DESPERAAT HONGER VIR GOD

David Wilkerson (1931-2011)

Ons vind ‘n direkte uitdaging vir ons kleinheid in een enkele vers waar Jesus ons roep om ons eng klein kringetjie te verlaat en oorgebring te word in die heerlike koninkryk van vryheid en bruikbaarheid in. “Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe” (Johannes 12:25). Oor en oor roep Jesus ons, “Jou wêreld is te klein; vra vir ‘n groter, meer betekenisvolle lewe.”

Wat ‘n teenstelling – haat die lewe om dit te vind; verag dit om dit te ontdek! Dit klink nie redelik nie en, tog, die sleutel tot oorvloedige lewe is reg hier in die woorde van Jesus. Dit is sy uitdaging aan ons klein wêreld!

Jesus het ook gesê: “As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie” (Lukas 14:26). Christus bedoel sekerlik nie haat in terme van ‘n klassieke woordeboek interpretasie: om te verag of verafsku, nie.

Dit is nie die lewe of mense wat ons haat nie, want dit is dit is onskriftuurlik. Nee, ons moet leer om die manier waarop ons die lewe leef, ons beheptheid met die verkeerde dinge, te haat. Die lewe is sekerlik meer as huise, gordyne, rekeninge, kinders se skoling, ouers se welstand en familieverhoudinge.

Dink aan die mees geestelike persoon wat jy ken, daardie geestelike reus wat nooit paniekerig word nie, wat lyk asof hy altyd so vriendelik en versekerd is, so toegewyd aan God, so rein en heilig. Hy sal jou vertel van ‘n tyd wat hy by hierdie krisis uitgekom het, van hoe hy sy wêreld met sy kleinlikhede, sy jaloesie, sy slawerny gehaat het. Hy het geleer om te haat wat hy geword het, soveel so, dat hy vasbeslote was om te verander. Hy het desperaat honger geword vir die lewe van God!

Jy kan nie groei totdat jy jou huidige onvolwassenheid haat nie. Ek moedig jou aan om tot God uit te roep, “Here, bring my oor in U heerlike koninkryk van krag en oorwinning in! Gee vir my die lewe van bruikbaarheid en blydskap wat so baie ander geniet!”

“Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde” (Kolossense 1:13).