Groei in Eenheid

David Wilkerson (1931-2011)

“Ons moet God altyd oor julle dank, broeders, soos dit billik is, omdat julle geloof grootliks toeneem en die wederkerige liefde van elkeen van julle almal groter word” (2 Thessalonicense 1:3).

Wat ‘n groot kompliment het Paulus hier vir die Christene in Thessalonika gegee! Hier is die volle betekenis van wat hy vir hulle gesê het: “Dit is wonderlik om te sien hoeveel julle gegroei het, beide in julle geloof in Christus en in julle liefde vir mekaar. Oral waar ek gaan, roem ek teenoor ander oor julle geestelike groei. Hoe dank ek God vir julle!”

In hierdie kort gedeelte, gee Paulus vir ons ‘n verstommende prentjie van ‘n liggaam van gelowiges wat groei in eenheid en liefde. Beide individueel en gesamentlik, het die geloof en liefde van die Thessalonicense alle ander kerke oortref. Dit is duidelik dat hulle geleer, vooruitgang gemaak en gegroei het – en hulle lewens was bewyse van daardie feit. Volgens Paulus, het al die kerke in Asië daarvan gepraat.

Klaarblyklik, het die prediking wat hierdie mense gehoor het, hulle aangemoedig tot selfs ‘n dieper wandel met Christus. Dit het hulle vleeslike ambisies laat verdwyn en hulle oortuig van hul onchristelike gewoontes. En die Heilige Gees in hulle het alle etniese struikelblokke en kleurgrense afgebreek. Hulle het ontdek hoe om alle mense te omhels, of hulle nou ryk of arm, geleerd of ongeleerd was, terwyl hulle groot liefde vir mekaar gehad het en mekaar in liefde opgebou het.

‘n Belangrike eienskap van hierdie kerk was dat hulle God se Woord hoog geag en eerbied daarvoor gehad het en ook nie toegelaat het dat valse leraars in hulle midde kom en baie mense mislei met nuwe godsdienstige feite nie.

Wil jy geestelik groei? Indien wel, vra die Heilige Gees om sy lig op ‘n area van swakheid of sonde in jou lewe te skyn. God gee jou gees water, voed jou siel en laat sy sterk wortels in jou groei soos jy Hom soek.

Tags