Times Square Kerk Bedieningsverslag

Hulp aan Die Hongeres — Die Haweloses — Die Behoeftiges in New York Stad
David Wilkerson

In net ‘n paar kort jare, het die Gees van God ‘n sterk getuienis opgerig van die mag van Christus – in die middel van Amerika se grootste stad – New York.

In die Mark Hellinger Teater, een van New York se grootste, mooiste teaters, het God ‘n kerk gestig waar honderde bekeerde gelowiges van baie nasionaliteite uitreik na die armste en behoeftigste in hierdie verkummelende stad.

Die pers is verras oor die voortdurende groei en uitreike van Times Square Kerk. New York Stad se koerante het stories berig oor “Staanplek Slegs Vir Jesus Op Broadway.”

Dank God vir die vol ouditorium, die magtige uitstorting van die Heilige Gees en die baie mense wat verlos word. Maar ons verheug ons grootliks in die hart wat God vir ons gee vir die armes en haweloses en diegene met lewensbeheersende probleme.

Ons hoop hierdie blad sal jou op datum bring met ons uitreike en bedienings – dit sal jou help om meer intelligent vir ons te bid en vir jou wys wat jou offergawes ons in staat stel om te doen in die Naam van die Here.

Ons roem nie in die vlees nie – want met alles wat ons probeer, is die nood so groot dat ons voortdurend nederig en gebroke is oor wat ons daagliks rondom ons sien. Die probleme, die armoede, die goddeloosheid is oorweldigend en daarom is alles wat jy sal sien in hierdie verslag ‘n getuienis: ‘n Getuienes dat Christus omgee – en so ook Sy kinders.

Timothy Huis

God het inderdaad ‘n groot wonderwerk gedoen om vir ons hierdie nuut-oorgedoende gebou te voorsien om ons mansprogram te huisves.

Die doel van Timothy Huis is om voormalige verslaafdes en alkoholiste te verander in manne van God – met grondige Bybelopleiding, baie gebed en goddelike berading.

Timothy Huis is ‘n antwoord op pligsgetroue gebed. Vir die afgelope twee jaar veral, is ons verpletter daardeur om mans terug te stuur strate toe nadat hulle hul bekeer het tot die Here by Times Square Kerk. Ons het geen blyplek gehad nie en alle ander Christelike programme, insluitend Teen Challenge was vol met waglyste. In sommige programme was daar ‘n drie-maande wagperiode om iemand in te kry.

Now het ons ons eie plek! Dit is skuldvry! Deur die vrygewigheid van diegene op ons poslys, was ons in staat om hierdie gebou te koop en dit te verander na ‘n Christus-gesentreerde instelling vir die verlossing van talle verlore mans, jonk en oud.

As jy vir hierdie bediening gegee het en wonder waarheen jou offergawes gegaan het – is die Timothy Huis ‘n goeie voorbeeld. Vir elke bekeerling wat ‘n herder, sendeling of berader geword het of wat teruggeplaas is by sy familie en samelewing – het elke skenker ‘n deel aan die verlossing van elke lewe gehad!

Hannah Huis

 Wat ‘n magtige wonderwerk het God vir ons verrig om ‘n splinternuwe woonstelgebou te voorsien om te sorg vir vroue in nood. Ons skuif die vrouebediening na hierdie nuwe gebou in die volgende paar maande, as die Here wil. Die eienaars is hard aan die werk om dit volgens ons spesifikasies klaar te maak.

Dit is heeltemal skuldvry!

Ons sal ‘n veilige, geestelike hawe voorsien vir gelowige weduwee’s sestig jaar of ouer, wat andersins óf haweloos óf in haglike omstandighede sou moes leef.

Ons sal ongehude moeders inneem en ‘n liefdevolle Christelike atmosfeer voorsien tydens swangerskap en hopelik ‘n aantal baba’s red van aborsie. Ons sal ook gratis swangerskapberading voorsien.

As die Here wil, sal ons ook in ons bediening hier vroue en meisies met lewensbeheersende probleme huisves. Daar is baie mense wat na Times Square Kerk kom wat hulle tot die Here bekeer – en elke Christelike fasiliteit is vol. Ons het geen plek gehad om hulle heen te stuur nie, tot nou. Ons sal fokus op Bybelopleiding en Christelike diens.

Hannah Huis is net een blok weg van Times Square Kerk. Dit is ‘n absolute wonderwerk hoe God vir ons voorsien het met hierdie pragtige, ruim fasiliteit. God het dit op die hart van ‘n dierbare vriende van hierdie bediening geplaas om die huis vir ons gebruik aan te koop.

Al die eer aan God!

Die Kraai Mobiele Voedingstrok

Ons het hierdie mobiele voedingseenheid toegerus met ‘n volle vlekvrye staal kombuis (vereis deur New York Stad wette) en ons voedingsevangeliste gaan daagliks uit na plekke waar die hongeres en haweloses op die strate lewe – en honderde word gevoed. Ons voed die hawelose warm sop, kalkoenworsbroodjies en koffie in die winter en met kalkoenworsbroodjies en voedingryke pastaslaai in die somer.

By Grand Sentrale Stasie voed ons meer as 150 hawelose mense op ‘n slag. Ons parkeer by parke, busstasies en verlate geboue – waar daar ook al honger, hawelose mense is. Die Kraai is nou bekend by al die ondergrondse armes, omdat ons meer doen as om hulle te voed. Ons gee vir hulle Christus – die ware Brood van die Lewe. ‘n Aantal het hulle bekeer – en amper daagliks, neem sommige nou Christus aan. Watter groot veranderinge sien ons in hulle soos nuwe hoop hulle harte vul – nuwe begeertes om reg te kom, om te werk en te vorder in die lewe.

Aan die kant van die Kraaitrok is ‘n swart kraai geverf, met verwysing na die kraai wat die honger profeet Elia gevoed het by die spruit Krit.

Jesus het gesê, “Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee...” (Matthéüs 25:35). Watter vreugde om so baie vrywilligers te sien wat uitgaan om die hongeres te voed en Christus se sending te vervul.

Bovertrek

Die Bovertrek is geleë op die tweede vloer van ‘n bouvallige gebou op die hoek van Agste Laan en 41st Straat in ‘n gebied genaamd “Crack Alley.”

Woensdae tot Saterdae word daar honderde gevoed en hoop gegee. Ons daaglikse byeenkomste word bygewoon deur sommige van die mees gehawende, stukkende siele in die hele stad. Alkoholiste, dwelmslawe, prostitute, sterwende VIGS slagoffers, weglopers – alle nasionaliteite, alle rasse – kom byeen om gevoed te word en die evangelie te hoor by voormalige verslaafdes en mense net soos hulself wat van dieselfde strate af gered is. Hulle kan skaars hulle oë en ore glo wanneer hulle luister na getuienisse van diegene wat eens was waar hulle nou is, eens bedwelmd en haweloos – maar nou verkondig hulle die evangelie.

Ons het klere voorsien vir baie kinders van die heel armstes. Eendag het ek gekyk hoe ‘n desperate moeder klere gekry het vir drie van haar kinders. Die uitdrukking van verligting op haar gesig was die moeite werd.

Christene kom van oral oor Amerika om ons te help om in die Bovertrek te bedien. Uit hierdie nederige sentrum het God ‘n menigte gered; en vandag is sommige in Bybelskole, kolleges, terug by die huis, in ere herstel, aan die werk – alles wonderbaarlik verander deur die krag van Jesus Christus.

Dit is een van die belangrikste uitreike vir Christus in New York Stad! Jou offergawes help die kos voorsien en betaal ‘n klein vergoeding aan ons toegewyde personeel.

Die personeel van die Bovertrek waag letterlik hulle lewens om in crack alley te bedien. Verlede week was twee boemelaars vermoor voor ons deure. Ek het een werker hoor vra vir gebed om te kan slaap. Hy het gesê, “Ons sien so baie; ons is onder so ‘n hewige demoniese druk die hele dag lank; ons sien so baie hartseer en hoor soveel pyn – ons kan nie in die nagte slaap nie.”

Bid asseblief vir hulle beskerming – vir rus – vir alle behoeftes om voorsien te word.

Gevangenisbediening

Daar is meer as 35 staat en federale tronke en gevangenisse in die New York metropolitaanse gebied alleen. Sommige het glad geen “godsdienstige” invoer nie. Ons voorsien nou weeklikse kerkdienste, Bybelstudies en evangeliese musiekkonserte in 14 van hierdie fassiliteite.

God het ‘n groep van 125 toegewyde vrywilligers opgerig, insluitende 15 musikante en sangers in Time Square Kerk. Ons reik uit na hierdie dikwels-vergete mans, vroue en kinders, wat die samelewing as uitgeworpenes beskou. Ons voorsien dissipelskap opleiding aan nuwe bekeerlinge, individuele besoeke en berading en familiebediening.

Die hele kerk is jaarliks betrokke by die families van gevangenes deur die kinders toe te rus met skoolklere, kos en geskenke vir spesiale geleenthede. Wat ‘n vreugde wanneer ons die gesigte van die kinders sien ophelder wanneer hulle die geskenke ontvang wat spesiaal vir hulle gekoop is, en as hulle besef dat hierdie dinge ‘n uitdrukking is van Jesus se groot liefde deur ons.

Ons is gevra, “Hoe is julle in staat om so baie behoeftige mense te bereik in so ‘n kort tyd en steeds skuldvry te wees?”

Die antwoord is gebed – baie gebed. Die herders is biddende mense; die kerk is ook intens betrokke by gebed. Ons het God se gebod gehoor om die wêreld te wys dat die evangelie “Prediking in aksie” is. Ons wil hê die wêreld moet weet dat ware gelowiges in Christus Jesus wat sorg vir die armes en behoeftiges, bloot die uitdrukking is van Sy liefde en sorg vir hulle deur ons.

Ons bid elke dollar in. Hierdie bediening word volkome ondersteun deur die vrywillige skenkings en offergawes van vriende dwarsdeur New York en die V.S.A.

Jou offergawes is op hierdie tydstip uiters noodsaaklik om ons te help om diegene wat in ons sorg geplaas is te voed, te klee en te ondersteun.