Wat gebeur met die kerk as predikers nie meer teen sonde preek nie

U ken waarskynlik die verhaal van Dawid en sy owerspel met Batseba, en haar gevolglike swangerskap. Die oomblik dat sy bewus geword het van haar toestand het sy vir Dawid ‘n nota gestuur: “Ek is swanger.”

Toe Dawid die boodskap kry, het hy paniekerig geraak. Sy reputasie as ‘n godvresende opregte man was in gevaar. Hy was ‘n man wat meer as 3,000 psalms en geestelike liedere geskryf het. Hy was God se vegter wat Israel se vyande verslaan het. Hy het aan die wêreld getoon, wat dit was om ‘n opregte hart teenoor God te hê.

Maar nou, in sy paniek, dink hy nie net aan sy eie reputasie nie, maar aan die Here sin. As sy sonde ontbloot word, sal dit aan God se Naam gekoppel wees. Visioene van ‘n yslike skandaal het hom bedreig. Daarom het Dawid ‘n plan gemaak om sy verhouding met Batseba te verbloem. Hy begin deur ‘n boodskap na Joab, sy leërowerste, te stuur: “Stuur vir Urija, die Hetiet, hiernatoe.” (2 Samuel 11:6)

Urija was Batseba se man, ‘n voetsoldaat in Israel se leer. Klaarblyklik was Urija ‘n lid van Dawid se keurtroepe, want in die Skrif word sy naam genoem as een van Dawid se sewe-en-dertig dapperste helde. (2 Samuel 23:39)

Toe Joab hierdie boodskap ontvang, moes hy agterdogtig gewees het. Hy het Dawid geken, en sy wellustige neigings. Nogtans stuur die generaal vir Urija na Jerusalem om te hoor wat Dawid te sê het.

Die oomblik toe Urija aankom, ontvang Dawid hom in sy koninklikie paleis en begin dadelik met ‘n militêre gespreek. Hy vra: “Hoe gaan dit met die geveg? Hoe gaan dit met Joab?” Urija moes gewonder het, “Wat beteken dit? Ek is maar net ‘n soldaat. Ek het niks gedoen om soveel aandag te ontvang nie.” Of miskien was hy ook agterdogtig. Hy kon stories gehoor het oor die verhouding (alhoewel) die Skrif nie sê of dit algemene bekend was nie.)

Die waarheid was dat Dawid vir Urija wou gebruik. Hy het gedink dat sy probleem opgelos kon word, as hy net vir Urija vir een nag by Batseba kon laat slaap. Dan sou Urija dink dat hy die swangerskap veroorsaak het. Toe sê Dawid: “Jy het lank en hard geveg, gaan nou maar huistoe en rus ‘n bietjie.” Maar toe Urija uitgaan, het hy nie huis toe gegaan nie. Hy het by die poortwagte buite die paleis gaan slaap. Toe Dawid die volgende dag daarvaan hoor, roep hy Urija terug: “Waarom het jy nie by jou vrou gaan slaap nie?”

Urija antwoord: “Sou ek huistoe gaan om te eet en fees te vier en by my vrou te slaap terwyl Joab en u soldate in die oop veld moet slaap. Ek sal dit beslis nooit doen nie.” (2 Samuel 11:11) Urija kon slegs aan sy makkers dink, dit moes soos vurige kole op Dawid se hoof gewees het.

Dit het die koning meer paniekerig gemaak. Hy het Urija beveel om nog een nag in Jerusalem te bly. Toe begin hy met ‘n tweede plan. Daardie aand sou hy Urija oornooi vir ete, en aan hom baie wyn gee, en hom dronk maak. As hy dronk was, sou hy van sy makkers vergeet en by sy vrou gaan slaap.

Kan jy jou dit voorstel, hoe hierdie godvresende koning probeer om een van sy getroue krygsmanne dronk te maak? Dit is presies wat hy probeer het. En die plan het gewerk. Urija het dronk geword. Dawid beveel sy wagte om die man huistoe te vat, maar weer sê die Skrif: “Hy het nie huis toe gegaan nie.” (11:13).

Op die punt, verloor Dawid alle beheer oor homself. Hy het geweet dat hy iets drasties moet doen. Daarom skryf hy ‘n brief aan Joab, waarin hy Joab beveel om Urija in die voorstel linies te sit, waar die geveg kwaai is. Hy moes dan terugval sodat Urija in die slag kan bly en kan sneuwel.

Dawid het die verseëlde brief aan Urija gegee om aan Joab oor te dra. Die lojale Urija het nie geweet dat hy sy eie doodsvonnis na Joab neem nie. Toe Joab dit lees, sien hy deur Dawid se strategie, maar hy het nogtans die bevel uitgevoer. Hy het Urija op ‘n selfmoord sending uitgestuur. En presies volgens Dawid se plan, sterf Urija in die oorlog.

Dit is moeilik om te glo dat ‘n godvresende opregte man soos Dawid, in sulke veragtelike sonde kon val. Selfs vandag, met die nuusberigte van geweld, moord en verkragting, staan Dawid se storie uit as een van die ergste voorbeelde van hoe ‘n leier kan val. Waarom? Dit het met ‘n godsman, iemand wat regverdig was, gebeur.

U onthou seker wat toe gebeur het: Batseba het vir sewe dae oor haar man se dood gerou, soos die wet voorskryf. Toe het Dawid haar na die paleis gebring waar sy haar intrek in die harem geneem het (hy het alreeds vyf vroue gehad). Sy het vir Dawid ‘n seun in die wêreld gebring. Vir ‘n hele jaar, na die moord, toon Dawid geen tekens van berou nie. Inteendeel, hy regverdig Urija se moord teenoor Joab deur te sê: “Dit gebeur nou maar eenmaal so dat mense sneuwel” (11:25).

Dawid mag sy sonde, lig opgeneem het, maar God het nie. Die Skrif sê: “Wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van die Here” (11:27).

Natan, die profeet was Dawid se “pastoor”. Hy was nie bang om sy kudde se sonde aan te spreek nie, selfs nie die koning se sonde nie. Ek sien Natan as ‘n godvresende herder wat ween oor die sonde van sy gemeente. Dit moes hom diep gegrief het, dat Dawid, na wie almal opgesien het, sy sonde bedek het.

Natan het geweet wat Dawid gedoen het, die Heilige Gees het dit aan hom openbaar. Die sogenaamde opregte koning het drie van God se wette gebreek: Hy het ‘n ander man se vrou begeer en haar van hom gesteel. Hy het owerspel gepleeg. Hy het moord gepleeg om sy sonde te bedek. Hoe het Natan die situasie hanteer? Hoe het hierdie predikers van heiligheid, iemand wat sy sonde bedek het, bestraf?

Baie jong predikante het soortgelyke vrae al aan my gevra: “Hoe spreek ek sonde in my gemeente aan? Soveel egpare skei en ander leef in egbreuk. Ek weet dat ek God se heiligheid moet preek, maar ek wil ook niemand uit die kerk uitdryf nie.”

My antwoord is altyd dieselfde: “Jou gemeente sal na alles luister wat jy sê, as jy dit deur trane sê. Jy kan hulle nie oor die kop slaan nie. Hulle moet weet jou hart breek. Probeer om hulle tot berou te bring, deur God se genade te preek. Ja, die Woord is ‘n twee-snydende swaard, maar jy moet dit met fluweel handskoene hanteer.

Natuurlik is dit nie die ingesteldheid van elke prediker nie. Ek kry gereeld briewe van Christene wat skryf: “Jy moet dominee so-en-so hoor preek. Hy ontbloot en bestraf die sonde.” Tog, is die meeste van hierdie preek-bandjies ‘n tirade teen uiterlike dinge. Die boodskappe sluit selde die genade en barmhartigheid van God in. Hulle lê swaar laste op hulle hoorders, maar verroer selde ‘n vinger om hulle te help.

Ek dink dat Natan vir ons hier ‘n pragtige voorbeeld gee van hoe ‘n godvresende predikant sonde aanspreek. Hy storm nie op Dawid af met swaaiende arms en bulderende stem nie. Hy steek nie ‘n bespottende vinger in Dawid se gesig en roep uit: “Jy is skuldig!” nie. Nee, hy gee God se skrikwekkende, sonde-ontblotings-boodskap met groot wysheid, en teergevoelige genade. Hy gebruik ‘n gelykenis om dit te doen.

Natan sê vir Dawid: “’n Arm man het een klein lammetjie gehad. Dit was ‘n troeteldiertjie en was so geliefd. Die lammetjie was tuis op elkeen se skoot. Die man het die lammetjie groot gemaak, soos een van sy kinders. Die arm man het ‘n ryk buurman gehad met baie troppe skape. Eendag het die rykman ‘n besoeker onthaal. Etenstyd het hy sy diensknieg uitgestuur om ‘n lam te slag, maar hy het vir die dienskneg gesê om nie ‘n lam uit sy troppe te slag nie, maar die buurman se lam te steel, dit te slag en voor te berei om bedien te word.”

Toe Dawid dit hoor, was hy woedend. Hy het vir Natan gesê: “Daardie ryk man is so goed as dood!” “So waar as die Here leef, die man wat dit gedoen het, moet sterwe! En die ooilam moet hy viervoudig teruggee, omdat hy hierdie ding gedoen het en geen ontferming geken het nie (2 Samuel 12:5,6).

Op hierdie punt moes Natan trane in sy oë gehad het. Bewende sê hy vir Dawid. “U is die man … u het die Woord van die Here geminag … u het Urija met die swaard doodgemaak, en sy vrou u vrou gemaak” (12: 7-9).

Natan sê vir hom: “Dawid verstaan jy? Dit is jou storie. Jy het vyf vroue, tog het jy die enigste vrou van ‘n ander man gesteel. Jy was nie jammer vir hom nie. Jy het hom uitgestuur om doodgemaak te word, sodat jy sy lam kon vat. Jy het ‘n egbreker, moordenaar en dief geword. Jy het God se Woord geminag.” Natan het elke besonderheid van Dawid se sonde openbaar gemaak. Maar hy het dit nie in woede gedoen nie. Hy het net met die koning gepraat: “Natan het vir Dawid gesê.” (12:7)

Dit was die oomblik waarop dit Dawid getref het. As ons Dawid se psalms, uit die tyd lees, sien ons die uitroep van ‘n gebroke hart: “My bene is swak. Ek kan nie slaap nie. Elke nag deurweek my trane my kussing.” Die Heilige Gees het Dawid agtervolg, met sy hart gepraat, hom gedwing om sy sonde te bely. Hy kon God se genade nie ontvlug nie.

Nadat ek lank hieroor nagedink het, het ek uitgeroep: “O, Here, sal U my genadig wees, soos U vir Dawid was? Sal U vir my ‘n kragtige woord stuur, wat my sonde blootlê? Asseblief, o God, as ek in kompromie verval, bring my onder die bestraffende woord van ‘n profeet wat nie bang is om sonde aan die kaak te stel nie.”

Ek dink dat een van God se grootste genadegawes aan sy kerk, is getroue herders, wat ons in liefde betig vanweë ons sonde. Ek dank God vir sulke “Natan predikers,” mense wat nie bang is om ouderlinge of diakens of welgestelde lidmate kwaad te maak nie. Hulle staan op teen enigiemand en is nie bang om ongeregtigheid in sagtheid en liefde aan die kaak te stel nie.

Natuurlik, is dit nie almal wat ‘n bestraffing aanvaar nie. Sommige van ons gereelde lesers het geskryf. “Ek hou nie daarvan om u briewe oop te maak nie. Om dit te lees laat my ongemaklik voel. Dit ontstel my.” “Ek kan nie so ‘n God dien, wat altyd in my siel krap om dinge aan die lig te bring nie.” “U moet u boodskap sagter maak. Ek kan dit nie hanteer nie.”

Ek weet dat ek as ‘n liefhebbende herder versigtig moet wees hoe ek dinge sê. Maar ek kan nie verskoning vra as ek skuldoortuiging verkondig nie. Ek vra nou, wat word van ‘n kerk as predikers nie meer mense se skuld aanspreek nie? Waar sou Dawid geïndig het as Natan nie daar was om sy sonde uit te wys nie?

U moet verstaan, dat Natan geweet het dat die koning hom te enige tyd kon laat doodmaak. Hy het dikwels gesien hoe Dawid mense omgebring het. Waarom het Natan nie gesê: “Ek sal net ‘n vriend vir Dawid wees. Ek sal vir hom bid en net daar wees as hy my mag nodig hê. Ek moet die Heilige Gees vertrou om hom te oortuig.” Wat sou gebeur het?

Die ergste oordeel is wanneer God jou oorgee aan jou sonde, om die Heilige Gees se werking in jou lewe ten einde te bring. Dit is presies wat met baie Christene vandag gebeur. Hulle verkies om na sagte, strelende preke te luister. Waar daar geen skuldoortuigende woord is nie, kan daar geen goddelike berou oor sonde wees nie. En waar daar geen berou is nie, kan daar ook geen bekering wees nie. Waar daar geen bekering is nie, is daar net verharding van hart.

Die apostel Paulus skryf aan die kerk in Korinte: “Nou is ek egter bly dat ek julle hartseer gemaak het, want dit het tot inkeer gelei … want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei” (2 Korintiërs 7:9-10). Paulus sê sy harde woorde aan die Korintiërs, oor hulle sonde, het ‘n goddelike droefheid in hulle gebring wat tot bekering gelei het. Op sy beurt het dit in hulle ‘n haat teenoor sonde gebring, en ‘n heilige vrees vir God en ‘n begeerte om vroom te leef. Dit sou nie gebeur het, as hy nie ‘n harde, snydende waarheid gepreek het nie.

Wat was die rede waarom Paulus so gepreek het? “Ek wou hê dat julle voor God tot die besef moes kom, van hoeveel ek vir julle omgee” (7:12). Met ander woorde: “Ek wou julle nie veroordeel nie. Ek het julle sonde ontbloot sodat julle kan sien hoeveel ek vir julle omgee en julle lief het. As die Heilige Gees aan jou hart klop, klink dit soos ‘n harde gebons. Maar dit is God wat sy tere liefde betoon.”

Sonder hierdie waarskuwing sou daar ‘n vreeslike oordeel oor Dawid gekom het. Hy het alreeds ‘n hele jaar gewoonweg met sy lewe voortgegaan, sonder om na te dink oor wat hy gedoen het. Hy het geen woorde van verwyt of waarskuwing gehoor nie. Met elke verdere dag, was dit makliker om van sy sonde te vergeet. Sy leër het nog steeds oorwinnings behaal. Bolangs het dit gelyk asof alles met hom goed gegaan het. Tog is ek seker dat Dawid ‘n probleem gehad het om snags te slaap. Hy het waarskynlik elke môre wakker geword met ‘n donker wolk oor hom. Die feit bly staan dat niemand wat ‘n verhouding met die Here het, gemaklik kan voortgaan met sy lewe – as hy in sonde leef nie.

Laat ek u ‘n voorbeeld gee: Ek het ‘n liewe Christen broer beraad, van wie ek gedink het dat hy ‘n verhouding het. Toe ek hom daarna vra, het hy dit beslis ontken. ‘n Maand later kom hy laat een nag, by my aan, wenende en gebroke. Hy het bely: “Pastoor, ek het deur hel gegaan hierdie afgelope weke. Ek het vir u en vir God gelieg. Ek het egbreuk gepleeg. Ek het aan elke preek en waarskuwing gedink. Ek kon God se stem nie stilmaak nie.” Die Heilige Gees het hierdie man voortdurend gewaarsku, en herinner aan elke sonde-openbarende preek wat hy gehoor het. Die herinnering aan hierdie preke het hom tot bekering gebring.

Laat my nog ‘n voorbeeld gee. ‘n Suster in Christus het vir my geskryf: “Broer David, ek was vir twintig jaar getroud met my man. Ek het hom lief, maar nou sal ek hom waarskynlik moet verlaat, selfs al wil ek nie. Ek kon nie verstaan hoe hierdie man, wat saam met my kerk toe gaan, so geestelik kon agteruitgaan nie. Hy het oneerlik begin optree, en ‘n muur het tussen ons gekom. Hy het vinnig van die hele familie vervreemd geraak. Ek kon dit nie verstaan nie. Ek het gebid en alles in my vermoë gedoen om te verstaan wat verkeerd geloop het. Toe vind ek uit: hy was verslaaf aan pornografie, selfs van voor ons troue af. Hy sê nog dat hy ‘n Christen is en gaan saam met my kerk toe, maar hy weier om sy verslawing prys te gee.

Hierdie man is besig om sy familie en sy huis te verloor. Hy sê dat hy weergebore is en op pad is hemel toe. Dink u hierdie man het aanmoediging en versterking nodig? Moet sy predikant sê: “Jy is reg. Jesus het jou lief.” Nooit! Hy het ‘n Natan nodig, een wat kan sê: “Jy is die skuldige!” Hy moet wakker geskud word. Hy het iemand nodig wat die vuur van die Heilige Gees aan die brand kan steek, anders sal hy oorgegee word aan sy sonde, en uiteindelik sal hy verwoes word.

Terwyl Dawid na die liefdevolle maar snydende woorde van Natan geluister het, het hy die tyd onthou toe ‘n ander profeet met ‘n vorige koning gepraat het. Dawid het geweet van Samuel se waarskuwing aan Saul. Hy het gehoor van Saul se halfhartige reaksie, “Ek het gesondig.” (Ek glo nie Saul het uit sy hart uitgeroep soos Dawid nie. “Ek het teen die Here gesondig!”)

Dawid het die vernietigende uitwerking op Saul gesien. Die eens godvresende, geesgeleide koning het nou herhaaldelik die Gees se bestraffende woorde, uit die mond van ‘n heilige profeet verwerp. Nie lank daarna nie het Saul in eiewilligheid, bitterheid en rebellie geleef. Ten slotte het die Heilige Gees van hom gewyk: “Omdat jy die woord van die Here verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.” (1 Samuel 15:23) “die Here het vir Saul verlaat.” (1 Samuel 18:12) Uiteindelik vra Saul ‘n heks om raad. Hy bely voor haar: “God het my verlaat. Hy antwoord my nie meer nie, nie deur profeet nie, en ook nie deur drome nie. Daarom het ek u opgeroep om my in te lig oor wat ek moet doen.” (1 Samuel 28:15)

Dawid onthou al die aakligheid, besetenheid, en angs wat hierdie man omring het wat God se woord uitgesluit het. Meteens dring die waarheid deur sy eie hart. “God is nie ‘n aannemer van mense nie. Ek het gesondig, netsoos Saul. Hier is nou ‘n ander profeet, in ‘n later tyd, wat God se woord aan my gee, soos Samuel dit vir Saul gegee het. O, Here, ek het teen U gesondig! Neem asseblief nie U Heilige Gees weg van my af soos van Saul af nie.

Dawid skryf: “My oortredinge ken ek, en van my sonde bly ek altyd bewus. Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in U oë … Neem tog my sonde weg, sodat ek rein kan wees, … skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees … Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie.” (Psalm 51:3-11)

Een kommentator sê, dat ondanks Dawid se berou, het hy nooit weer van sy val herstel nie. Hy wys daarop dat die Bybel min sê oor enige oorwinnings na hierdie tyd. Dawid beweeg nou na die agtergrond totdat hy te sterwe kom.

Dit is waar dat Dawid ‘n swaar boete betaal het, vir sy sonde. In werklikheid het hy sy eie oordeel uitgespreek. Hy sê vir Natan dat die ryk man wat die arm man se lam gesteel het, dit viervoudig moet vergoed. Dit is presies wat in Dawid se lewe gebeur. Die baba waaraan Batseba geboorte skenk, sterf binne enkele dae. Drie van Dawid se ander seuns sterf – Amnon, Absalom en Adonia – almal het tragies gesterf. So het Dawid vir sy sonde betaal met vier van sy eie seuns.

Maar die Bybel wys vir ons duidelik dat wie na die Here toe draai in ware, hartgrondige bekering, teenoor hulle reageer God met algehele herstel en versoening. Ons hoef nie soos Saul te eindig in besetenheid en verskrikking nie. Ons het ook nie nodig om weg te kwyn nie, om ons tyd in stille skaamte af te wag, totdat die Here ons kom haal nie. In teendeel, die profeet Joël verseker ons dat God onmiddelik intree as ons na Hom toe terugdraai: “En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die Here julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig, en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil” (Joël 2:13).

God gee vir ons die verbasende belofte: “Ek sal julle vergoed vir die tyd van sprinkaanswerm op sprinkaanswerm … Julle sal oorgenoeg hê om te eet, julle sal die Naam van die Here, julle God prys. Hy wat wonders vir julle gedoen het. My volk sal nooit weer in die skande kom nie.” (2:25-26).

U moet verstaan dat hierdie profesie gegee is nadat God se oordeel oor Israel uitgespreek is. Maar die volk het hulle bekeer, en dan sê God: “Nou gaan ek wonderlike dinge doen, vir julle. Ek gaan alles teruggee wat die duiwel gesteel het.”

Geliefdes, God se tere barmhartigheid laat selfs die mees geharde sondaar sê: “Ek is nie ‘n dwelm verslaafde nie. Ek is nie ‘n alkoholis nie, ek is nie ‘n egbreker nie. Ek is ‘n kind van die lewende God, met al die regte van die hemel in my siel. Ek leef nie langer onder veroordeling nie, maar my verlede is volkome verby. Ek hoef nie vir enige sondes van die verlede te betaal nie, want Jesus het gesê Hy sal alles aan my teruggee.”

Hier is die waarheid van wat met Dawid gebeur het: Hy het na God se Woord, deur Natan, geluister. Hy het hom bekeer, hy was gehoorsaam en die resultaat was, hy het die res van sy lewe gegroei in die kennis van God. Daar het groot vrede in sy lewe gekom. Uiteindelik het groot vrede in sy lewe gekom. Uiteindelik is al sy vyande die swye opgelê.

Die duidelikste getuienis van God se herstel in Dawid se lewe is sy eie belydenis. Lees wat skryf hy in sy laaste dae:

  • “Die Here is my rots en my bergvesting en my redder; God is my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting en my toevlug, my verlosser; van geweld het U my verlos” (2 Samuel 22:2-3). Dit is nie die getuienis van iemand wat vergaan nie.
  • “My God sal luister na my … Hy het sy hand uitgestrek en my gegryp … Hy het my in vryheid laat uitgaan, my gered, omdat Hy my liefhet.” (27:7,17,20). Ons het nou na alles gekyk wat Dawid gedoen het, waarmee God nie tevrede was nie. Nogtans, na alles, was Dawid in staat om te sê, “Hy het my lief.”

Om hierdie rede sal Dawid altyd bekend staan as “’n man na God’s hart”: omdat hy gou en opreg hom bekeer van sy sonde. Spreuke sê vir ons:

  • “Wie ‘n teregwysing ter harte neem, word geëer.” (Spreuke 13:18). God het jou lief as jy ‘n goddelike teregwysing aanvaar en gehoorsaam.
  • “Hulle het my raad verontagsaam en elke teregwysing van my geminag. Julle sal die vrugte van julle optrede pluk… die onkundiges se dwaling kos hulle die dood.” (Spreuke 1:30-32) As jy nie luister na goddelike berisping nie, sal dit jou vernietig.
  • “Wie hom laat teregwys is op pad na die lewe toe.” (6:23). Eenvoudig gestel, God se oortuigende Woord bring lewe.

Geliefde, die waarheid oor “harde preke”, is, as dit deur trane gebring word, is dit eintlik “genade preke”. As jy deur God se Woord aangespreek word, as sy Gees jou nie in vrede laat in jou sonde nie – is dit genade. Dit is die diepe liefde van God aan die werk, wat jou uit die dood na die lewe bring.

Sal jy na Hom luister, soos Dawid? As dit so is, sal jy ware herstelling en versoening smaak. God sal alles teruggee wat die duiwel gesteel het. Halleluja!