Krag om in Gebed te Oorwin

Jim Cymbala

Die apostel Paulus, skrywer van die grootste deel van die Nuwe Testament, het in Romeine ‘n buitengewone belydenis gemaak: “En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge” (Romeine 8:26). Let op die sleutelfrases:

  • “Ons weet nie reg wat ons moet bid nie.” Dit is geskryf in die eerste persoon as meervoud – Paulus het homself daarby ingesluit! Het die magtigste apostel in die geskiedenis het nie geweet hoe om behoorlik te bid nie?
  • “En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp.” Is ons almal geestelik so swak dat ons hulp van God nodig het om bloot op die regte manier te bid?
  • “Die Gees self tree vir ons in.” Alle krag is in die Heilige Gees, insluitend die genade om reg te bid sodat God kan hoor en verhoor.

Die Gees help ons om te bid, om weg te kom van die gewoel van hierdie lewe en alleen by God uit te kom. Hy openbaar ons lewensbelangrike behoefte aan daaglikse genade deur God se krag met ons menslike swakheid te kontrasteer. Hy trek ons ​​saggies na ons Bron toe en help ons harte om opreg voor God se troon te kniel, te glo en te smeek.

Ons ervaar talle kere situasies in die lewe wat baie ingewikkeld is en ons weet nie waarvoor ons moet bid nie – daar is geen ooglopende regte of verkeerde keuse nie. Miskien ontstaan ​daar ​‘n geleentheid vir ‘n korttermyn sendingreis of ‘n opstandige kind kom in die moeilikheid met die wet. Wat is God se wil in daardie situasies? Hoe moet ons bid? Dit is waar die Heilige Gees ons help deur God se wil te openbaar en die geloof aan ons te gee om in die regte rigting te bid.

Die gebed van geloof skuif berge (Markus 11: 23-24; Jakobus 5:15). Die Gees alleen maak die krag van God so werklik aan ons innerlike mens dat ons in staat gestel word om met vrymoedige versekering te vra, te soek en te klop. Dit is nog ‘n rede waarom die diepste waarhede en geheime van gebed nooit deur lesings, bandopnames of boeke geleer kan word nie.

Gebed word geleer deur te bid en die hart leer gewoonlik vinniger as die kop. “Die geloof kom dus deur te hoor en te hoor deur die woord van God” (Romeine 10:17). Die Heilige Gees bind gebed en geloof in ons saam en veroorsaak lewensveranderende resultate.

Jim Cymbala het die Brooklyn Tabernacle begin met minder as twintig lede in ‘n klein bouvallige gebou in ‘n ongure deel van die stad. Hy is oorspronklik van Brooklyn en is ‘n jarelange vriend van beide David en Gary Wilkerson.

Tags