DIE REGTE TYD

Nicky Cruz

Eenkeer, toe Jesus van Judéa to Galiléa gereis het, het die apostel Johannes geskryf “Hy moes deur Samaria gaan” (Johannes 4:4). In werklikheid, hoef Jesus nie deur Samaria te gegaan het om Galiléa te bereik nie, dit is geografies gesproke. Omdat die Jode die Samaritane inderdaad gehaat het, het Jode dikwels die lang pad daar om geneem om daardie gebied te vermy. Maar Jesus het verplig gevoel om deur Samaria te gaan, omdat dit was waarheen die Gees Hom nou gelei het – Hy moes deur Samaria gaan, nie as ‘n geografiese saak nie maar as ‘n sendingsaak, uit gehoorsaamheid aan die Gees se leiding.

Toe Jesus Samaria bereik het, het Hy Sy dissipels voor Hom uit gestuur en Hy het langs Jakob se put gaan sit. Daar het Hy vir Sy goddelike ontmoeting met die Samaritaanse vrou gewag, waar Hy bonatuurlik alles oor haar onderskei het. Hulle gesprek het haar lewe vir altyd verander en sy het die wêreld se eerste evangelis geword en van Jesus getuig teenoor die mense van haar stad. Jesus het by hierdie Samaritane gebly vir nog twee dae en was in staat om talle ander tot saligheid te bring voor Hy verder gegaan het. Hierdie ontmoeting sou nooit gebeur het as Jesus nie die Gees se leiding gevolg het nie.

Later, in Galiléa, soos die tyd vir die Joodse Huttefees nader gekom het, het die broers van Jesus Hom aangepor om daarheen te reis “sodat u dissipels ook u werke kan sien wat U doen. Want niemand doen iets in die geheim en soek tegelykertyd om in iedereen se mond te wees nie. As U hierdie dinge doen, vertoon Uself aan die wêreld” (Johannes 7:3-4).

Maar Jesus was op ‘n ander skedule. Hy het hulle geantwoord, “Gaan julle op na die fees.Ek gaan nog nie op na hierdie fees nie, omdat my tyd nog nie daar is nie” (Johannes 7:8).

Weereens het Jesus gewag vir die toestemming van die Heilige Gees om op te tree. Hy het vir die regte tyd gewag om ‘n intrede te maak by die fees te maak en Sy wysheid en lering te openbaar aan die mense in Jerusalem. Hy het in werklikheid geweet, dat Hy die ware fees was – die Messias vir wie hulle gewag het. Hy self was die rede vir hulle viering, hoewel hulle dit nie besef het nie.

 

Nicky Cruz, ‘n internasionaal bekende evangelis en produktiewe ouditeur, het hom tot Jesus bekeer van ‘n lewe van geweld en misdaad nadat hy David Wilkerson in New York Stad ontmoet het in 1958. Die storie van sy dramatiese bekering was eers oorvertel in The Cross and the Switchblade deur David Wilkerson en later in sy eie topverkoper boek Run, Baby, Run