Geestelike Rus en Volheid

David Wilkerson (1931-2011)

“En [die vlakte van] Saron sal ‘n weiveld vir kleinvee word, en die dal Agor ‘n lêplek vir beeste, vir my volk wat My gesoek het” (Jesaja 65:10).

God belowe dat as sy kinders Hom voortdurend sal soek met hulle hele hart, sal hulle altyd ‘n oorvloed van geestelike voedsel hê. Maar diegene wat God nie soek nie, sal leeg, uitgehonger en droog wees – en ronddwaal, soekend na ‘n herder, honger en nooit versadig nie. Die Woord sê, “Die Bybel sê dat hulle “sal honger bly ... dors wees ...beskaamd staan” (vers 13). Maar dit sê ook, “Kyk, my knegte sal eet ... drink ... bly wees ... jubel ... vrolik” (verse 13-14) wees.

Diegene wat afgesonder is met God – hulle harte voor Hom uitstort en Hom in alles soek – sal sterkte, gesag, geestelike krag, voedsel vir siel en verstand hê. Hulle sal deur God gelei word na ‘n plek van geestelike rus en volheid.

Psalm 91 is baie gelowiges se gunsteling gedeelte in die Skrif. Sulke wonderlike beloftes word hier gevind! Die hele psalm is ‘n openbaring van die verlossende, bewarende krag wat kom van om te lewe met ‘n gesindheid van God soek. Die mens wat in hierdie omgewing van gebed leef, sal krag hê oor alle demoniese strikke, alle vrees, alle siektes en pes – krag om te oorwin en resultate in gebed na vore te bring. Maar daar is ‘n voorwaarde hieraan verbonde en dit word in die eerste vers gevind:

“Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige” (Psalm 91:1).

“Sit” beteken om in sy teenwoordigheid te leef. Jy sal dalk wonder, “Beteken dit ek moet die heeltyd bid?” By wyse van spreke, ja. Paulus het gesê, “Bid sonder ophou” (1 Thessalonicense 5:17). Dit beteken om jou gedagtes op God gerig te hou elke oomblik waartydens jy wakker is. 

Geliefde, dwarsdeur die dag, in alles, roep God aan in jou gees en jy sal sy krag en orde in al jou stappe hê!