Sal God Ooit My Gebede Beantwoord?

Het u al ooit hierdie vraag gevra?

Is daar een spesiale saak waaroor u al vir `n lang tyd gebid het, sonder waarneembare antwoorde in sig? Het u waarlik alles gedoen wat u kon? Het u aan alle gebedsvoorwaardes voldoen? Het u gehuil, gevas en God ywerig petisie in ware geloof? En tog blyk dit dat niks gebeur nie? As u "ja"moet antwoord op al die bogenoemde vrae, dan is u in goeie geselskap. U is nie `n vreemde soort Christen wat ly as gevolg van kastyding wat u van die Here ontvang nie. Vertraagde antwoorde op gebed is een van die algemeenste ondervindings wat selfs deur die mees gerespekteerde heiliges van God se kinders ondervind word.

Ek dank God vir predikers en onderwysers wat geloof verkondig. Ek doen dit ook! Dank God vir predikers wat my siel aanraak om wonderwerke en antwoorde op al my gebede te verwag. Miskien het die kerk so geloofloos en ongelowig geword, dat God ons moet wakker maak met `n nuwe en kraakvars openbaring van Sy kragtige beloftes. Daar is baie nuwe leringe vandag rakende "die uitspreek van die regte belydenisse. "Dan word God se mense ook aangemoedig om positief te dink en al Sy beloftes hardop te verklaar. Ons word vertel om ons lewens skoon te maak van alle verborge wrokke -alle verkeerde dinge reg te maak, selfs tot by ons kinderdae. Vandag word ons geleer dat die meeste van ons onbeantwoorde gebede, ons langdurige siektes, ons onvermoë om God in ons eie belang te beweeg,`n direkte resultaat van die wanhantering van ons geloof is. Soos een geloofsonderwyser dit stel, "Geloof is soos `n kraan; jy kan dit oop of toe draai."

Dit klink alles so eenvoudig. Het u `n finansiële wonderwerk nodig in u lewe? Dan moet u eenvoudig u lewe skoonmaak van alle struikelblokke, wrokke, ongeloof - bely ook dat u alreeds deur geloof die antwoord ontvang het, en dit sal u s'n wees. Wil u dat daardie geskeide eggenoot terugkeer om weer te versoen? Bely dit en dink dat dit gebeur - skep `n visuele prentjie van `n pragtige versoening - en dit is alles u s'n. Is daar iemand wat klop aan die deur van die dood vir wie u baie lief is? Gee dan kennis aan God dat u nie nee vir `n antwoord sal neem nie; herinner Hom aan sy beloftes; bely herstel - en dit sal gebeur, so word dit geleer. En as u gebed nie beantwoord word nie; as die eggenoot nog steeds maande aaneen wegbly; as die siek geliefdes steeds sterf; as die finansiële nood in `n krisis ontaard - dan word daar gesê dat dit u skuld is. Iewers op die pad het u toegelaat dat `n negatiewe gedagte die kanaal blokeer. Of, u het `n boesem sonde of `n onoorgegewe wrok. U belydenis was onskriftelik of nie ernstig nie. Een geloofsonderwyser skryf, "As u nie resultate verkry wat ek verkry het nie, dan doen u nie alles wat ek gedoen het nie!"

O, hoe glo ek nie daarin nie! Maar my kantoor ontvang tragiese briewe van eerlike Christene wat totaal en al deurmekaar en wanhopig is omdat hulle glad nie al hierdie nuwe gebed-en-geloof formules kan maak werk nie. "Wat is verkeerd met my?" skryf een bekommerde dame. "Ek het my hart deursoek en het elke sonde bely. Ek het demoniese kragte gebind deur die Woord van God. Ek het gevas; ek het gebid; ek het die beloftes bely - tog, ek het nie die antwoord gesien nie. Ek moet geestelik blind wees of ek doen alles verkeerd."

Glo my,daar is duisende verwarde Christene reg oor hierdie land wat hulle self veroordeel omdat hulle nie `n antwoord op `n desperate gebed kan verkry nie. Hulle weet God se Woord is waar, dat nie `n enkele belofte kan misluk nie, dat God getrou is aan al die generasies, dat Hy goed is en dat Hy wil dat sy kinders antwoorde op hul gebede moet verwag. Maar tog, vir hulle is daar daardie een gebed wat onbepaald onbeantwoord bly. So blameer hulle hulself. Hulle luister na die bandjies van onderwysers en predikers wat kragtig en positief praat omtrent al die antwoorde wat hulle verkry as gevolg van hulle geloof.

En hulle hoor getuienis van andere wat `n formule uitgewerk het en nou alles ontvang wat hulle van God vra. Dan kyk hulle na hulle eie hulpeloosheid, en veroordeling verswelg hulle.

Eerstens, ek respekteer en het al die onderwysers en predikers wat geloof en positiewe belydenis verkondig, lief. Hulle is groot manne en vroue van God. Ons moet desperaat herinner word aan die krag en geloof en behoorlike denke. Dit is alles baie skriftuurlik, en hulle wat sulke onderrig teenstaan of ontken, het heel moontlik nooit die tyd geneem om te hoor wat regtig geleer word nie. Maar daar is een groot probleem. Die geloofswa is besig om volstoom voort te rol op wiele wat nie gebalanseerd is nie. En as dit aanhou voortrol in die rigting waarin dit nou beweeg, sonder balans, dan gaan dit op die sylyn beland en menige vertrouelinge gaan seerkry. Alreeds is daar sommige wat opgee omdat hulle onder gevangenskap van leeringe van geloof, wat voorstel dat alle onbeantwoorde gebede die resultaat van menslike mislukking is, gekom het. Met ander woorde, as dit nie vir jou gewerk het nie-het jy iets verkeerd gedoen-so, hou aan om dit te doen totdat jy dit reg kry.

U kan net so min u geloof voed op selfgerigte beloftes van genesing, rykdom, sukses en voorspoed, as wat u gesond en sterk kan word deur slegs nagereg te eet. Geloof kom deur na die "hele Woord" te luister - en nie net sekere gedeeltes nie.

Wat omtrent die Bybelse waarhede wat praat oor lyding wat deur gehoorsaamheid geleer word? Net soos Jesus, leer ons gehoorsaamheid deur die dinge waaronder ons ly (Hebreërs 5:8). Daar is net soveel verse oor lyding as oor geloof.

Ons geloof moet nie bang wees om Bybelverse te ondersoek wat oor God se vertragings, Sy seisoene van stilte, en selfs Sy soewereiniteit (wanneer Hy optree sonder om vir die mens `n rede te gee nie) handel nie.

Hy het gesê, "Tel by geloof, deugsaamheid, kennis, selfbeheersing, volharding en geduld, ens." Geloof sonder geduld, deugsaamheid en selfbeheersing word selfgesentreerd en ongebalanseerd.

Alle siektes word nie deur demone of slegte geeste veroorsaak nie. Meeste word veroorsaak deur `n tekort aan selfbeheersing, gulsigheid en slegte gewoontes. Hierdie wind opbrekende, opgeblaaste generasie stop hulleself vol met berge van gemorskos, nageregte en giftige drank - dan, wanneer die liggaam swak is en siek word, dan hardloop ons paniekbevange na God se Woord vir `n vinnige wondermiddel. Ons sal enige iets doen om genees te word-behalwe om praktiese selfbeheersing en matigheid toe te pas. En selfs wanneer God, in sy genade, ons genotsugtige weë van die hand wys en ons liggame genees, dan moet ons nog steeds by ons geloof selfbeheersing voeg.

Daar is tye in die Bybel waartydens God nie kon of wou antwoord nie, maak nie saak hoeveel keer daarvoor gevra is nie - maak nie saak hoe groot die geloof was of hoe positief die belydenis was nie. Paulus was nie verlos van sy probleme wat hom gekniehalter het nie, al het hy hoe getrou gebid vir `n antwoord. "Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my weggeneem moet word" (2 Korintiërs 12:7-10).

God wou die werk van genade in Paulus eers voltooi gesien het. Hy wou nie sy kind toelaat om opgeblase te raak van trots nie. Hy sou nie jubel in verlossing nie - maar wou hom leer wat God se krag vir hom ook in sy swakheid is. Maar kyk wat het dit in Paulus bewerkstellig, dit is die bewys dat God reg was om nie sy gebed te beantwoord nie:

"Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk" (2 Korintiërs 12:9,10).

Was Paulus swak in geloof? Vol van negatiewe gedagtes? Verkeerde belydenisse? Waarom het Paulus nie die boodskap wat ons vandag so gereeld hoor, gepreek nie-"Julle hoef nie te ly in swakheid, armoede, bekommernis en lyding nie. Julle hoef nie die nodigheid van swakheid te verdra nie. Eis jou oorwinning oor al die seerkry en die pyn."

Paulus wou meer as net genesing gehad het, meer as net sukses, meer as net verlossing van `n doring in sy vlees - hy wou Christus gehad het! Paulus wou eerder ly as om te probeer om God te oorheers. Dit is hoekom hy kon uitroep, "Daarom roem ek my oor my huidige toestand - God is aan die werk in my deur al my lyding. In en deur dit alles, weet ek dat dit nie opweeg teen die heerlikheid wat daar op my wag nie."

Ons het ondankbaar geword en dikwels verander ons ons oorwinning in `n ramp. Dit is wat met Hiskia gebeur het. God het `n profeet gestuur om hom te waarsku dat hy hom moet voorberei op die dood, hy het gesê, "Sê vir jou gesin wat jou laaste wense is, want jy gaan sterf, jy sal nie langer lewe nie." Hiskia het gehuil, berou gehad en God gesmeek vir `n addisionele vyftien jaar. God het sy gebed beantwoord. Hy is `n nuwe kans op die lewe gebied. Die eerste jaar in sy grasie het hy `n kompromie aangegaan en Israel aan die vyandige konings blootgestel. Hy het `n ramp oor sy familie en volk gebring.

Daar is ander tye wat God weier om ons gebede te beantwoord, omdat Hy "`n beter weg" het. Hy sal wel antwoord, maar ons sal nie die antwoord herken as sulks nie. Ons sal dit as verwerping sien - maar, deur dit alles sal God sy perfekte wil doen. Ons vind hierdie beginsel aan die werk toe Israel in gevangenisskap weggelei is na die land van die Galdeërs toe. "Wat `n ramp," het hulle gekla. "God het ons gebede verwerp; ons is verlore. God het `n dowe oor na ons toe gedraai." Die wat in Jerusalem gebly het, het trots geword in dat hulle geglo het dat God hulle gebede verhoor het en hulle geseën het deur hulle daar te laat bly. Maar die wat agter gebly het, is totaal en al deur die swaard, hongersnood en peste vernietig - totdat hulle almal omgekom het. (Jeremiah 24:10).

Maar hulle wat in gevangenskap weggevoer is, is vertel, "Ek beskou die ballinge van Juda wat Ek vir hulle beswil uit hierdie plek uit na Gadeërland toe gestuur het, as net so goed as hierdie goeie vye." (Jeremia 24:5). Hulle het nooit die werk van God herken nie, die bewaring van `n oorblyfsel, maar hulle wat "deur swaarkry gered is" het teruggekeer om die land te herbou.

Die Bybel sê, "Eerlike belyding is goed vir die siel." Ek bely aan julle dat ek nog nie antwoorde op twee gebede ontvang het, wat ek al vir vier jaar bid nie. Ek hoor alreeds iemand wat sê, "Broer David, moet dit nie doen nie! Dit is negatief! Dit is die verkeerde belydenis. Geen wonder dat jy nog nie `n antwoord op daardie twee gebede ontvang het nie!" Ek is meer gefasineerd as seergemaak deur sulke kommentaar. Ek weier om die feite te ignoreer. Die feit is dat ek in alle erns gebid het oor die twee sake - ek het alle beloftes daaroor in die Bybel vasgegryp - ek het vertroue dat God enige ding kan doen - ek het aan my geseënde God berg-bewegende geloof gegee! Tog gaan die jare verby, en ek het nog nie die antwoorde gesien nie. Duisende van my gebede is beantwoord. Ek sien die antwoorde op my gebede elke dag van my lewe. God doen wonderwerke om my onthalwe, om elke draai van my lewe. Maar nog steeds, word daardie twee gebede nie beantwoord nie.

Ek sal dat die kenners van gebede en geloof probeer om die redes vir die onbeantwoorde gebede te analiseer - maar, vir my, ek is geensins bekommerd daaroor nie. Ek is deur die selfveroordeling gedeelte daarvan. Ek het meer as genoeg gehad van selfblamering omdat ek nie die antwoorde ontvang het toe ek dit wou gehad het nie. God bring `n balans in my geloof! My positiewe belydenis word in die regte kanale in gelei. En, o , die vreugde en die vryheid wanneer jou geloof in God nie meer afhanklik is van die verkryging van antwoorde nie. Wat `n verlossing wanneer jou geloof slegs op Jesus fokus en Sy heilige karakter ontvang.

Ek glo in die Heilige Gees se tydsberekening. In God se eie tyd, sal al ons gebede beantwoord word-op een of ander manier. Die probleem is, ons is bang om ons gebede te gee vir Heilige Gees se ondersoek. Sommige van ons gebede moet gesuiwer word. Van ons geloof word verkeerd bestee op versoeke wat nie volwasse is nie. Ons is so verseker dat indien ons gebede "in ooreenstemming met Sy wil is, ons dit moet kry." Ons weet eenvoudig nie hoe om te bid, "laat U wil geskied" nie! Ons wil nie soseer Sy wil hê, as die dinge wat deur Sy wil toegelaat word nie. Die enigste toets wat ons van ons gebede verlang is taamlik selfgesentreerd: "Kan ek dit in God se katalogis vind van dinge wat toegelaat word?" So kan ons deur God se Woord sif en dan slim redes gee waarom ons sekere seëninge en antwoorde gegee moet word. Ons pas hierdie beloftes toe om nommer pas te wees volgens ons versoeke. Wanneer ons verseker is dat ons `n goeie saak het en genoeg beloftes bymekaar gemaak het, dan marsjeer ons kordaat tot voor die aangesig van God asof ons wil sê, "Here, ek het `n sekere saak, daar is geen manier wat U my kan weg wys nie. Ek het my geloof na gegaan. Ek het U Woord op die saak. Ek het alles volgens plan gedoen. Dit is myne! Ek eis dit! Nou!"

`n Uitdaging vir Sy getrouheid? `n Toets vir Sy Woord? `n Sleutel om God se seënkamer oop te sluit? Dit blyk vir my ons marsjeer God se troonkamer binne met ons wapperende geloofsbaniere, gewapen met `n arsenaal van beloftes, reg om met geweld alles op te eis wat ons toekom. Al die tyd stel ons onsself voor dat die Vader ons met goedkeuring gelukwens omdat ons die raaisels van geloof ontravel het en daarom geregtig is op die skatte van die hemel.

Totdat God ons begeertes en ambisies herstruktureer, gaan ons voortgaan om ons kosbare geloof te vermors op dinge wat geskep is, in plaas daarvan om dit op die Skepper self te konsentreer. Hoe lafhartig en korrup word ons geloof nie wanneer ons dit gebruik slegs om dinge te bekom. Wat `n tragedie dat ons sal spog dat ons geloof vir ons `n nuwe kar, vliegtuig, `n finansiële bonansa, `n nuwe huis, ens. geproduseer het.

Geloof is `n soort gedagte - alhoewel positief, geestelike gedagte. Maar Jesus waarsku ons om nie gedagte aan materiële dinge te gee nie. "Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges begaan is." Hoe duidelik is Jesus nie oor hierdie dinge nie, en sê "Moet julle nie bekommer oor julle lewe oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam,oor wat julle moet aantrek nie.Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het" (Matteus 6:25, 32).

Selfs die goddeloses floreer met tye-en dit kan nie gesê word dat geloof dit veroorsaak het nie. God laat sy liefde en seën op die gelowiges sowel as die ongelowiges reën. Wys my `n voorspoedige Christen, en ek sal jou `n goddelose wys wat selfs meer voorspoedig is.

Dit is lynreg teenstrydig met die lering van die nederige Nasarener wat sy volgelinge versoek het om alles te verkoop en aan die armes te gee. Hy het gewaarsku teen die bou van skure en het die brandende begeerte vir die opgaring van wêreldse dinge betreur. Hy het nie tyd gehad vir hulle wat skatte hier op aarde bymekaar gemaak het nie. Hy het geleer dat Sy kinders nie vasgevang moet raak met die bedrieglikheid van rykdom nie, maar dat geloof ons moet rig om ons toegeneentheid te stel op die dinge van bo.

Hoe kan dit wees dat ons vandag,met al die onderrig oor geloof, Jesus hoor sê, ".Maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op die aarde vind?" (Lukas 18:8). Kan dit wees dat Jesus nie die moderne handelsmerk van geloof enigsins as geloof sien nie? Is ons sogenaamde geloof so selfdienend, dat dit `n gruwel vir die Here geword het?

Maak nie saak hoeveel skrifgedeeltes aangehaal word om dit te ondersteun nie, selfdienende geloof is `n afwyking van die waarheid.

Vergelyk baie van die materiële geloof wat vandag so oorheersend is met dit wat in Hebreërs 11:39 genoem word! Die dinge waarop hierdie groot manne en vroue van God op gehoop het, kon nie met enige wêreldse terme gemeet word nie. Die stof wat hulle gesoek het was nie geld, huise, sukses of `n pynlose lewe nie. Hulle het hulle geloof beoefen om God se goedkeuring vir hulle lewens te verkry. Abel se geloof het op regverdigheid gefokus, en God het dit aan hom geskenk. Henog se geloof was so God-gesentreerd dat hy na die hemel weggevoer is. Sy geloof het maar `n enkele motief gehad, om God te ken en te behaag. Geloof het vir Noag beteken "om met vrees te beweeg," om vir die oordeelsdag voor te berei. Hoe sal daardie man nie huil as hy ooit die malheid van materialisme wat ons generasie vasgryp moet aanskou.

Abraham het sy geloof beoefen om homself te herinner dat hy `n vreemdeling op hierdie aarde is. Sy verbond op aarde het slegs `n tent voortgebring waarin hy kon bly, omdat hy al sy geloof in die stad geplaas het wie se bouer en skepper God is.

Sommige wat `n reputasie gehad het dat hulle `n groot en sterk geloof gehad het, het "nie verkry wat beloof is nie" (Hebreërs 11:39). Hulle, wat wel "beloftes ontvang" het, het hulle geloof gebruik om regverdigheid te bewerk, om krag te verkry in tye van swakheid en om die vyand te verjaag.

Na alles, nie alle gebeds en geloofsoldate, is uitgelewer nie. Nie almal het bly leef om die antwoorde op hulle gebede te aanskou nie.

Nie almal is pyn gespaar, swaarkry en selfs die dood nie. Sommige is gemartel; ander is uitmekaar geskeur, dwalend sonder heenkome, lydend, gemartel (Hebreërs 11: 36-39).

Hierdie was groot manne en vroue van geloof wat wrede bespotting, slae en tronkstraf moes verduur. Hulle het nie gely, en is nie gemartel omdat hulle `n gebrek aan geloof of `n verkeerde belydenis gehad het nie - of omdat hulle `n wrok of slegte bedoelings gehad het nie. Kon manne van geloof nie meer as bokvelle geproduseer het vir hulle rûe nie? Kon hulle nie uitgestyg het in geloof en die een groot belofte geëis het dat geen plaag naby hulle wonings moet kom nie?

O, my liewe vriend, die wêreld was hierdie heiliges van geloof nie waardig nie, omdat hulle die soort geloof gehad het wat alle eise van die vlees vertrap het. Hulle geloof was eendoelig; hulle het al die seëninge as ewig en geestelik beskou, eerder as aards en nou.

Ja, ek weet, die geloofshoofstuk sluit af deur te sê, "omdat God vir ons iets beter beoog het, sodat hulle nie sonder ons die voleinding sou bereik nie" (Hebreërs 11:40). Maar, hoe sal ons daardie beter ding wat God vir hulle berei het wat geloof het, vandag definieer? Beter gesondheids voordele? Beter bokvelle? Beter finansiële reëlings? Beter tye van gemak en vooruitgang? Beter pensioen voordele? Groter skure, gevul met alles wat ons benodig om in styl af te tree?

Hy het aarde toe gekom as `n man om ons selfs `n groter doelgerigte geloof te wys en dit is, "om die wil van die Vader te doen." Ons moet meer tyd spandeer om in Jesus in te kom as om te probeer om iets uit Hom uit te kry. Ons moet nie bid dat God dinge moet maak gebeur vir ons nie, maar dat dinge met ons moet gebeur.

Hulle wat so geoefen is in geloofsgenesing, vir finansiële seën, vir oplossings van probleme - moet, in plaas daarvan, fokus daarop om al hulle geloof te bekom vir die "rus in Christus." Daar is geloof wat nie rus in beantwoorde gebede nie, maar in die wete dat die Here sal doen wat reg is vir ons.

Moenie bekommerd wees of God, "Ja!" of "Nee!" sê vir u versoek nie. Moenie moed verloor as die antwoord nie in sig is nie.

Hou op om te dink aan geloofsformules en metodes. Gee net elke gebed aan Jesus oor en gaan aan met u besigheid met vertroue. Hy sal nie een oomblik vroeg of laat wees in die beantwoording daarvan nie. En as die antwoord wat ons soek nie volg nie, laat ons dan vir ons harte sê, "Hy is al wat ek nodig het. As ek meer nodig het, sal Hy dit nie weerhou nie. Hy sal dit in Sy tyd doen, op Sy manier, en as Hy nie aan my versoek voldoen nie, dan moet Hy `n perfekte rede hê waarom Hy nie daaraan voldoen nie. Maak nie saak wat gebeur nie, ek sal altyd vertroue hê in sy getrouheid."

Mag God ons vergewe as ons meer bekommerd is oor die beantwoording van gebede as om te leer wat algehele gehoorsaamheid aan Hom is. Ons leer nie gehoorsaamheid deur die dinge wat ons ontvang nie, maar deur die dinge wat ons deurgaan. Is u gewillig om gehoorsaamheid te leer, deur ontberings langer te verduur as dit lyk na onbeantwoorde gebede? Sal u in Sy liefde rus terwyl u geduldig wag op die belofte nadat u die volkome wil van die Vader gedoen?

Verwerp u teologie en kom terug na eenvoud. Geloof is `n geskenk, nie `n diploma nie. Geloof moet nie `n las of `n raaisel wees nie. Hoe meer kinderlik dit is hoe beter werk dit. U benodig nie `n seminaar of teksboeke nie - u het nie `n gids nodig nie. Die Heilige Gees sal u nader aan Jesus lei - wat die Woord is - deur wie geloof kom.