WAT JESUS TOT AKSIE LAAT OORGAAN

David Wilkerson (1931-2011)

Die meeste Christene wat vandag leef, sou graag wou dink dat hulle soos Jesus, “innig jammer voel” vir mense. Gedurende sy tyd op aarde, was Jesus die verpersoonliking van God se deernis. Die Skrif sê dikwels dat Christus “innig jammer gevoel het” vir die lyding van mense. En as dit die geval was in die eerste eeu, watter groot smart moet daar nie nou in ons Here se hart wees nie.

Die Bybel sê vir ons, “Sy barmhartighede het geen einde nie” (Klaagliedere 3:22). “Maar U, HERE, is ‘n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou” (Psalm 86:15).

Maar deernis is meer as net jammerte of simpatie; dit is meer as om tot trane gedryf te word of emosioneel aangeraak te word. En dit verg meer as om openlik te praat teen die boosheid agter verskriklike misdade. Deernis beteken jammerte en barmhartigheid vergesel met ‘n begeerte om te help om dinge te verander. Ware deernisvolle gevoelens dring ons om iets te doen.

Dit word geïllustreer in die deernis wat Jesus in die evangelies betoon het. Op een stadium het Hy na die woestyn vertrek om te bid. Toe die menigtes uitgevind het waar Hy Hom bevind het, het hulle Hom gevolg en uit desperaatheid, het hulle vir Hom hulle kreupeles, blindes, sterwendes en hulle duiwelbesetenes gebring. En wat het Jesus gedoen? Die Bybel sê vir ons: “En toe Jesus uitgaan, het Hy ‘n groot skare gesien en innig jammer vir hulle gevoel, en Hy het hulle siekes gesond gemaak” (Matthéüs 14:14). Dit is ‘n voorbeeld van deernis!

Sou Jesus belemmer gewees het deur ons hedendaagse denke, sou Hy dalk sy dissipels saamgeroep het vir ‘n komiteevergadering of probeer het om die probleme te analiseer. Of Hy sou gesê het, “Ek is baie moeg en Ek moet met my Vader praat. Ek voel julle pyn voel en die dissipels en Ek sal vir julle bid. Gaan nou in vrede.”

Maar Jesus het meer as net gepraat. Sy gevoelens van jammerte en simpatie het Hom tot aksie aangespoor. Hy het gesê, “Ek sal alles doen wat Ek kan om ‘n verskil te maak.”

Laat ons versigtig wees dat ons harte nie ongevoelig word en gewoond raak aan die behoeftes van diegene rondom ons nie.