‘n Buitengewone “Gewone” Lewe

David Wilkerson (1931-2011)

Laat ek jou vertel hoe God mense in sy huis inbring, hoe Hy met hulle praat en hoe Hy hulle red. Die Here bou sy kerk deur die getuienisse van die lig wat straal uit diegene wat Hom liefhet. Hy kan dit doen, nie omdat hierdie dienaars die regte metodes gebruik nie, maar omdat hulle die regte lewe lei.

Skyn die Evangelie Uit jou Lewe?

David Wilkerson (1931-2011)

“Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!” (Filippense 4: 4). Dit is Paulus se slotwoord aan die Filippense. Hy het nie gesê: “Ek is in die tronk en hierdie boeie is ‘n seën. Ek is so bly vir hierdie lyding” nie.  Ek is oortuig daarvan dat Paulus daagliks vir sy vrylating gebid het en soms uitroep het vir krag om te volhard. Selfs Jesus het in sy uur van beproewing en lyding tot die Vader geroep: “Waarom het U My verlaat?” Dit is ons eerste impuls in ons swaarkry om te roep: “Waarom?” En die Here is geduldig met die uitroep.

Heilige Gees Oproermakers

David Wilkerson (1931-2011)

Vandag se kerk is vol stil heiliges wat nie golwe wil maak nie. Niemand wil immers moeilkheid hê nie! Maar sommige van die dissipels was groot oproermakers! Paulus en Silas het in die krag van die Heilige Gees gewandel en het “hulle lewe oorgegee ... vir die Naam van onse Here Jesus Christus” (Handelinge 15:26). Op een geleentheid, het Paulus, ‘n fortuinvertelster gekonfronteer, die duiwel uit haar gedryf en die hele stad in oproer gebring. Die slawe-eienaars van die verloste vrou het Paulus en Silas tot op die markplein gesleep om voor die owerhede tereg te staan.

Wys jou Lewe Geloof in Christus?

David Wilkerson (1931-2011)

Die skrywer van Hebreërs sê vir sy lesers, “Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees” (Hebreërs 5:12). Dit is ernstige, onverskrokke woorde. Met wie praat die skrywer hier? Kortliks, wie vermaan hy? Die boek Hebreërs dui aan hy praat met gelowiges wat goed geskool is in Bybelse waarhede. Met ander woorde, hulle wat hierdie brief lees, het onder kragtige prediking van vele gesalfde bedienaars gesit. Dink aan alles wat hierdie Christene geleer is:

Is Jy ‘n Getuie in Jou Stad?

David Wilkerson (1931-2011)

Ons verwag dikwels dat God op een van twee maniere werk: óf deur ‘n bonatuurlike uitstorting van sy Heilige Gees om menigtes in sy koninkryk in te bring, óf deur oordeel te stuur om sy kinders op hulle knieë te dwing of selfs te vernietig. Maar, geliefde, dit is nie God se metode om dinge in ‘n goddelose tyd te verander nie. Sy manier van puinhope herbou, is nog altyd om gewone mans en vroue wat Hy aangeraak het, te gebruik. En Hy doen dit deur hulle met sy Heilige Gees te vul en hulle in die stryd in te stuur met groot geloof en krag!

Die Verlorenes Soek

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus het in hierdie wêreld gekom om een rede – om verlore siele te bereik en te red. “Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was” (Lukas 19:10). En Hy het dit ook óns sending gemaak toe Hy gesê het, “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom” (Markus 16:15).