goeie nuus soos ‘n sonstraal op ‘n donker dag lyk. Soms sien ons slegs die slegte kant van dinge en vergeet dat daar oral om ons, elke dag mooi en opbouende dinge gebeur. Laat my vir jou vertel van die goeie nuus waaraan ons herinner moet word.

1.DIE EGSKEIDINGSYFER PLAT AF EN KAN BINNEKORT OMKEER

Studies toon dat die egskeidingsyfer in die afgelope maande begin het om af te neem en in sommige gebiede van die land, het dit in werklikheid omgedraai. Selfs nog meer opvallend, is dat kenners vir ons sê dat amper 20% van diegene wat geskei is, nou weer met hulle voormalige maats trou.

Dit is ook baie bemoedigend om die nuwe neiging in professionele berading te sien. Net ‘n paar jaar gelede, het talle kenners buite-egtelike verhoudings, maklike egskeiding, seksuele eksperimentering en verandering van maats voorgestaan. Daar was ‘n skielike verandering van koers. Nou vra die kenners vir ‘n terugkeer na ou waardes. ‘n Huwelik met een maat wen uiteindelik as die enigste bevredigende manier om vrede en vervulling te vind. Byvoorbeeld, twee welbekende outeurs, kenners op die gebied van huweliksberading, het onlangs getrou nadat hulle vir amper twee jaar saamgewoon het. Hulle het gesê dat hulle ontdek het dat hulle ook die outydse blydskap om getrou te wees aan een maat wil beleef.

2.DAAR IS MENIGTE DUISENDE GELUKKIGE HUWELIKE EN HULLE GETALLE IS BESIG OM TOE TE NEEM!

Soms raak ek moedeloos met al die praatjies van egskeiding en gebroke huise. As ons nie versigtig is nie, maak ons onsself neerslagtig om te dink dat die meeste huwelike ongelukkig, in die moeilikheid en op pad na egskeiding is. Dit is nie so nie – glad nie!

Dit was vir my baie duidelik in ‘n onlangse veldtog. In die voorste sitplekke het twee pragtige mense gesit, beide laat in hulle vyftigs. Die man en dwarsdeur my veldtog bly sit en aan haar vasgehou asof sy sy kosbaarste skat was. Sy het heeltyd vir hom geglimlag dwarsdeur die byeenkoms. Ek kon liplees hoe hy haar heeltyd herinner – “Ek het jou lief.” Ek was so geseën deur dit alles, dat ek die byeenkoms gestop het en hulle in die publiek gevra het hoe lank hulle getroud was. “Drie-en-dertig jaar,” het hy met ‘n groot glimlag geantwoord, “en dit raak net beter.” Ek het gelei gevoel om die hele gehoor te vra dat paartjies wat gelukkig getroud was vir ten minste tien of twintig jaar hulle hande moes opsteek. Honderde hande was opgesteek. Die liefde tussend daardie mans en vroue was so kragtig, so mooi, dat die gehoor geween het.

Duisende mense het daardie nag besef wat die Heilige Gees bedoel het – Daar is miljoene wat hulle knieë voor Baäl nie gebuig het nie. ‘n Leërskare getroue manne en vroue word sterker in hulle liefde en sorg vir mekaar. Satan sal nooit hulle huise en huwelike kan vernietig nie. Hulle liefde is konsekwent en word daagliks vernuwe deur die bonatuurlike krag van God. Alle huwelike eindig nie in egskeiding nie. Die meeste Christelike huwelike sal voortgaan om gelukkig en sterk te wees.

3.TIENERS ORAL BELEEF ‘N HONGER NA REIN EN GESONDE WAARDES!

Dit is waar dat baie tieners drink en dwelms misbruik. Ander is goddeloos en wild. Maar, in my reise deur hierdie land, beleef ek ‘n toenemende honger om terug te keer na soliede, outydse waardes. Dit is nie ‘n oppervlakkige godsdienstige sensasie nie. Dit is nie ‘n oppervlakkige mode wat gou sal verbygaan nie. Dit is eintlik een of ander rewolusie.

Vir die eerste keer in jare, voel ongehude moeders jammer oor hulle dade. Tieners leer weer om te bloos. Meisies wil nou meer hê as net ‘n naweek van seks en drank. Nou eis hulle verbintenisse van hulle kêrels – en getrouheid. Geen lewenslange verbintenis – geen seks. Minder en minder leef saam sonder ‘n huwelik. “Saambly” reëlings het meer jaloesie, meer bakleiery en meer probleme as ‘n huwelik. Meisies raak slim – hulle verstaan nou waarom jong mans verkies om net saam te bly. Dit is sodat hulle kan wegloop en ‘n ander meisie kan kry as hulle verveeld raak. Daardie toneel verander vinnig. Kyk na die sosiale bladsye in die koerante volgende Mei, Junie en Julie. Ek voorspel ‘n toename in die aantal troues.

Ook is hierdie pasgetroude jongmense siek en sat vir egskeiding. Hulle het tydens die egskeiding van hulle eie ouers gely en hulle het besluit om harder te werk om hulle eie huwelike te laat werk. Ek is meer bemoedig as op enige tyd in my bediening omdat ons jongmense nou só teen egskeiding en só vir die huwelik is. Swangerskap buite die eg is uit! Lewenslange verbintenisse is nou in! Dank God vir hierdie nuwe neiging.

En nou die slegte nuus!

1.HAAL JOU OU “VISION” BOEK UIT EN LEES DIT WEER – MOEILIKE TYE LÊ VOOR.

Glo jy steeds ‘n ernstige resessie is op pad? ‘n Insinking in die eiendomsmark? ‘n Afname in motorverkope? Massiewe stakings? Weghol inflasie? Geldmarkte wat in duie stort? ‘n Wall Street paniek? Bankrot stede? Afleggings? Ongelooflike verhoogde rentekoerse?

JA! Absoluut! Europeërs noem reeds die dollar, “Papiergeld.” Dit is presies wat hulle die Duitse mark genoem het voor die Groot Depressie. Carter se program om te keer dat die dollar en die ekonomie val, sal oor die lang tydperk nie werk nie.

Goud, eens meer as $200 ‘n ons, het na $100 (‘n van van $100 per ons) geval. Goud het weer gestyg en onlangs ‘n hoogtepunt bereik van meer as $230 ‘n ons. Hierdie dramatiese toename verteenwoordig die paniek in mense se harte. Goud het geen intrinsieke waarde nie. Die Bybel is vol verhale van samelewings wat goud waardeloos op die strate gegooi het gedurende krisistye. Goud is nie ‘n verskansingsproduk teen enigiets nie. Dit is ‘n paniek kommoditeit wat voed op vrees. Christene word in die Bybel daarteen gewaarsku om nie daarop te vertrou nie.

Na my mening, is ons terug op die randjie van die ergste resessie sedert die Groot Depressie. Binnekort sal Christene nie langer my tipe boodskap kan ignoreer nie. Dit sal nie lank wees nie totdat almal na waarskuwings sal luister oor voorbereiding.

2.’N TOENEMEDE AANTAL KERKE EN SPESIALE BEDIENINGS SAL BANKROT SPEEL.

Vir die laaste paar jaar, het ek my mede-bedienaars gesmeek om skuld te vermy. Ek het daarteen gewaarsku om miljoene dollars te leen om groot bouprojekte en ander onverwante programme te finansier. Ek het al amper op elke Christelike televisie-geselsprogram verskyn en het die goddelike regiseurs gewaarsku teen die begin van duur programme wat nie verband hou met hulle oorspronklike roeping nie. Ek respekteer hierdie manne van God, maar ek krimp ineen as ek sien hulle vra vir menigvuldige miljoene om skole, kolleges, vergrote hoofkwartiere, aftree-oorde, ontspanningsfasiliteite, ens., ens. te bou. Ek het vir hulle gesê dat die tyd sal aanbreek wanneer hulle dalk sal moet ly en hulle fondse kan drasties besnoei word.

Ek is ook hartseer om te sien dat ‘n toenemde aantal bedienaars private stralers aankoop of huur. Dit is ‘n dag waarin almal van ons as bedienaars behoort terug te snoei op ons lewenstyle – en gewillig behoort te wees om ons klein koninkrykies prys te gee en net met mense te werk. Reeds is daar halfklaar geboue wat agteruitgaan en geen fondse om dit te voltooi nie. Die bedienaars ontwikkel maagsere en hartpyne. Hulle is bekommerd en benoud. Hulle word gedwing om te bedel en te pleit vir bykomstige fondse todat dit selfs hulle mees lojale vriende begin afsit.

Tans, is vyf groot kerke bankrot. Baie ander is op die randjie daarvan. Sommige van hierdie herders is my dierbaarste vriende – en hulle is senuwee-wrakke. Ten spyte van dit alles, leen ander aanhoudend menigvuldige miljoene om duur geboue te bou en hulle fasiliteite uit te brei. Hulle gaan dwarsdeur die land en probeer miljoene dollars leen. Dit maak my hartseer as hulle vir my sê ek het gebrek aan geloof. Dit is nie gebrek aan geloof nie – ek glo God gaan my ego, sowel as al die ander bedienaars en evangeliste s’n kruisig.

Ons klein koninkrykies is op die punt om in duie te stort. Ons groot begrotings gaan tot op die been gesny word. Ons sal gedwing word om terug te keer na eenvoudige Nuwe Testament metodes. En ons sal verras wees oor hoeveel ons kan doen met soveel minder.

Een laaste waarskuwing aan almal wat wil luister: Kry jou huis in orde! Kom uit die skuld uit. Gebruik dit wat jy het. Perk jou aptyte in en haal jou oë af van geboue en materiële dinge. Raak slegs betrokke by mense en hulle behoeftes.

3.SELFS CHRISTENE SAL LY – MAAR GOD SAL NOOIT ENIGE VAN SY KINDERS VERLAAT NIE – EN NIEMAND SAL OOIT MOET BEDEL VIR BROOD NIE.

God het belowe dat hoewel Sy kinders altyd met lyding sal leef, hulle nooit hoef te vrees nie. God sal hulle beskerm en voed deur elke krisis. Moeilike tye kan slegs ten goede meewerk vir almal wat op die Here vertrou. Die maklike lewe het te veel siele aan die slaap gesus. Ons gaan ‘n goeie skudding beleef. Ons sal almal getoets word – maar dit sal goed wees vir ons geestelike lewe. Dit sal mense laat terugkeer na gebed; gelowiges sal teruggedwing word na hulle Bybels. Liefde vir mekaar sal groei, en ons gemeenskaplike behoeftes sal ons bymekaar uitbring. Ons sal moet leer om daagliks te vertrou op die voorsiening van Jesus. Die kerk sal ‘n ware opwekking beleef. God se mense sal wegdraai van materialisme en vertroue op wêreldse dinge.

Bang vir depressie – stakings – aardbewings – bankrotskappe – oorloë en gerugte van ooloë? Nie vir een oomblik nie! Volmaakte liefde dryf alle vrees uit. Ons word beveel om te juig wanneer ons al hierdie dinge sien gebeur. Laat geen vertrouende kind van God oorweldig word deur vrees of angs nie. God het steeds alles onder beheer.

‘n Slotverklaring – ek het ‘n spesiale vergadering gehad met almal wat vir my werk in hierdie bediening. Gevolglik, word luukse motors ingeruil vir ekonomiese motors in sommige gevalle. Medewerkers het aangebied om laer salarisse te neem, selfs tot op die punt van werk sonder lone, wanneer en indien nodig.

Ons het alle bouery gestaak. Ons is vasbelote om te doen wat ons kan met dit wat ons het. Ons gaan nie smeek vir geld nie en ons het belowe om elke dollar wat ontvang word, direk te gee om te help om die verlore jongmense te bereik en te red. Ons het slegs $35,000 nodig om die jaar heeltemal in sonder skuld af te sluit. Ons bid saam dat God ons sal help om dit alles uit te wis en van dan af, sal ons niks doen sonder kontant in die hand nie. U hulp is werklik nodig.

Hoe wonderlik is dit dat so baie vriende omgee. Ek is een bedienaar wat weier om ‘n maagseer of ‘n senuwee-ineenstorting te kry as gevolg van skuld of ooruitbreiding. Ek is baie tevrede om bloot die behoeftes van mense aan te spreek. My oë is nie op geboue en groot hoofkwartiere nie – ek fokus al my tyd en aandag om die ensame, lydende mense te help wat hulp nodig het.