Wie het gesê dat u onwaardig is?!

Wie het vir u gesê dat u onwaardig is - sleg, nutteloos, en van geen waarde vir God nie? Wie hou aan om u te herinner dat u swak, hopeloos, en 'n totale mislukking is? Wie het vir u gesê dat u nooit aan God se standaarde sal voldoen nie?

Ons weet almal waar die stem vandaan kom: Dit is die duiwel homself! Hy is die een wat u daarvan oortuig dat God kwaad is vir u. U hoor sy leuens die hele dag lank - en hulle kom uit die put van die hel!

Wie vertel koorlede dat hulle dit nie waardig is om lofliedere aan God in Sy huis te sing nie? Wie vertel aan musikante dat hulle dit nie waardig is om instrumente van aanbidding te bespeel nie? Wie vertel aan die ouderlinge, diakens, Sondag skool onderwysers, vrywillige werkers, mense in die bediening, mense in die kerkbanke dat hulle onwaardig is? Wie herinner hulle aan elke sonde en mislukking, en kla hulle aan: "Julle het onrein hande, 'n onrein hart! Jy het geen reg om die heilige dinge van God aan te raak nie. Jy is 'n verleentheid vir die Here!"

Dit is die vervolgingsstem van die duiwel - die aanklaer van die broers! Hy sê vir u, "God kan jou nie gebruik totdat jy gaan sit en hierdie dinge uitgesorteer het nie. Jy kan nie eens in Sy huis verskyn totdat jy jouself waardig gemaak het nie!"

Baie mense wat nou hierdie boodskap lees is deur die duiwel daarvan oortuig dat hulle onwaardig is om ooit deur God gebruik te word. Beskryf dit u? Miskien voel u onwaardig om selfs 'n kind van die Here genoem te word. As u na u geestelike lewe kyk, is al wat u sien wisselvalligheid. En die vyand hou aan om u in 'n konstante spervuur met leuens te stuur - u aan u mislukkings te herinner, en u gees aan te kla.

Nou het u begin dink, "Ek het die Here lief met alles wat in my is. Maar daar is steeds tekortkominge in my lewe! Ek is nie 'n standvastige getroue dienaar nie. Ek moet nog steeds teen groot versoekinge veg, dinge wat my mismoedig maak. Ek sal nooit teen ander kan opweeg nie. Ek sal nooit wees wat God bedoel het dat ek moet wees nie - en wat ek wil wees nie!"

Laat ek eers hier stop en iets aan u bely: Ek het nog nie een keer, in al my jare van in die bediening wees, waardig gevoel vir die hoë roeping om 'n prediker te wees nie! Dwarsdeur die jare in diens van God, is ek al deur 'n spervuur van aanklagte dat ek nie waardig is om vir God te praat nie - onwaardig om te preek, om ander te leer, en om 'n leier te wees.

Tog weet ek nie van enige opregte Christen wat al ooit deur God gebruik is wat dit nie ervaar het nie. William Bradford, die groot Puriteinse prediker, het gesê, "Soms dink ek dat ek die swartste hart in die hele Europa het." Hy het aanhoudend die aanklagte gehoor dat hy totaal onwaardig is. En elke keer as hy gepraat of gepreek het, het iets in sy maag omgedraai - 'n angs, 'n vrees, 'n bewing om voor mense te staan. Daardie prediker het 'n ongelooflike onwaardigheidsgevoel gehad!

Natuurlik is dit so, dat ons in ons vlees onwaardig is. Ons kan nooit waardig wees op ons eie nie. Maar baie gelowiges laat Satan toe om hulle van die kosbare lewe te beroof deur die leuens van Satan te glo oor hoe God hulle sien. Hulle glo dat hulle nooit waardig sal kan wees in Sy oë nie.

Wanneer sulke verslae Christene die sterk prediking teen sonde en kompromieë hoor, val hulle onmiddelik onder veroordeling. Hulle dink, "Ek is nog steeds swak. Ek het nie totale oorwinning nie. Ek is vasgevang in 'n onophoudelike oorlog!"

Dan kom 'n nuwe gedagte: "Jy moet gaan sit - en uit alle diens padgee - totdat jy dinge regkry. As jy aanhou probeer om God se werk te doen en te aanbid terwyl jy in die toestand is, sal jy geoordeel word!"

Elke nou en dan, is dit nodig vir sommige pastore om aan die kerklike werkers te sê "sit eers" - om hulle bediening eers te laat staan - sodat hulle sekere aspekte van hulle lewens eers in order kan kry. By Times Square Church, doen ons dit wanneer iemand blind is vir sy sonde en nie sien dat dit verkeerd is nie. En somtyds moet ons dit doen as 'n persoon openlik in sonde leef, met geen teken van berou nie. Daarmee moet gedeel word.

Maar ek praat van iets totaal anders - iets wat elke Christen mee moet deel. Die feit is, as elke kind van God na die aantuigings van die duiwel luister, sal alle bedienings totaal en al gesluit moet word! Daar sal geen kerk wees nie - omdat daar niemand op die preekstoel sal wees nie, niemand wat in die koorbanke sal sit nie, niemand wat die plekke sal aanwys nie, geen Sondag skoolklasse nie - en niemand in die kerkbanke nie! Ons sal almal uit die seëninge van God uitgelieg wees - en die Here sou nie die lof van ons ontvang wat Hom toe kom nie.

st Vraag: Kon Satan u verhoed om die brief oop te maak? Het sy gewone aantuigings u daarvan weerhou om hierdie boodskap van my te lees? Dis duidelik dat hy dit nie reggekry het nie, want u lees dit nou.

de Vraag: Kon Satan dit regkry om u halfpad oppad kerk toe te stop, u kop met aantuigings te vul, u laat omdraai het en huis toe gestuur het? Het hy u oorval met gedagtes soos: "Jy kan nie vandag kerk toe gaan nie - jy kan nie in die koor sing nie, jy kan nie Sondag skool gee nie, jy kan nie die nagmaal gebruik nie, of in die bank sit en God aanbid nie - omdat jy dinge nog nie heeltemal reg het nie! Jy het nog steeds ongelykhede, sondige begeertes in jou lewe. Jou hart is nog nie gereed om die woord te hoor nie!"
Selfs al het u nie op daardie spesifieke Sondag kerk toe gegaan nie, is ek seker dat die duiwel dit nie kon regkry om u vir te lank weg te hou nie.

de Vraag: Nadat u by die kerk aangekom het, 'n paar gelowiges gegroet het en die kerkgebou binnegestap het, het die duiwel u daarvan verhinder om in te gaan? Het hy u kop gevul met gedagtes soos, "Ek is dit nie waardig om die Here vandag te aanbid nie, ek het nog te veel gevegte aan, te veel stryd wat onafgehandeld is. Ek kan nie my hande ophef in aanbidding terwyl die dinge aan die gang is in my binnekant nie!"
Het u toe u jas gegryp, jou familie bymekaar gemaak en huis toe gegaan? Miskien nie. Heel moontlik, weet Satan dat hy u nie kan stop om uit die bed op te staan nie. Hy weet hy kan u nie daarvan weghou om kerk toe te gaan nie. En hy weet dat hy u nie kan laat omdraai as u eers daar is nie. Daarom spaar hy al sy gif vir die oomblik as u voor ander staan en sing, "Blessed be the name of the Lord! Magnify his name. Majesty!"

Satan weet dat ons ons daarin verheug om God te prys. En hy weet God het groot vreugde in ons aanbidding. Die Here sê van sy mense: "Maar aangaande die heiliges wat op die aarde is, sê ek: Hulle is die heerlikes in wie al my behae is? " (Psalm 16:3 1953 vertaling) Die Here verheug hom in ons lofprysing!

En dit is presies wat die duiwel wil hê. Hy weet hy kan u nie in die arms van 'n bordeel eienaar of 'n prostituut injaag nie. Hy kan u nie verlei om in 'n kroeg of nagklub in te stap nie. Nee - hy weet u groot vreugde lê daarin om God te aanbid. En hy begeer bo alles om daardie aanbidding te vernietig!

Dit is waarom hy sy sterkste vorste en magte stuur om u in God se huis aan te kla. Ek glo leuengeeste is uit op 'n sending teen elke toegewyde gelowige wat 'n kerk bywoon waar die evangelie in waarheid verkondig word.

Die leuengeeste probeer enigiets om u aanbidding te saboteer. Hulle aanklagte hou nooit op nie: "Jy het geen reg om 'n heilige God te aanbid nie. Jy het nie volkome oorgawe nie, selfs na al die jare. Jou vreugde is oneg. Jy gee voor - dit is alle net toneelspel! Kyk na jou, jy sing en aanbid God, en tree so vroom op. Jou onwaardige, sondige bedrieër! Sit en bly stil. As mense maar net weet wat jy regtig is - die grappe waarna jy luister by jou werk, die onbeskofte dinge wat jy vir jou huweliksmaat sê, die manier waarop jy op jou kinders gil. Jy het Jesus op jou lippe, maar Judas in jou hart!"

U word geruk deur hierdie sissende stem. Dan begin die preek - en met alles wat die prediker sê, kom die sissende geluid weer: "Ha! Hy praat al weer van jou, hy ontbloot jou. Jy kan nie aan God getrou wees selfs vir 'n week nie. Wanneer jy ook al 'n oorwinning smaak, hou dit net vir 'n paar dae - maar dan is jy weer terug by jou ou weë. Jy sal nooit verander nie. Jy is 'n struikelblok vir die ander gelowiges. Jy gaan die salwing hier vernietig!"

Jy word deur hierdie leuens veroordeel! Die duiwel het daarin geslaag om u te laat glo dat God kwaad is vir u - dat u die Heilige Gees bedroef het. En dit is presies wat Satan wil hê moet gebeur!

Ek het onlangs die storie gelees van 'n man wat ek geken het, 'n tent evangelis. Die predikant was valslik beskuldig van belastingontduiking. Hy was totaal onskuldig - in teendeel, hy was vrygespreek. Maar voordat dit gebeur, het hy drie jaar in die tronk spandeer.

Praat daarvan om onwaardig te voel. Die man was verneder. Hy was 'n welbekende prediker, 'n profeet, 'n siele wenner - maar nou sien almal hom as 'n skelm. Hy is gespot en bespotlik gemaak selfs deur sy mede prisoniers. Soos hy deur die tronk grond gestap het, het hy gedink, "Ek moes iets verskrikliks gedoen het - iets waarvan ek nie weet nie - wat die Here baie kwaad moes gemaak het dat Hy dit aan my gedoen het. Hy het 'n bespotting van my gemaak voor die hele wêreld. Ek verstaan dit nie!"

Hy het so onwaardig, so teneergedruk gevoel, dat hy selfmoord oorweeg het. Toe, hy op sy laagste gevoel het - totaal hopeloos, en deur God verlaat - het die Heilige Gees hom in sy sel besoek. Die Gees het hom aan die skrifgedeelte herinner: "want die Seun van die mens het nie gekom om die mense se lewe te verderf nie, maar te red. En hulle het na 'n ander dorp vertrek." (Lukas 9:56, 1953 vertaling) Die Here het aan hierdie moeë man gefluister, "My seun, ek het jou nie hierheen gestuur om jou te vernietig nie. Ek het jou hierheen gestuur om jou te red."

Skielik het die Gees oor die prediker gekom en hom aangespoor om vir die siekes te bid. Hy het begin om elke dag vir sy medegevangenes te bid - en hulle het begin om hom te vra om vir hulle te bid. Nie lank daarna nie of die tronk amptenare het hom gevra om vir hulle families te bid. Hy het vinnig 'n model gevange geword - een van die mees uitstekende gevangenes in die geskiedenis van daardie tronksisteem.

Daarna het daar 'n ongelooflike ding gebeur. Die prediker het uit die skool gegaan op 'n jong ouderdom, en het nooit geleer om te lees nie. Al wat hy geweet het om te lees was klein gedeeltes van die Bybel. Soos hy die Bybel bestudeer het in sy sel, het die woorde begin oopgaan vir hom - en hy het geleer om te lees. Hy het God se woord begin bestudeer, en die Heilige Gees het die Bybel aan hom geopen op 'n wonderbaarlike manier.

Die man het uit die tronk gekom as 'n held. Hy het 'n aanraking van God op sy lewe gehad wat hy nog nooit voorheen ervaar het nie. Vandag preek hy tot die menigtes oral oor in die wêreld. En om te dink - Satan het probeer om hierdie wonderlike dienskneg van God te vernietig deur aan hom te vertel dat hy onwaardig is!

Ons moet met die waarheid begin! God is nie daarop uit om ons te vernietig deur versoekinge in ons lewe toe te laat nie. Nee - Hy het ons liefgehad selfs toe ons nog in sonde geleef het, en van hom verwyder was. Hy is nie teen ons nie, maar vir ons. Hy wil net goed doen aan ons!

Ek weet waarvan ek praat. Jare gelede, moes ek veg teen Satan se leuens aangaande my roeping in die bediening. Dit het gebeur tydens die beginjare van Teen Challenge se bediening in New York. Ons werk met dwelmverslaafdes en alkoholiste het my baie besig gehou, en ek moes gereeld reis om fondse in te samel net om die bediening aan die gang te hou.

Gedurende daardie tyd het Sister Kathryn Kuhlman my gevra om te preek by 'n veldtog in Los Angeles. Net voordat ek na die Weskus vertrek het, het ek 'n verskriklike argument met my vrou, Gwen, gehad. Ek het haar in trane agtergelaat toe ek na die lughawe gery het.

Tydens die vlug na Los Angeles, het ek verontrus gevoel in my gees. Ek het 'n paar dinge vir Gwen gesê, wat haar baie seer gemaak het. En bo op dit alles, het ek nog nooit daarvan gehou om te vlieg nie. Teen die tyd dat ek in California aangekom het, was ek afgerem en moeg, teneergedruk en het ek baie skuldig gevoel.

Die nag, toe ek opgestaan het om voor die duisende mense te preek, het Satan se stem letterlik in my kop geskree: "Jy is die grootste bedrieër in Amerika! Hoe kan jy hier staan en voorgee dat jy so heilig is? Hoe kan jy vir hierdie menigte preek, terwyl jy teen jou vrou afgegaan het en haar in trane agtergelaat het? Jy is nie 'n oorwinnaar nie - jy is 'n kompromis. Jy is vals!"

Ek het in die preekstoel versteen. Die aantuigende stem was so hard in my kop. Ek kon dit nie afskud nie. Dit was al wat ek gehoor het. In teendeel, ek het amper self die woord "Bedrieër!" geuiter.

Ek het net daar gestaan dronkgeslaan. Ek kon nie preek nie. Ek het omgedraai en na Sister Kuhlman gekyk, wat ook verward gelyk het. Ek het saggies gebid, "Here, help my. Wat gaan aan?" Einde ten laaste, het ek my Bybel toegemaak - en ek het van die preekstoel weggestap. Soos ek agter die skerms ingestap het, het die stem voort gegaan met sy leuens: "Jy is onwaardig om te praat! Jy het geen reg om die evangelie te preek totdat jy jou lewe uitgesorteer het nie."

Sister Kuhlman het vir my gevra, "David, wat is verkeerd?" Ek het geantwoord, "Ek is jammer - ek kan nie preek nie. Ek is 'n bedrieër! Ek weet nie of ek dit ooit weer waardig sal wees om te preek nie."

In die vliegtuig oppad terug na New York, het ek selfs meer verslaan en onwaardig gevoel. Al waaraan ek kon dink was al die areas in my lewe waar ek nog gesukkel het - soos my humeur, my gierigheid. Ek weet dat die Here al met my gedeel het rondom die dinge - en tog het dit nog steeds nie gelyk asof ek oorwinning oor die dinge het nie. Ek het gedink dat ek nooit aan die standaarde sal voldoen nie. Voordat die vliegtuigrit oor was, het ek geglo dat ek totaal onwaardig was om in die bediening te wees.

Satan het daarin geslaag om my onwaardig te laat voel in God se oë. Ek het sy aanklagte geglo - leuens wat reguit van die hel gekom het. Maar dank God - nadat ek huis toe is en dinge met Gwen reggemaak het, en tyd in gebed deurgebring het, het die Here in my siel gefluister en my verseker van Sy liefde vir my.

Soos ek teruggegaan het na die strate om te preek, het God my vertroue in Sy genade en liefde herstel. Ek het in die krag van Jesus se bloed begin vertrou om my te reinig - en het al die leuens en aantuigings van die duiwel teen my erken. Elke keer as hulle na my toe gekom het, het ek dit eenkant toe gestoot!

Het u na Satan se leuens geluister oor u wandel met Jesus? Het u begin dink dat u onwaardig is - dat u God nie kan aanbid nie totdat u alles perfek gemaak het? Ek het goeie nuus vir u: U weet reeds dat Satan 'n leuenaar is - maar ek kan aan u bewys dat Jesus u waardig gemaak het! Hy het u gereinig - gereed om voor Hom te staan en Hom getrou te dien.

U mag dalk vra, hoe word ek waardig gemaak? U is waardig gemaak deur Christus se offer aan die kruis! En dit gee u die volste reg om God te aanbid en Hom te dien.

"Sodat julle tot eer van die Here sal lewe deur net te doen wat Hy verlang. Mag julle vrugte dra deur goeie werke en toeneem in die kennis van God. Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. Met blydskap moet julle die Vader dank wat julle geskik gemaak het om deel te hê aan die erfenis wat vir die gelowiges wag in die ryk van die lig. Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. Deur die Seun het ons die verlossing verkry, die vergewing van ons sondes" (Kolossense 1:10-14).

Die Griekse weergawe van die gedeelte is: "Die Vader het ons bekwaam gemaak, waardig, gekwalifiseerd in karakter - goed genoeg om deelnemers te wees in die erfenis van die gelowiges van lig."

Wat Jesus aan die kruis gedoen het kwalifiseer u vir ewige erfenis! En as God u vir die ewige lewe gekwalifiseer het, dan het Hy u ook bekwaam gemaak in u karakter. U kan maar "uit tree" uit u bediening vir 'n maand, 'n jaar, 'n hele leeftyd - deur te probeer om u bekwaam te maak vir Hom, om aan u karakter te werk, om goed genoeg te word om deur God gebruik te word. Maar u kan uself nooit kwalifiseer nie!

Selfs al was dit vir u moontlik om oorwinnings oor elke verkeerde ding wat u al in u lewe gedoen het te verkry, elke verkeerde gedagte wat u gehad het, sal u nog steeds nie in God se oë gekwalifiseerd wees nie. Dit is onmoontlik. Waarom? God sal nie enigiemand se geregtigheid aanvaar nie - behalwe die van sy eie Seun, Jesus Christus!

U kan nie die regverdigheid van Christus ontvang deur daarvoor te werk nie. Die enigste manier om dit te verkry is deur dit te glo en God daarvoor te vertrou. Dit kom na u deur geloof. U sien, nie alleen word u gered deur die geloof nie - maar u word ook deur geloof gereinig, geregverdig gemaak deur geloof, heel gemaak deur geloof, bewaar deur geloof. Dit alles gebeur deur geloof in wat Jesus gedoen het!

Nou kan u sê, "Ek het dit nog nie bereik nie - my vlees weerstaan nog steeds die Gees - maar ek is vrygekoop deur my Redder se bloed. Ek gaan sing en lofprysings bring aan God!"

Ek vra u - klink dit soos die gebed wat u elke oggend bid? Miskien nie. Heel moontlik begin u u dag deur maniere te soek om aan te hou streef. U belowe God dat u nooit weer sal terug gaan na u ou weë nie.

As u 'n toevallige oorwinning behaal, voel u goed daaroor. U sê vir uself, "Ek het dit gedoen! Ek weet as ek net my gedagtes en my hart op die saak stel, sal ek die oorwinning kry." En nou is die geneigdheid om so trots te voel oor wat ons gedoen het, dan stap ons rond en oordeel andere wat nie in oorwinning leef nie.

Deur die jare het ek geleer dat sommige van die mees boosaardige veroordelende Christene diegene is, wat self-verklaarde oorwinnings behaal het, wat eintlik slegs gedeeltelike oorwinnings was. Die mense het gedink dat hulle oorwin het - maar die waarheid was dat hulle het net hulle sondige gewoontes onderdruk het. Die gewoontes was diep onder begrawe - en later het dit uitgebars en sterker geword.

Toe ek jonger was, het ek wanneer ek oorwinning oor iets nodig gehad het, myself daarvan oortuig, "Ek gaan dit doen al maak dit my dood" - en dit het my amper doodgemaak! 'n Maand sou verbygegaan het, en ek het gedink, "Daardie begeerlike gedagtes is nou weg. Ek is vry!" Maar dit het altyd bewys dat dit net 'n gedeeltelike oorwinning is.

Dit is wanneer mismoedigheid intree. Ek sou uitroep, "O, God, ek pleit U om my vry te maak, maar U het nie. Hierdie ding is steeds in my!" En ek sou God daarvoor blameer.

Die feit is, ek was so besig om in my vlees te strewe na geregtigheid dat ek my begrip van ware geregtigheid verloor het. En dit is, die enigste geregtigheid wat die Vader aanvaar, die van Sy Seun, Jesus Christus! Slegs een man staan regverdig voor God - en dit is Jesus. En as ons voor die Vader staan, aanvaar hy ons slegs deur Christus - deur sy geregtigheid en oorwinning.

U dink seker nou, wat moet ek doen? Eerstens, moenie na die duiwel se leuens luister nie. En tweedens, staan op u geestelike voete - en begin om die Here te prys! Sê, "Deur my geloof in die bloed van Jesus, ontvang ek die regverdigheid van Christus. Hy het my bekwaam gemaak, gekwalifiseerd, om my Here te aanbid en te dien!"

"Deur die Seun het ons verlossing verkry, die vergewing van ons sondes." Verlossing beteken, "vrygemaak". Ons is vrygemaak deur Jesus se kosbare bloed. En ons het die reg om teen enige aanklag te staan en te sê, "Ek gaan dit nie koop nie, duiwel! Jy het my nou vir die laaste maal aangekla. My Bybel sê dat ek vrygekoop is omdat ek glo in wat Jesus vir my gedoen het aan die kruis. Ek bely my sonde aan hom, en ek is vrygekoop - gekoop, vry!"

Dan kom Satan na jou toe en fluister, "Wat van daardie sonde waaraan jy gister toegegee het? Jy is skuldig!"

Dan kom Satan na jou toe en fluister, "Wat van daardie sonde waaraan jy gister toegegee het? Jy is skuldig!"

U kan antwoord, "Nee - ek het reeds vergifnis gevra daarvoor. En ek het God gevra om 'n afsku in my te sit om my daarvan te weerhou om dit ooit weer te doen. Dit is alles onder Sy bloed!" "Maar u word steeds versoek!"

"Dit is waar. Maar Jesus het vir my 'n uitweg gegee. Sy woord sê dat dit vir my moontilk sal wees om die versoeking te weerstaan. Hy sal my verlos, omdat Hy belowe het dat Hy sal."

"Maar God het nog steeds iets teen jou! Daar is nog steeds onopgeloste sake in jou lewe."

As die aanklaer 'n "onopgeloste saak" uitbring - 'n oorlog wat steeds in jou binnekant aan die gang is - dan kan u antwoord met die volgende gedeelte:

"Ook julle was voorheen ver van God af en vyandiggesind teenoor Hom, soos blyk uit julle sondige lewenswyse. Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel" (vers 21 - 22).

U kan sê, "Selfs toe ek nog in my gedagtes vervreemd was deur verskriklike, boosaardige werke . selfs toe ek nog in die put van wellus was . selfs toe ek nog een van God se grootste vyande was, die Bybel sê dat Hy my lief het. Hy het my uitgesoek en my met Homself versoen.

"Nou, het Hy my van die koninkryk van duisternis na die koninkryk van die lig oorgebring. Hy het my in vrede gebring met hom. Hoeveel meer het Hy my nie nou lief, noudat ek met Hom versoen is nie, selfs al sukkel ek? Hy het my lief!"

Daar is een ding wat ons aanhoudend beroof van ons vreugde en vrede met God. Dit is ons eindelose strewe daarna om Hom te behaag met ons vleeslike pogings! Ons is gedurig besig om die Here te probeer behaag met ons menslike krag - maar dit sal nooit genoeg wees nie. Alle oorwinnings sal van korte duur wees, en die volgende keer dat ons versoek word, sal ons selfs verder val.

Die Bybel noem ons pogings "probeerslae om jou eie regverdigheid te vestig". "Hulle het hulle nie gesteur aan die manier waarop God mense vryspreek nie. Hulle wil niks van God se manier van vryspraak weet nie; hulle probeer dit op hulle eie manier kry" (Romeine 10:3). Dit is ons vlees aan die werk!

God wil hê dat u bo elke leuen van Satan uitstyg - dat u vrygemaak kan word van die put waarin hy u toegesluit het. Hier is drie van Satan se skelmstreke waarteen u moet waak.

Satan hou aan om u sonde terug te bring om u oë van u Redder af te haal.

Die duiwel wil hê dat u so gefokus moet wees op u siekte dat u die krag van die Geneesheer moet vergeet. Hy wil hê dat u moet vergeet dat God u Verlosser is - dat Hy aan u kant is om u te red, en nie om u te vernietig nie!

Hier is hoe u hierdie leuen moet antwoord: "Nee, duiwel, ek is nie vry van die teenwoordigheid van sonde nie. Dit sal altyd teenwoordig wees in my vlees. Maar ek is vry van die veroordelende krag van sonde!" Satan kan u lastig val, u uittart, u aankla - maar hy kan u nie veroordeel nie. Hy kan allerhande aanklagte na u gooi - maar hy kan nie u siel aanraak nie!

Satan kan u lastig val, u uittart, u aankla - maar hy kan u nie veroordeel nie. Hy kan allerhande aanklagte na u gooi - maar hy kan nie u siel aanraak nie!

Die wet kan u nie veroordeel nie, maar Christus volbring die wet. Goddelike oordeel kan u nie veroordeel nie, omdat Christus al God se oordele geheilig het. Geen sonde kan u veroordeel nie, omdat elke sonde onder die bloed is. En u gewete kan u nie veroordeel nie, omdat Christus groter is as u gewete. U is dus volkome vergewe - en het niks agtergelaat om u te veroordeel nie!

U mag dink, "Ek was oorval deur 'n wellus - oorval teen my wil. Dit het net oor my gekom, en ek het weer geval!"

U is oorval deur die sonde wat u by God gepleit het om u van vry te maak. Laat ek u vra. Het u daarteen uitgeroep?

Die Ou Testamentiese wet sê dat enige vrou wat "in die vlees gevang word" en oorrompel word deur 'n man sal onskuldig wees as sy sou uitroep vir hulp (sien Deuteronomium 22:23-27). Maar as sy nie sou uitroep nie - dit is, as sy dit nie teëgestaan het nie - sou sy gestenig gewees het.

Dit is 'n prentjie van wat die vyand aan ons doen: Hy kom teen ons te staan soos ons in die werk van die Here staan en oorval ons met versoekings. Tog, in daardie oomblik, moet ons tot die Here uitroep vir hulp. Die volgende keer as u op so 'n plek is, maak u gebed 'n uitroep: "Here, ek haat dit. Ek wil dit nie hê nie. Help my!" U uitroep sal u onskuldig hou!

Hou die duiwel aan om u aan te kla omdat u oorval was, en misbruik van u gemaak is? U moet in die gees opstaan en uitroep, "Here, U ken my hart. Ek haat hierdie sonde. Dit was nie iets wat ek wou gehad het nie. Ek roep na U uit nou - en ek sal aanhou uitroep na U!"

Ons moet ons skuld bely oor ons mismoedigheid oor ons sonde..

As ons mismoedig word, is dit die bewys van twee dinge: ons onkunde van die genade van God, en ons ongeloof in Sy liefde vir ons. Beide van hierdie is sonde!

As u mismoedig is oor u sonde, beteken dit dat u nie in God se liefde vir u tydens u tyd van mislukking glo nie. U leef in opsetlike onkunde van u Vader se volle aanvaarding van u. En u moet u skuld bely!

As u net kon verstaan hoe groot u Vader se genade teenoor u is, sou u weet dat Hy u liefhet selfs al faal u Hom. Dan kan u sê, "O, God, vergewe my! Ek was so mismoedig as gevolg van my sonde. Ek het nie in U genade en vergifnis geglo nie!"

Nee, ek is dit nie waardig om hierdie boodskap te skryf nie. En u is dit nie waardig om u hande na God uit te steek in aanbidding nie. Niemand is dit waardig nie - nie in ons eie menslike krag en mag nie. Maar Jesus het vir ons gesê, "Ek het u waardig gemaak." En nou kan ons staan en in Sy Naam sê, "Ek is waardig - deur die bloed van die lam!"