ALGEHELE VERTROUE IN DIE VADER

David Wilkerson (1931-2011)

‘n Noodsaaklike skakel ontbreek in baie van ons se lewens, wat dikwels die rede is waarom ons nie antwoorde op ons gebede verkry nie. Geliefde, daardie verlore skakel is geloof. “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek” (Hebreërs 11:6).

Jakobus is baie duidelik in sy instruksies: “Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie” (Jakobus 1:6-7).

As ‘n mens twyfel toelaat, sal hy, maak nie saak hoeveel riviere van trane hy huil nie, niks van God ontvang nie. Natuurlik wil God hê ons moet tot Hom uitroep vanuit ons innerlike wese. Maar Hy hoor nie ons geroep nie, tensy dit vergesel word deur geloof!

Die psalmis is oorvloedig in sy getuienis van Dawid wat na God kom, nie met trane nie, maar met ‘n hart vol vrymoedigheid en algehele vertroue in sy Vader. “Geloofd sy die HERE, want Hy het die stem van my smekinge gehoor. Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp” (Psalm 28:6-7).

“Hy [die HERE] is ons hulp en ons skild; want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou” (Psalm 33:20-21).

Amper elke keer wat ons lees van Dawid se geroep na die Here in gebed, hoor ons sy getuienis van vertroue. Jy mag dalk ure in gebed deurbring, ween en pleit by God om vir jou te gee wat Hy reeds belowe het. Ons kan ons nie voorstel dat God moontlik ontevrede is met ons gebede nie. Nogtans is die Woord duidelik dat ons moet “vra in geloof, sonder twyfel.”

Geliefde, neem hierdie wonderlike waarheid in besit en laat God toe om jou op ‘n nuwe plek in gebed te bring.