SY HET DIE SOOM VAN KLEED AANGERAAK

Gary Wilkerson

Daar is tye in die lewe wanneer dinge baie somber lyk, maar ons kan vir God sê, “Ek plaas al my geloof in U omdat, hoewel my situasie hopeloos lyk, is niks by U ontmoontlik nie (sien Lukas 18:27).

In Markus 5 lees ons dat Jesus op pad was na die huis van ‘n man genaamd Jaïrus en ‘n groot skare het Hom gevolg.

“En ‘n sekere vrou wat twaaf jaar lank bloedvloeing gehad het en veel onder baie geneeshere gely en al haar besittings uitgegee het sonder om enige baat te vind, maar eerder erger geword het, het van Jesus gehoor en onder die skare van agter gekom en sy kleed aangeraak” (Markus 5:25-27).

Die King James Uitgawe sê sy het die soom van Sy kleed aangeraak. En selfs al was haar toestand aan die vererger, het sy gedink, “As ek maar sy klere kan aanraak, sal ek gesond word” (vers 28).

Haar geloof het gesê, “Ek kan dit doen” en dan, “sal Jesus die ander deel doen.” Sy het na die onmoontlike gekyk en bevestig dat Jesus dit kon doen.

Ek hou van hierdie vrou se geloof. Sy het geen rede om geloof te hê nie, omdat niks wat sy gedoen het, gewerk het nie. Maar sy het uiteindelik hierdie een laaste hoop, hierdie een laaste begeerte vasgegryp. Sy het vir haarself gesê, “Ek wil net die soom van Sy kleed aanraak. Ek sal Jesus vasgryp!”

Sy het haar pad deur die skare gemaneuver en die soom van Sy kleed aangeraak – “En dadelik het die fontein van haar bloed opgedroog, en sy het aan haar liggaam bemerk dat sy van haar kwaal genees is” (Mark 5:29).