Kosbaar in Sy Oë

David Wilkerson (1931-2011)

“Hy het uit die hoogte sy hand uitgestrek, Hy het my gegryp, Hy het my uit groot waters getrek. Hy het my verlos van my magtige vyand en van my haters, omdat hulle te sterk was vir my. Hulle het my oorval op die dag van my nood; maar die Here was my steun. En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het” (Psalm 18:17-20).

In hierdie psalm het Dawid teruggekyk na ‘n groot verlossing. Hy was verheug omdat die Here hom van sy vyande verlos het. Koning Saul het ‘n losprys op sy kop gesit en hom meedoënloos agternagesit en Dawid gedwing om in grotte, gate en oop velde te slaap.

Dawid het oor daardie donker tyd gesê: “Die sorge van die hel het my omring en ek het met angs geleef. Goddelose mense het my bang gemaak. Hulle het my almal gehaat.” Maar God het uit die hemel neergedaal met gebulder om Dawid te verlos: “En Hy het die hemel gebuig en neergedaal ... En die Here het in die hemel gedonder ... Hy het my verlos van my magtige vyand” (Psalm 18:10,14,17).

 Die vyand het soos ‘n vloedstroom binnegekom en tog kon Dawid sê: “God kom donderend uit om my uit die kolkende waters te trek. Hy het my van al my probleme gered!” Die Heilige Gees het aan Dawid 'n openbaring gegee wat die sleutel tot alle verlossing is. Dawid kon sê, “Die rede waarom God my verlos het van al my vyande – van al my smarte en die kragte van die hel – is omdat ek vir Hom kosbaar is. My God het ‘n behae in my!”

“En Hy het my uitgelei in die ruimte; Hy het my gered, omdat Hy behae in my gehad het” (Psalm 18:20).

Waarvan het jy verlossing nodig? Van wellus? Van ‘n versoeking of ‘n beproewing? Van ‘n probleem wat geestelik, geestelik, emosioneel of fisies is? Die sleutel tot jou oorwinning is in hierdie vers. God verlustig Hom in jou. Jy is kosbaar vir Hom!