Vervul Jou Lewensdoel!

David Wilkerson

Wat is "lewensdoel"? In eenvoudige terme, lewensdoel is God se doel vir jou lewe. Dit is jou bepaalde or vasgestelde toekoms. Lewensdoel is wat God vir jou voorafbepaal het om te wees en te word, in Sy goddelike wil.

Ek word hartseer as ek lees van die goddelike mans en vroue in die Skrif wat hulle lewensdoel misgeloop het. God het ‘n bestemde werk of bediening vir elkeen van hulle gekies – maar hulle het op die ou en Sy plan geaborteer. Hulle het reg begin, en het vir ‘n rukkie in die krag van hulle roeping gewandel. Maar op die ou end het hulle in skande en ongeluk gesterf – en het God se doel vir hulle lewens misgeloop!

So, sê vir my: Is dit moontlik vir sulke Christene om so bedruk en bekommerd te wees, om in soveel wanhoop en neerslagtigheid te leef, dat hulle oortuig word dat hulle dit nie gaan maak nie?

Saul was ‘n man wat sy lewensdoel misgeloop het!

God self het Saul gekies om Israel uit slawerny van die Filistyne te verlos. Toe die profeet Samuel die eerste keer sy oë op Saul gelê het, het die Here gesê, “Hier is die man van wie Ek vir jou gesê het: hy sal oor my volk heers” (1 Samuel 9:17). Die Here het gesê, “Kyk goed, Samuel. Dit is die man wat ek gekies het om Israel te lei!”

Samuel het Saul nie gekies nie. Ook het Israel hom nie op hierdie stadium gekies nie. Liewer, God het gesê, “Ek het hierdie man aangestel!” Die Bybel sê van Saul: “En die Gees van die Here sal oor hom vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en in ‘n ander mens verander word” (1 Samuel 10:6).

Saul was inderdaad verander deur God se aanraking op sy lewe: “...God [het] sy hart verander...” (1 Samuel 10:9). Toe het Samuel iets wonderliks vir hom gesê: “...God is met jou” (1 Samuel 10:7). Met ander woorde: “Gaan met vertroue, Saul – God is met jou!”

Hier was ‘n man deur God aangestel, aangeraak deur die Heilige Gees, begaafd met ‘n gees van profesie, bestem deur God om Israel te lei – en God was met hom. Is daar wonderliker dinge wat oor hom gesê kon word?

En Saul het reg begin. Vir ‘n rukkie het hy sy lewensdoel geleef en in die vrees van God gewandel. Hy het vinnig ‘n groot stryd teen die Ammoniete gewen. En die mense het huistoe gekom en God geprys en gesê: “...Wie is dit wat gevra het: Sou Saul oor ons regeer? Lewer die manne uit dat ons hulle kan doodmaak. Maar Saul antwoord: Op hierdie dag mag geen man gedood word nie, want vandag het die HERE ‘n verlossing in Israel bewerk” (1 Samuel 11:12-13).

Saul was aangestel as koning oor Israel. Een van die mees tragiese beelde in die hele Skrif was egter toe hierdie man begin het om uitmekaar te val. Hy het slegs vir ‘n kort rukkie in sy lewensdoel gewandel – God was egter ten volle van plan dat Saul sy dae met die Here se seën sou uitleef. Hy het begeer dat Saul onthou sou word as die man wat Israel uit die slawerny van die Filistyne verlos het. Maar Saul het sy lewensdoel misgeloop! Hy het begin disintegreer en toegegee aan sy behoefte vir menslike applous en aanvaarding. Hy het kompromieë gemaak om hierdie dinge te verkry – en hy het die plan wat God vir hom gehad het, misgeloop.

Dit is so jammer om Saul aan die einde van sy lewe te sien. Toe hy een van Israel se grootste militêre oorloë beleef het, het sy hart ineengekrimp van vrees. Hy het op die ou end die bose heks van Endor geraadpleeg! Hy het vir haar gesê, “...God het van my gewyk en antwoord my nie langer deur die diens van die profete en ook nie deur drome nie...” (1 Samuel 28:15).

Deur Saul se eie bekentenis was God nie langer met hom nie. Wat ‘n ysingwekkende, skrikwekkende gedagte! ‘n Mens kan geroep wees vir ‘n groot, goddelike doel en wandel in God se seën en salwing – en dan skielik ‘n ander koers inslaan om jouself te dien en op die ou end deur God verlaat word.

Dit is die beeld van Saul hier. Hierdie koning het op die ou end neergebuig voor ‘n heks. En hy het in skande gesterf – deur God verlaat. Hierdie woorde kon maklik op sy grafsteen gestaan het: “Die man het sy lewensdoel misgeloop.”

Simson was nog man wat bestem was vir grootheid vir God – maar Hy het sy lewensdoel misgeloop!

Simson is nog ‘n tragiese figuur in die Ou Testament. Sy lewensdoel was bekend voor hy gebore was. Volgens die Skrif, “...hy sal Israel begin verlos uit die hand van die Filistyne” (Rigters 13:5).

Engele het hierdie man se geboorte aangekondig en vir sy ouers gedetailleerde instruksies gegee oor hoe om hom groot te maak. Simson sou ‘n nasireër wees – wat beteken hy moes totaal toegewy wees aan God se diens gedurende sy hele leeftyd. Hy moes nooit wyn drink of sy hare sny nie. En hy moes nooit iets aanraak wat dood was nie. Hy kon selfs nie eers na die begrafnis van ‘n naaste familielid gaan nie.

Simson was grootgemaak onder streng opleiding. En op ‘n jong ouderdom het hy die werking van God se Gees in hom beleef: “...die Gees van die HERE het hom begin drywe...” (1 Samuel 12:25). Ek weet hoe dit voel. Die Heilige Gees het die eerste keer in my gewerk toe ek agt jaar oud was. En Hy het aangehou om in my te werk dwarsdeur my tienerjare. Ek sou my kamer binnegaan en bid en ek sou voel hoe God se Gees oor my kom.

Ek vra vir jou – wat is die eerste ding wat die Heilige Gees doen wanneer Hy in ons werk? Hy oortuig ons van sonde, geregtigheid en oordeel. Dan lei, vertroos en leer Hy ons. En Hy bid deur ons met uitroepe, versugtinge en smekinge.

Jy kan seker wees dat God se Gees Simson van sonde oortuig het. En die seun was ook geleer, gelei en vertroos deur die Gees. As jy Simson ontmoet het toe hy nog net nege of tien jaar oud was, sou hy moontlik vir jou gesê het, “God het gesê ek is iets besonders. Hulle sê ‘n engel het my geboorte aangekondig. Ek het God se Gees op my en Hy het my geroep om ‘n nasireër te wees. Eendag gaan ek Israel help om ‘n vry land te wees!”

Simson het geweet hy het ‘n lewensdoel gehad. Hy was gebore om ‘n rede – om Israel se verlossing uit slawerny van die Filistyne te begin! En vir twintig jaar, het Simson in die gesag van sy lewensdoel gewandel. Hy het Israel gerig. En hy het die Filistyne geteister en ‘n ligstraal van hoop aan die volk gebring.

Jy moet hier verstaan – Simson se krag was nie in sy hare nie, maar in die beweging van God se Gees op hom. Die Skrif sê die Heilige Gees sou oor Simson kom en hy sou heldedade doen. Sonder die Gees, sou Simson so swak wees soos ek en jy.

God was ten volle van plan om die res van Simson se jare met groter oorwinnings te seën. Sy Gees sou op hom bly tot sy sterwensuur. Die geskiedenis sou van Simson sê, “Hy was getrou tot die einde toe. Hy het alles gedoen waarvoor God hom aangestel het – om te leef en te sterf tot eer van die Here. Hy het sy lewensdoel vervul!”

Maar hy het nie! Simson het sy lewensdoel geaborteer – omdat sy hart swart was met sonde! Hy het ‘n uiterlike heiligheid gehandhaaf, maar hy het agter hoere aangeloop. Toe hy afgegaan het om Delila te besoek, het hy willens en wetend met gevaar gespeel. Hoewel God se Gees met hom gewerk het, het hierdie man nooit toegelaat dat die Gees sy innerlike mens aanraak nie. Simson het geen blywende waarheid in hom gehad nie.

Hier is net nog ‘n tragiese beeld van ‘n man wat sy lewensdoel misgeloop het. Na twintig jaar van wandel in God se roeping, het Simson begin agteruitgaan. Hy het ‘n sensuele man geword – en hy het die respek van sy eie mense verloor.

Simson kon sy dae in waardigheid uitgeleef het as ‘n werktuig van eer. Daar sou meer as een oorwinning na ‘n ander gewees het vir hierdie man en vir Israel. Ons moes gelees het van hoe Simson sterker en sterker geword het en gegroei het in die krag en salwing van God se Gees.

In plaas daarvan, lees ons van ‘n man wat op die ou end een van die mees ellendige swakkelinge in die Bybelse geskiedenis is. Op die einde sien ons Simson vasgebind in ‘n harnas soos ‘n dom os waar hy handearbeid verrig by ‘n Filistynse meule. Sy oë word uitgesteek en hy het al sy krag verloor. Hy is die bespotting van die heidene. En sy eie mense moes teen hom gedraai het.

Selfs op sy sterwensdag, toe Simson die Filistynse tempel laat inval het, was dit nie ‘n groot oorwinning nie. Hoekom nie? Sy begeerte het alles oor persoonlike wraak gegaan. Sy gebed het daardie dag nie gegaan oor om God se naam te wreek nie. Eerder, hy het gebid, “God, gee my nog een keer krag – dat ek my oë kan wreek!”

Simson het in die uiterste misleiding gesterf en sy lewensdoel misgeloop. Sy grafsteen kon moontlik ook gelees het, “Die man wat sy lewensdoel misgeloop het.”

Salomo was ook ‘n man wat sy lewensdoel misgeloop het!

As daar nou al ooit ‘n man met ‘n lewensdoel verskyn het, was dit Salomo. Hy was die wysste, rykste, mees gerespekteerde man van sy tyd. En sy lewensdoel was duidelik vir hom uitgelê. Hy sou die koning wees wat Israel vir eens en vir altyd van afgodery sou bevry! Salomo het aan beide sy vader en die Here beloof dat hy elke afgod in die land sou vernietig.

Vir ‘n rukkie het Salomo in sy lewensdoel gewandel. Op een stadium was die besoekende Koningin van Skeba se asem weggeslaan toe sy Salomo se heerlikheid gesien het toe hy opgegaan het na die tempel. Maar iets het in Salomo se lewe gebeur – en hy het ook sy lewensdoel misgeloop!

Hierdie man het meer as 900 vroue en byvroue vergader, baie van ander nasies. En om hulle te paai, het hy ‘n “ambassade ry” van heidense tempel na heidense tempel gebou. Gou het die man wat geroep was om Israel van afgodery te reinig, ‘n afgodsdienaar geword. Hy het een vrou na die ander na hulle tempels vergesel en voor heidense afgode neergebuig.

Salomo het op die ou end sy lewensdoel misgeloop – ‘n ontnugterde, mankolieke, immorele man. Hy het die ewigheid binnegegaan terwyl hy geroep het, “Alles is ydelheid en ergernis van gees. Dit is waardeloos!”

Soos Salomo voor hom, het Koning Ussia ook sy lewensdoel misgeloop. Hierdie man het op sestienjarige ouderdom die troon opgevolg en was bestem om een van die grootste konings van Juda te wees. Hy het raad van die profeet Sagaria ontvang. Hy het visioene van die Here ontvang. Hy was grootliks deur God geseën.

Die Bybel sê Ussia het die Here gesoek – en God het hom voorspoedig laat word en sterk gemaak: “En God het hom gehelp...” (2 Kronieke 26:7). “En sy roem is verbrei, want hy is wonderbaarlik gehelp totdat hy sterk geword het” (2 Kronieke 26:15).

Behalwe vir Salomo, het Ussia die grootste reputasie van al die konings van Juda gehad. Hy was deur God gesalf. Hy het herlewing in die land gebring, afgode vernietig en volgens God se woord gewandel. Toe hierdie dapper koning sy strydwa deur die strate gery het, was eerbied en respek aan hom gegee. Hy het geskenke en eerbewyse van dwarsdeur die wêreld ontvang.

Maar die Skrif sê: “Maar toe hy sterk geword het, was sy hart hoogmoedig, sodat hy baie verkeerd gedoen en ontrou gewandel het teen die HERE sy God; want hy het in die tempel van die HERE gegaan om offerrook te laat opgaan op die reukaltaar” (2 Kronieke 26:16). Trots het hierdie man se lewensdoel oorweldig. Hy wou sowel priester as koning wees!

Ussia  het in ongehoorsaamheid die tempel binnegegaan en begin om wierook voor die altaar te swaai. Hieroor was hy berispe – en toe hy ‘n kwaai vinger in reaksie daarop gewys het, het sy hand dadelik begin verskrompel. Dit het skielik melaats geword. Ussia moes uit die tempel van God gejaag word!

O, die skande daarvan! Een van die rykste konings in Juda se geskiedenis, moes nou afgesonder word. Hy was na ‘n klein huisie geneem waar hy die res van sy dae as ‘n melaatse deurgebring het: “En koning Ussia was melaats tot die dag van sy dood toe, en hy het in ‘n afgesonderde huis as melaatse gewoon, want hy was van die huis van die HERE uitgesluit...” (2 Kronieke 26:21).

Ussia het in afsondering gesterf – afgesny van al die seëninge van God!

Toe hierdie eens magtige man gesterf het, moes menigtes rondom hom vergader het. Sy afsterwe sou die Here se naam verheerlik het. In plaas daarvan, het hy as ‘n amper onbekende man gesterf, sy liggaam verteer deur melaatsheid. Ussia het sy lewensdoel misgeloop!

In die Ou Testament het elke mens sy eie individuele lewensdoel gehad!

Daar was so baie lewensdoele in die Ou Testament as wat daar konings, priesters, profete en selfs gewone heiliges was. Selfs die nederigste mense – diegene wat geroep was as dienaars, aanbidders, herders en tentmakers – het sy of haar eie lewensdoel gehad. En as ons na hulle lewens kyk, moet ons oortuigend daardeur geleer word. Ons moet leer van die mislukking van hierdie voormalige heiliges wat of hulle lewensdoele misgeloop het of dit vervul het.

Maar ons kan nie ons lewensdoel vergelyk met iemand in die Ou Testament nie! Jy sien, in die Nuwe Testament, het God ‘n totale nuwe ding gedoen. Hy meet ons lewensdoel nie meer soos Hy dit onder die Ou Verbond gedoen het nie. Sedert die Kruis van Jesus Christus het hulle lewens het niks te doen met ons lewensdoel nie!

Aan die Kruis, het God al die individuele lewensdoele van die mensdom bymekaargemaak in een groot doel – en Hy het dit alles in Sy Seun geplaas: “Met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig” (Efésiërs 1:10). God het al ons lewensdoele in Jesus bygekaargevoeg – sodat Sy Seun voorrang kon kry!

Vandag is daar nie meer individuele lewensdoele nie, maar een lewensdoel vir alle gelowiges. Ja, jy het ‘n lewensdoel – en dit is dieselfde as myne. Dit maak nie saak of jy ‘n kelnerin of die kaptein van ‘n oseaanboot is nie. Ons het almal dieselfde vasgestelde, voorafbepaalde lewensdoel wat aan ons gegee is voor die grondlegging van die aarde.

Wat is hierdie een, groot en glorieryke lewensdoel wat aan al die laaste-dag heiliges gegee is? Die apostel Paulus openbaar dit vir ons in die boek Efésiërs: “Soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde” (Efésiërs 1:4-6).

God sê in wese: “In die laaste dae, in die volheid van die tyd, het Ek een goddelike doel. En dit is vir elke volgeling van My om aangeneem te word deur Jesus Christus – en om vlekkeloos te lewe tot eer en verheerliking van My naam!”

“In Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil, sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het” (Efésiërs 1:11-12).

Ons lewensdoel is om ‘n aangeneemde kind van God te wees! Ons is aangeneem deur die hemelse Vader – en die duiwel het nie langer enige aanspraak op ons nie. Nou moet ons leef vir ons Here, vlekkeloos en heilig, deur die krag van God se Gees. Ons een doel op hierdie aarde is om ons lewens te leef tot eer en verheerliking van Hom!

Verstaan jy wat Paulus hier sê? Geen mens se lewensdoel word gemeet deur sy groot werke, sy prestasies en ondernemings of sy besonderse bekwaamhede nie. Niemand se lewensdoel is uiteindelik om suksesvolle bedienings, instellings of kerke te bou nie.

Jy mag moontlik sê, “Wag ‘n bietjie, Broer Dave. Bedoel jy dit was nie jou lewensdoel om Teen Challenge, die wêreldwye bediening vir dwelmverslaafdes en alkoholiste te stig nie? Bedoel jy dit was nie jou lewensdoel om na New York te kom en Times Square Church te begin nie?”

Ek dank God hy het my toegelaat om die vader van hierdie werke te wees. Vandag is daar sowat 300 Teen Challenge rehabilitasie sentrums wêreldwyd. En nou is daar ook ‘n sentrum van lof vir Jesus op Broadway, by die kruispaaie van die wêreld. Maar nie en van hierdie dinge was my lewensdoel nie!

My lewensdoel het min te doen met die dinge wat God my toegelaat het om te doen. My lewensdoel was nog altyd om verlore siele te bereik en hulle na die volheid van Jesus te bring tot eer en verheerliking van God. My lewensdoel was om te wandel as ‘n aangeneemde seun van God – om vlekkeloos voor die wêreld te wandel, alles tot Sy eer en verheerliking.

Toe ek na New York gekom het, het niks verander nie. My lewensdoel was steeds om die liggaam van Christus op te bou – en om voor die Here te wandel as sy aangeneemde seun! Eendag, sal nie een enkele gebou wat ons bediening opgerig het meer staan nie – nie die geïnkorporeerde instellings nie, nie die Bybelskole nie, nie die rehabilitasie huise nie. Dit sal alles vergaan en verdwyn. En as ek op die Oordeelsdag staan, sal ek nie een van daardie dinge met my kan saamneem nie.

Hierdie bedienings is bloot “laste van die Here” wat God ons toegelaat het om te deel en te onderneem, terwyl ons in ons lewensdoel wandel om Sy volmaakte wil te doen. Ek ek glo Hy het hierdie bedienings geseën omdat ons in ons lewensdoel gewandel het.

Geliefde, God vereis nie een of ander groot bekwaamheid van jou nie. Die Bybel maak dit baie duidelik: “Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?” (Miga 6:8)

Paulus was baie seker oor wat sy lewensdoel was: “...om elke mens volmaak in Christus Jesus voor te stel; waarvoor ek arbei en stry volgens sy werking wat in my werk met krag” (Kolossense 1:28-29). Dit is ook my lewensdoel as ‘n bedienaar van die Here. Dit is dat ek meer en meer verander word na die beeld van Jesus – en dat ek ook sal toesien dat jy meer soos Hy word!

Ek voel jammer vir talle van die jong bedienaars wat my skakel, skryf en besoek van oral deur die land. Die meeste streef na ‘n lewensdoel wat ‘n uitvindsel van hulle eie vlees is. Somminge van hulle lei klein kerke en stort hulle harte uit in hulle bediening aan hulle gemeentes. Maar dan kan daar ‘n ander herder na die dorp kom en skielik ‘n kerk van 1,000 bou.

Hierdie jongmanne vergelyk hulself met die nuweling en dink, “Ek is sekerlik bestem om groot dinge te doen net soos hy. Wat is verkeerd met my? Waarom is ek nie geseënd met groter resultate nie? Hy lok groot getalle mense – en ek het slegs ‘n handjievol elke Sondag.” Hulle besef nie – dit is nie hulle lewensdoel nie! Hulle lewensdoel is om Christus beter te leer ken – om God se hand op hulle te hê – om vlekkeloos voor Hom in hulle stad te wandel. Die man met ware krag is die een wat ‘n persoonlike kennis van Christus het!

Ek sien talle Christen musikante wat daarna streef om ‘n bietjie erkenning te kry en hoop hulle lewensdoel is om daardie een trefferlied te skryf wat hulle die hoogtes sal laat inskiet. Net so, wil talle Christenskrywers daardie een, groot boek skryf. En talle Christelike besigheidsmense soek na die groot kans wat hulle sal onderskei in hulle veld.

Maar, geliefde, as jy in jou lewensdoel gaan wandel, is die enigste ding wat jou sal onderskei jou begeerte om alle ander in die kennis van Jesus te oortref. Niemand sal méér tyd alleen saam met Hom deurbring as jy nie; niemand sal sy wonderlike aannemning gretiger aanvaar as jy nie. Dit is grootheid!

Ek wil nou praat oor die lewensdoel van vroue en moeders – en van mans en vaders!

Ek praat nou nie met bedienaars nie, maar met gemeentelede. Ek wil vir jou wys wat dit beteken om jou vasgestelde lewensdoel te volbring!

Christen, dit maak nie saak hoe suksesvol jy buite jou huis is nie. Jy mis jou lewensdoel as jy nie meer en meer soos Jesus word in jou huishouding nie. As jy nie meer aangenaam, meer liefdevol en bedagsaam teenoor jou familie word nie – as jy nie in die liefde en kennis van Christus in jou huis groei nie – vervul jy nie jou lewensdoel nie!

Vroue en moeders: Voor die wêreld bestaan het, het God jou in hierdie huidige plek en tyd gesien. Hy het geweet wat jou adres sou wees. En Hy het ‘n voorafbepaalde plan vir jou lewe gehad!

Soms mag jy vir jouself gesê het, “Ek is net ‘n huisvrou. Al wat ek doen is kook, die huis skoonmaak en my kinders grootmaak. Hoe kan dit ‘n lewensdoel wees?” Maar jy verstaan nie hoe belangrik jou plek in God is nie. Jy is ‘n groot sukses in Sy oë as jy eendag voor Hom kan staan en jou kinders in geregtigheid aan Hom kan voorstel!

God het altyd geweet hoeveel kinders Hy vir jou sou leen. Hy het hulle name en persoonlikhede geken. Hy het hulle liggaamsdele en hare getel. En Hy het bepaal dat jy hulle sou grootmaak in ‘n huis vol van die krag en teenwoordigheid van Jesus! Jou kinders is nie speelgoed of lewendige poppe nie. Hulle is ‘n belegging wat God aan jou toevertrou het. Hulle is deel van jou lewensdoel!

Ek vra vir jou: Sê jou kinders vir jou bure se kinders, “My ma bid vir my. Sy is goed vir my.” Of sê hulle, “O aarde, daar gaan sy al weer – skree haar kop af!” Kyk jou man na jou met groot eerbied? Sê hy vir jou, “Ons mag ons verskille hê – maar ek voel altyd jy wil genees en nie opbreek nie. Jy vlug altyd na gebed toe!”

Jou lewensdoel is om jou kinders groot te maak in ‘n huis waar gebed ‘n gewoonte is – waar jou lewe en huwelik tot eer en verheerliking van God is!

Mans en vaders: Kan jy jou indink jou vrou sê van jou, “My man is menslik. Hy maak foute. Maar hy is ‘n biddende man – en hy word voortdurend meer soos Jesus! Hy doen wat hy sê. Ek weet – omdat hy elke dag vriendeliker teenoor my is, sagter en meer bedagsaam is teenoor my behoeftes.”

Ek roem nie hier nie. Maar dit was een van die groot vreugdes van my lewe om my vrou te hoor sê, “David het ‘n humeur, maar hy werk daaraan. Ek gee nie om wat enigeen sê nie – ek weet hy wandel met God.” Ek hoop dit kan van my gesê word tot die dag van my dood. Dit is ‘n lewensdoel!

Talle predikers se vroue het vir my en Gwen vertel, “Al wat ek kan doen, is om in die kerk te sit en na my man se preke te luister. Hy glimlag altyd vir die gemeente – maar hy is selfsugtig en gemeen teenoor my by die huis. Soms wil ek net skreeu!”

Ek weet van een bedienaar wat groot dade vir God gedoen het. Hy het talle wonderlike boeke geskryf. Hy het instellings by die huis en oorsee gebou. Hy was in aanvraag as ‘n spreker dwarsdeur die wêreld. Hy was genoem ‘n man van geloof en visie – ‘n man van lewensdoel.

Maar eendag het sy seun, ‘n jong bedienaar, my terneergeslae geskakel. Hy het gesê, “Broer Dave, ek is so hartseer. My pa is nie wat mense dink hy is nie. Hy weet nie hoe om die waarheid te praat nie! Die meeste van die stories wat hy oor wonderwerke vertel, is leuens. Toe ek hom daaroor genader het, het hy dit aan my erken. Maar hy hou nie op nie!”

Ek het op die ou end met die pa gepraat. Hy het vir my gesê, “Ja, David, ek is ‘n gewoonte leuenaar. Ek weet nie eers meer wat die waarheid is nie.” Ek het saam met die man gebid – maar daar was geen verandering nie. Sy seun het my later geskakel om te sê dinge word net erger. Sy pa het homself skynbaar aan sy sonde oorgegee.

Hierdie man is nie ‘n man wat sy lewensdoel uitleef nie. Wanneer hy by die oordeel voor die Here gaan staan, sal al sy werke brand; al sy geskrifte sal hom oordeel. Nie een van daardie dinge was ooit sy lewensdoel nie. Liewer, sy lewensdoel was om meer soos Jesus te word – om in heiligheid, geregtigheid, reinheid, met geen leuens nie, te groei. Hy mag moontlik kon roem om ‘n “man wat sy lewensdoel vervul het” te wees. Maar hy het sy ware lewensdoel misgeloop!

Soveel Christene streef om wonderlike dinge vir God te doen. Maar die Here laat dit neerkom op een eenvoudige ding: Verander jy van heerlikheid tot heerlikheid? Word jy meer soos Jesus? “Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders” (Romeine 8:29).

Op die Oordeelsdag, sal nie een woord gesê word oor magtige dade nie. Daar sal geen notisie geneem word van persoonlike roem, sukses of menslike prestasies nie. In plaas daarvan, sal die vraag wees: Het jy in Christus gegroei? Het jy toegelaat dat die Heilige Gees jou leer om ander te dien, om jou regte prys te gee? Hoe was jy by die huis?

So, dierbare heilige – vervul jy jou lewensdoel? Is my meer soos Jesus hierdie jaar as verlede jaar? Groei jou huwelik of gaan dit agteruit? Sien jou kinders jou as liefdevol en vriendelik, of as ‘n brompot? Sien die mense wat jou ken die liefde van Christus in jou?

Wat sal geskryf word op jou grafsteen: “Die man wat sy lewensdoel misgeloop het”? of, “Die man wat nederig voor sy God gewandel het”?