Veg vir Elke Sentimeter van Jou Hart

David Wilkerson (1931-2011)

Satan het sy woede teen die kerk van Jesus Christus gerig en hy het sy ergste toorn gereserveer vir gelowiges wat God se gebooie bewaar en Hom vertrou. Die duiwel weet dat hierdie stryd sy laaste kans is, want net ‘n kort tydjie bly oor voor Christus terugkeer vir sy Bruid: “Wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het” (Openbaring 12:12).

Volskaalse Oorlog Teen God se Kinders

David Wilkerson (1931-2011)

“Wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het” (Openbaring 12:12).

As volgelinge van Jesus Christus, moet ons heeltyd daarvan bewus wees dat die duiwel daarop uit is om ons te vernietig. Daarom sê Paulus dat ons soveel as moontlik oor die vyand se taktiek en planne moet weet: “Sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie; want ons is met sy planne nie onbekend nie” (2 Korinthiërs 2:11)

Uit Die Put Gelig

David Wilkerson (1931-2011)

Moedeloosheid is die duiwel se mees vernietigende gereedskap in sy aanvalle teen Gees-honger heiliges. Dit was nog altyd die vyand se gekose wapen teen God se uitverkorenes en van die dag af wat jy ernstig oor die dinge van God geword het – en in jou hart besluit het om Christus in sy volheid te ken – wou Satan jou moedeloos maak. Hy kyk hoe jy elke dag dieper in God se Woord delf. Hy sien hoe jy groei, verander, alle wêreldsheid oorwin en daarom maak hy jou ‘n belangrike teiken.

Blootgestel aan Slegte Dae

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus is getrou en sorg vir ons deur elke seisoen van ons lewe en Hy het medelye met elke gevoel wat ons het tydens ons moeilike tye. Die apostel Paulus spreek dit aan as hy skryf, “Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie” (2 Korinthiërs 4:7). Die skat waarna Paulus hier verwys, is die kennis en teenwoordigheid van Jesus Christus – en ons het hierdie kosbare skat in ons liggame. Dink net daaraan!

Om Vas te Staan in Misleidende Tye

David Wilkerson (1931-2011)

Soos die tyd van Christus se wederkoms nader kom, gaan die duiwel die sluise van die hel teen God se kinders oopmaak. Ons sien dit reeds gebeur binne die mure van die kerk, omdat Satan God se huis geïnfiltreer het met subtiele leuens en valse leerstellinge. Menigtes misleidings en ketterye versprei deur die kerk en Christene sonder onderskeidingsvermoë sluk dit alles.

Moed vir Geestelike Padblokkades

Gary Wilkerson

Die apostel Paulus het ongelooflike dinge vir die saak van Christus gedoen. Hy het toesig gehou oor kerke deur die hele Asië en sommige gedeeltes van Europa terwyl hy ook gedien het as ‘n evangelis en apologeet. As ‘n ware kenner, het hy die saak vir Christus voor howe en konings verdedig.

Staan Op en Stry die Stryd

David Wilkerson (1931-2011)

Hoeveel Christene noem hulleself krygers maar was nog nooit getoets of opgelei nie? Ons hoor van die talle gebedskrygers in hierdie land. Maar die hartseer waarheid is dat die meeste van hulle nog nooit opgelei was nie – hulle is nie gereed om te veg nie. Talle ware gelowiges weier om teen die duiwel te stry of oorlog teen sy koninkryk te voer.

Is Jy Vol Moed?

David Wilkerson (1931-2011)

Ten spyte van al die gepraat in die kerk oor geestelike oorlogvoering, het te veel Christene nog nie geleer hoe om die vyand te weerstaan nie. Trouens, min gelowiges weet hoe om op te staan en te veg en hulle word regte papperds vir die duiwel.