Gaan Haastig in die Teenwoordigheid van God in

Tim Dilena

Nadat Josua die leierskap van die kinders van Israel by Moses oorgeneem het, het hy hulle in belangrike oorwinnings gelei – veral, Jerigo en Ai. Aangesien God baie verstommende wonderwerke vir die Israeliete verrig het, was Josua leierskap foutloos met die uitsondering van een baie swak oordeelsfout. Die slinkse Gibeoniete het saamgesweer en hom gemanipuleer om ‘n besluit te maak sonder om God daaroor te raadpleeg (sien Josua 9:3-13). “Toe neem die manne van hulle padkos; maar die mond van die Here het hulle nie geraadpleeg nie. En Josua het met hulle vrede gemaak en met hulle ‘n verbond gesluit” (Josua 9:4-15).

Josua was verplig om die verbond wat hy gesluit het te eerbiedig en die gevolge was baie erg. Die Israeliete het gaan oorlog voer teen die Amoriete, maar Josua se krygers het meer daglig nodig gehad om hulle vyand te verslaan. Josua het tot God gebid en ‘n wonderwerk ontvang wat ongeëwenaard is tot op hierdie dag – die son het stilgestaan! “En daar was geen dag soos hierdie een, voor hom en ná hom, dat die HERE na die stem van ’n man geluister het nie; want die HERE het vir Israel gestry” (Josua 10:14).

Baie van ons het al oorhaastige besluite gemaak sonder om die wysheid van God te raadpleeg. Dit is waarom God by ons aandring: “Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak” (Spreuke 3:5,6). Die Woord sê ook, “Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis” (Spreuke 19:2). As jy gedwing word om gou ‘n besluit te neem, maak seker om eers haastig in die teenwoordigheid van die Here in te gaan.

Dus, in hoofstuk 9 sluit Josua ‘n verbond sonder om te bid maar dan in hoofstuk 10 roep hy uit na God en God antwoord hom op ‘n skouspelagtige manier. Waarom? Omdat Josua sy Vader in sy slegte besluit ingenooi het en God hom genadig was en ingegryp het.

God sal dieselfde vir jou doen. Hy sal jou slegte keuses neem en dit verander in iets wonderbaarliks as jy jou tot Hom sal wend en sy aangesig soek.

Pastoor Tim het in ‘n middestad gemeente in Detroit bedien vir dertig jaar voor hy by Brooklyn Tabernacle in New York Stad bedien het vir vyf jaar. Hy en sy vrou Cindy bedien tans in Lafayette, Louisiana.