HERE, U IS MY GENOEGSAAMHEID

Gary Wilkerson

­­­­­“Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra” (1 Korinthiërs 10:13).

Paulus skryf vir die Korintiërs en hy stel hulle gerus. “Julle is amper gereed om te val? Julle voel julle kan nie voortgaan nie? Wel, skep moed want ek het ‘n goeie boodskap vir julle. Baie mense het al deur dieselfde versoekings gegaan as wat julle beleef, maar hulle was nie oorweldig daardeur nie!” Hoekom? Want God is getrou en sal ‘n uitweg voorsien.

God is getrou! Die mense om jou is dalk nie getrou nie; trouens, ek is nie getrou in my eie krag nie. Maar Jesus leef in ons en die geregtigheid van God doen sy werk in ons lewens.

Wanneer jy Jesus ontmoet, leef die saad van God in jou. Die bloed van die Lam wat geoffer was aan die kruis sal jou hernude krag gee en sodoende jou liggaam, verstand, hart en siel transformeer. Jesus neem besit van jou hart, verander jou, en maak van jou ‘n nuwe skepsel.

God sal ‘n uitweg voorsien! Ons kultuur bied baie maniere om uitkomste te kry, maar die Woord van God sê dat Jesus die uitweg is. God sal voorsien! Onthou toe Abraham met die berg opgegaan het om sy eie seun te gaan offer. Hy het in sy eie krag gegaan maar God het hom gekeer en gesê, “ Nie jou eie vlees nie, Abraham. Ek sal ‘n offer voorsien” (sien Génesis 22:12-13).

Maak nie saak wat jy vandag moet trotseer nie, jy kan op God vertrou om ‘n uitweg te voorsien – ‘n uitkoms. Kyk na Hom en erken, “Here, U is my genoegsaamheid. Deur U genade kan ek elke versoeking oorwin in my lewe: depressie, angs, woede, wellus en enige mag van die duisternis wat my aanval.”