ALLES WERK TEN GOEDE MEE

David Wilkerson

Paulus skryf, “In alles word ons verdruk. . . verleë . . . vervolg . . . neergewerp, maar nie vernietig nie” (sien 2 Korinthiërs 4:8-9).

“In alles word ons verdruk” – Kan jy jouself met hiermee identifiseer? Dit mag wees dat jy dit tans ervaar. Miskien beleef jy fisieke pyn, huweliksprobleme, finansiële probleme of bekommernisse oor jou kinders. Die lewe kan soms totaal oorweldigend wees.

Dit is in werklikheid moontlik om binne God se volmaakte wil te wees en steeds soms neerslagtig te wees. Ons kan in die middel van sy wil wees en steeds verleë, beswaard en vervolg wees.

Sommige Christene word vir so lank al van alle kante af verdruk dat hulle dink, “Dit kan nie van God wees nie. Dit is te veel om te verduur. My lyding en beproewing het al vir te lank aangegaan en ek voel heeltemal verlate. Die Here moet besig wees om my te straf oor vorige sondes. Daar is geen ander verduideliking nie.”

Paulus gee vir ons drie wonderlike waarhede waaraan hy vasgehou het, om te keer dat hy wanhopig raak:

“Maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe” (2 Korinthiërs 4:16).

Hoor die waarheid wat Paulus aan ons verkondig:

“Ja, al hierdie baie moeilikheid en beproewinge put ons uiterlike liggame uit. My vlees word inderdaad stadiger. Maar, terselftertyd, gebeur iets wonderliks in my siel. Al hierdie dinge werk ten goede in my mee en ek groei in my kennis van die Here en sy weë.”

Paulus het geweet dat Hy in God se volmaakte wil gewandel het. Hy het besef dat al sy beproewinge nie gebeur het omdat God toornig teenoor hom was nie. In teendeel, Paulus het meer as ooit geweet dat die Here hom baie liefgehad het.

Kortliks, Paulus het sy huidige toestand omhels. En hy was besig om geduld te leer: “Want julle het lydsaamheid [geduld] nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry” (Hebreërs 10:36).