Vervolmaak deur Liefde

David Wilkerson (1931-2011)

Liefde, vrees, gehoorsaamheid – wanneer dit daarop neerkom om saam met God wandel, is hierdie drie onafskeidbaar want jy kan nie die een sonder die ander twee doen nie.

  • VREES – “Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is” (Spreuke 8:13).
  • LIEFDE – “Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet”  (John 14:21).
  • GEHOORSAAMHEID – “En dit is die liefde, dat ons wandel volgens sy gebooie” (2 John 6).

Jy kan nie die Here liefhê sonder om die vrees van God in jou te hê nie; jy kan nie Hom liefhê sonder om sy Woord te gehoorsaam nie. Sommige leer dat slegs die vrees van God gelowiges dring om van sonde af weg te vlug, terwyl ander leer dat die enigste motivering teen sonde, liefde is. Om Hom lief te hê, beteken om al sy gebooie te gehoorsaam, maar wat veroorsaak ‘n standhoudende, blywende gehoorsaamheid? Goddelike, liefdevolle gehoorsaamheid kom slegs van een bron af: die vrees van die lewende God. Gehoorsaamheid gebore uit ‘n ware en godvrugtige vrees van God is liefde vervolmaak.

As jy werklik die vrees van God in jou het, dan sal jy sy hele woord gehoorsaam. Jy kry die vrees van God net soos Israel: jy leer dit! Die Here is gretig om sy vrees te leer aan almal wat dit begeer: “Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van die HERE leer” (Psalm 34:12). Ons liefdevolle Vader leer ons die vrees van Hom deur sy Woord.

Jesus belowe ontsaglike seën aan almal wat Hom gehoorsaam. “En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ék sal hom liefhê My aan hom openbaar” (Johannes 14:21). Dit is een van die kragtigste beloftes in die Woord van God! Die Vader het ‘n spesiale liefde in sy hart vir hulle wat in gehoorsaamheid aan sy Seun lewe.

Begin lewe in volkome gehoorsaamheid aan alles wat jy van sy gebooie ken en jy sal volmaak word in jou liefde vir Jesus!