STRALEND VAN BLYDSKAP

David Wilkerson (1931-2011)

DAWID het dapper verklaar, “God ...is die verlossing van my aangesig” (Psalm 42:11). Wanneer ons van aangesig praat, verwys ons na ‘n gesigsuitdrukking, selfs liggaamstaal en stemtoon. Dawid sê iets baie belangriks hier. Jou gesig is soos ‘n advertensiebord wat adverteer wat in jou hart aangaan – al jou blydskap of onrus word daar weerspieël.

Wanneer jou gedagtes belas is met die sorge die lewe, mag jy ‘n geneigdheid hê om te frons of selfs met hangskouers rond te loop. Op jou beste, mag jy besig lyk, met ‘n fronsende wenkbroue en ‘n hartseer voorkoms.

Ek dank God vir Sy groot verlossing – dat Hy ons gered het – maar baie van ons het ‘n Heilige Gees gesigsontrimpeling nodig omdat ons gesigte die verkeerde boodskap aan die wêreld oordra. Jy moet bewus wees dat jou voorkoms dít wat binne-in jou hart aangaan weerspieël – dit is die indeks van jou siel!

 “Die wysheid van ‘n mens verhelder sy gesig, en die hardheid van sy gesig word daardeur verander” (Prediker 8:1). Ek neem aan dat wysheid in hierdie vers Jesus Christus beteken. Trouens, die werklike teenwoordigheid van Christus in jou hart het ‘n direkte impak op jou gesig!

Net soos bekommernis en sonde ‘n mens se gesig kan verhard, net so kan die teenwoordigheid van die Here dit versag en ophelder. Wanneer ons ten volle op God se Woord vertrou en rus in sy liefde, sal ons voorkoms ‘n verandering ondergaan; ‘n stille kalmte sal begin om uit ons gesig te straal. Toe Hanna haar las neergelê het, was haar gesig was nie meer ingeëts met hartseer nie (sien 1 Samuel 1:18). Blydskap het uit haar gestraal! En toe Stéfanus voor die vyandige, woedende mans in die Joodse Raad gestaan het, het hulle gesien sy gesig het gelyk “soos die gesig van ‘n engel” (Handelinge 6:15). Stéfanus het tussen ongelowiges gestaan met die skynsel van Jesus Christus – en die verskil was vir almal duidelik!

Ek moedig jou aan om toe te laat dat jou voorkoms spreek van God se getrouheid in jou lewe vandag.