‘n Droom Verwesenlik​

Ken God se Beloftes Ten Volle

Ek weet wat dit is om die beloftes van God te glo en hulle nie verwesenlik te sien nie. Ek ken die belofte van onuitspreeklike blydskap en ook jare van moedeloosheid en selfs depressie. Ek weet wat dit is om God se belofte te hoor vir ‘n oorwinnende, seëvierende lewe en lang tydperke deur te bring, oorweldig en verslaan. Ek ken die belofte dat ons sy liefde sal ken – die hoogte, diepte, lengte en breedte daarvan – en tog nie daardie liefde te ervaar nie, maar in plaas daarvan, gedrewe voel om dit te verdien.

Kortliks, ek ken die manjifieke beloftes van God – beloftes van blydskap, krag, oorwinning, vrede en triomferende lewe – en tog dra ek die las van ‘n gevoel dat ek dit nie lewe nie. Ek weet ek is nie alleen hierin nie. Oor die jare, het talle mense wat ek ontmoet of bedien het hardop teenoor my gewonder: “Waarom is God se beloftes nie ‘n werklikheid in my lewe nie?”

As jy ‘n volgeling van Jesus is, sien jy elke belofte van God as ‘n doelwit om te bereik. Jy wil alles hê wat Hy vir jou lewe het, vir jou geliefdes en vir ‘n lydende wêreld wat desperaat is om sy werklikheid te ken. Sy beloftes vuur jou lewensdrome aan: drome van ‘n geseënde gesinslewe, van Jesus in ‘n gemeenskap bedien, om sy koninkryk op die aarde te sien soos dit in die hemel is. Die vraag vir die meeste van ons is egter, wat gebeur wanneer daardie drome nie bewaarheid word nie?

Die skrywer van Spreuke sê vir ons, “’n Uitgestelde hoop maak die hart siek” (Spreuke 13:12).

Soms lyk dit asof dit wat ons beleef, nie beloftes is nie, maar probleme. Teleurstellings, verpletterde hoop, gebroke drome – ons almal het goddelike aspirasies wat nooit werklikheid geword het nie. En met verloop van tyd, affekteer dit ons dit diep. Soos die skrywer van Spreuke sê, dit kan ons harte siek maak. Ons hou op aspireer, hou op droom en verloor iets kosbaars wat God vir ons bestem het.

Dit is waarom dit belangrik is om die tweede deel van dieselfde spreuk te lees: “Maar ‘n wens wat uitkom, is ‘n lewensboom” (13:12). Wat ‘n manjifieke waarheid. Hierdie beeld neem my onmiddellik na Génesis en ‘n goddelike natgeleide boom in die Tuin van Eden. Ek sien ‘n toring van groenigheid, wat sappige vrugte en volhoubare lewe dra vir almal wat deel daaraan het. Dit is ‘n metafoor vir wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het en die belofte van oorvloedige lewe wat dit vir ons almal gebring het.

Toe ek 17 jaar oud was, het ek deur die woude gestap op ‘n maanlignag in Oos Texas toe ek ‘n pragtige jong vrou van my ouderdom gesien het. Sy was vir my ‘n droom van die oomblik af wat ek haar raakgesien het. Ek weet dat as ek haar uitgevra het en sy my afgesê het, sou my hart siek wees. Maar genadiglik het sy ja gesê. Veertig jaar later, is my droom ten volle verwesenlik in my vrou, Kelly, en in die kinders die kleinkinders wat die pragtige takke van ons stamboom uitmaak.

So, hoe word ons God-gegewe drome bewaarheid? Sweef hulle af op ons uit die hemel? Verskyn hulle skieilik voor ons op ‘n maanlignag? Of is dit ‘n proses? Is daar iets wat God van ons vra wat sal lei dat ons aanvanklike droom verwesenlik word?

As ek terugkyk, is die antwoord maklik om raak te sien. Die vervulling van ‘n kosbare droom – soos enige huwelik of familie – verg geloof en werk. My droomlewe saam met Kelly kon vele kere versuur of verbrokkel het oor vier dekades heen as ons onwillig was om te vertrou, opofferend lief te hê en te volhard met geloof deur moeilike tye en beproewings. Die skrywer van Spreuke impliseer dit as hy waarsku, “’n Vervulde wens is soet vir die siel, maar om af te wyk van die kwaad, is ‘n gruwel vir die dwase” (13:19).

Die probleem is nie dat daar fout is met God se beloftes nie. Dit is omdat baie van ons nie gewillig is om te doen wat nodig is om dit in vervulling te sien kom nie. Daarom moet ek vir jou vra: Skakel jy die dinge af wat jou keer om God se oorvloedige lewe te ontvang?

Oor vier dekades van bediening, het ek sommige van die blokkasies, wat Christene weerhou om oorvloedige lewe te verkry, geïdentifiseer.

Een belangrike probleem vir baie van Jesus se volgelinge is die groot gaping wat bestaan tussen hulle verwagtinge en hulle realiteite. Hulle verwagtings vir lewe in God is massief. Tog hou hulle hul aspirasies laag en dit bepaal hulle realiteite. Een rede hiervoor is omdat hulle hul God-gegewe drome sien as selfdienend. Ek het baie mense beraad wat vir my sê, “Ek wil nie baie hê nie.” Hulle kry presies wat hulle wil hê en tog is hulle verbaas daaroor dat hulle lewens gebrekkig is.

William Carey, die groot sendeling na Indiê, het God sien verrig wat baie gedink het onmoontlik was. Een van sy gesegdes het beroemd geword deur geslagte heen: “Verwag groot dinge van God. Probeer groot dinge vir God.”

Sommige Christene leef op hierdie manier, maar hulle belewenisse is soos ‘n wipwaentjie. Hulle beleef oorwinnings en dit hou hulle geloof aan die gang. Maar dan beleef hulle ‘n string van nederlae. Die siklus herhaal homself en hulle kan nie die op-en-af ervarings hanteer nie. Hulle begin wonder, “As my geloof werklik is, waarom lyk dit asof dit die helfte van die tyd glad nie bestaan nie?” Op een of ander tyd word hulle harte siek en hulle hou op om God se beloftes na te streef.

Miskien twyfel jy in jou droom. Jy wonder of dit van God is of net iets denkbeeldig is. Jy kan weet deur drie dinge te vra: (1) Maak dit jou opgewonde? Dink jy daaraan as jy wakker word? Raak jy opgewonde wanneer jy stappe neem wat lei in die rigting van jou droom? (2) Lyk dit en voel dit soos jy? Pas dit by die gawes wat God vir jou gegee het? (3) As jy misluk, sal jy opstaan om weer te probeer? Spoor dit jou aan om meer gefokus en gedissiplineerd te wees?

Jy weet dit is ‘n God-gegewe begeerte as jy dit die meeste begeer. Maar as jou droom nie van God is nie, sal dit verdwyn. As dit van Hom is, sal dit jou aanspoor en aanhou aanspoor totdat jy iets daaromtrent doen. Hy het jou ‘n sekere, spesifieke DNA gegee wat net reg is vir jou. Jy kan vertrou dat sy leiding – en jou gefokusde dissipline – jou sal help om die toekoms te betree wat Hy vir jou beplan het.

Ek het sommige algemene blokkasies gesien wat die mees opregte volgelinge van Jesus laat struikel:

Hartseer. Mense stap uit in geloof om ‘n God-gegewe begeerte na te jaag en hulle word verpletter as dit nie vervul word nie. Dit mag dalk ‘n verhouding met kêrel of nooi wees. Dit mag dalk ‘n slegte belewenis met die kerk wees. Hulle emosies is diep seergemaak en dit lyk nie of hulle daaroor kom nie.

Vrees. Sommige mense is bang om te misluk en daarom stap hulle nooit uit nie. Miskien het hulle op ‘n groot publieke manier misluk en die skande is te veel om daaroor te kom.

Geregtigdheid. Daar is so baie vir die huidige geslag jeug gegee dat hulle nie vir veel hoef te gewerk het nie. Waarom sou hulle aspireer om iets te doen as hulle ouers gewillig is om dit vir hulle te gee? Daardie soort opset is ‘n passie-doder. Dit ontspoor ‘n jongmens se fokus en selfdissipline en plaas hulle op die pad van teleurstelling en mislukking.

So, wat doen jy wanneer jy geroep is deur God om sy hoogste bestemming vir jou na te jaag – en jy misluk? Jy staan weer op! As jy dink jy is daarop geregtig dat God die werk vir jou doen, sal jy nie die innerlike bronne ontwikkel om te volhard nie. Ek het ‘n boodskap vir al sulke jongmense: Nie alles wat jy doen sal briljant wees nie, en dit is God se plan.

Die belangrikste van alles, moenie jou begeertes vrees nie. God het ‘n bestemming bedoel vir jou en jou alleen. Maar jy moet dit najaag om dit te vind. “Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word” (Matthéüs 7:7).

God het instruksies vir almal wat oorvloedige lewe in Hom sou vind.

God se Woord maak dit duidelik dat dissipline geloof moet vergesel. “Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys! Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie, maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd. Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap? Nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer, nog ’n bietjie hande-vou om uit te rus! So kom dan jou armoede soos ’n rondloper en jou gebrek soos ’n gewapende man” (Spreuke 6:6-11). Die beeld hier is nie baie wonderlik vir die luies nie. Maar vir die gedissiplineerdes, is daar geen gebrek aan God se koninkryksbronne nie.

Bo en behalwe dissipline is wysheid. Jy het waarskynlik al die uitdrukking gehoor, “Moenie net hard werk nie, werk slim.” As God jou geroep het om ‘n loodgieter te wees, moet jy dit ook goed wil doen. Jou sukses kan jou lei om ander in diens te neem, om franchises te begin en om uit te brei op vrugbare maniere. Ek ken ‘n heroïenverslaafde wat verlos was van sy verslawing en ‘n barbierswinkel begin het. Hy het ander voormalige verslaafdes in diens geneem om vir hom te werk en nou besit hy vier barbierswinkels. Al daardie plekke verskaf werk vir manne en vroue wat holisties herstel is tot die oorvloedige lewe wat God vir hulle het.

God het instruksies vir elkeen van ons om die lewe te vind wat Hy vir ons beplan het. Volg dit en jy sal die bestemming betree wat Hy vir jou het. Jy sal nie langer die lewe leef wat jy nie wil hê nie en jy sal die lewe vind wat God vir jou het. Oorvloedige lewe kwyn nie; dit sal daar wees om jou wakker te maak tot ‘n hoopvolle blydskap elke oggend. En jy sal jou dag bestee om ander lief te hê na hulle bestemming toe. Dit self is ‘n droom verwesenlik! Amen.