peace

Die Here is My Herder

Gary Wilkerson

‘n Lewe van Volmaakte Vrede Lei

Elke Christen ken bergtoppe en pieke en diep, donker dale in hulle wandel met Jesus. Volgens my ervaring, is dit in die dale – die lae plekke, beproewings en moeilike tye – waar ons leer hoe om mense van gebed, hoop en dapper diens te wees. Met ander woorde, die dale is waar ons leer om God se getroue getuies te wees in onstuimige tye omdat dit is waar ons sy getrouheid teenoor ons in ons grootste nood leer ken.

Vrede en die Heilige Gees

David Wilkerson (1931-2011)

Aan wie skenk Jesus sy vrede? Jy dink miskien, “Ek is nie waardig om in Christus se vrede te leef nie. Ek sukkel te veel in my lewe. My geloof is so swak.”

Dit sou goed wees om die manne aan wie Jesus die eerste keer sy vrede gegee het in oënskou te neem. Nie een van hulle was dit waardig nie, en niemand het die reg daarop gehad nie.

Dink aan Petrus. Jesus was op die punt om vrede te skenk aan ‘n bedienaar van die evangelie wat binnekort vloeke sou uiter. Petrus was vurig in sy liefde vir Christus, maar Hy sou Hom ook verloën.

Vrede Groter as die Storm

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus gee ons meer as een rede waarom ons sy vrede nodig het. Christus het vir sy dissipels in Johannes 14:30 gesê: “die owerste van hierdie wêreld kom.” Wat was die konteks van sy stelling? Hy het pas vir die twaalf gesê: “Ek sal nie veel meer met julle spreek nie” (14:30).

Onmeetbare Vrede

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus het geweet dat die dissipels die soort vrede nodig gehad het wat hulle deur alle situasies sou dra. Hy het vir sy dissipels gesê: “Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle” (Johannes 14:27). Hierdie woorde moes die dissipels verbaas het. In hulle oë was dit byna ‘n ongelooflike belofte: Christus se vrede moes hulle vrede word.

Hierdie twaalf mans was verwonderd oor die vrede wat hulle die afgelope drie jaar in Jesus gesien het. Hulle Meester was nooit bang nie. Hy was altyd kalm, en nooit ontstel deur enige omstandighede nie.

Ons Môres Mors

David Wilkerson (1931-2011)

Terwyl Paulus gewag het op sy hofverhoor in Rome, was hy onder haglike omstandighede aangehou (sien Filippense 1:13-14). Hy is 24 uur per dag bewaak deur soldate van die Praetoriaanse wag, en aan weerskante van hom was sy voete aan ‘n soldaat vasgeketting. Hierdie mans was kru, verhard en het gereeld gevloek. Hulle het al alles gesien, en vir hulle in hul tipe werk was elke gevangenis ‘n skuldige misdadiger, insluitende Paulus.

Vrede en Veiligheid

David Wilkerson (1931-2011)

Op my reise deur die wêreld het ek gesien hoe ‘n “geestelike tsoenami” van goddeloosheid ronddryf. Hele denominasies is vasgevang in die golwe van hierdie tsoenami wat in hul nasleep die ruïnes van apatie agterlaat. Die Bybel waarsku duidelik dat dit moontlik is dat toegewyde gelowiges van Christus af wegdryf.

‘n Vrede om Jou Deur Alles te Dra

David Wilkerson (1931-2011)

“Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle” (Johannes 14:27).

Ons weet dat Christus kwaad kon word en soms was Hy aangedaan tot trane. Maar Hy het sy lewe op hierdie aarde gelei as ‘n man van vrede. Hy het vrede gehad met die Vader, vrede tydens versoeking, vrede in tye van verwerping en bespotting. Hy het self vrede gehad tydens storms op die see en het op die dek van die boot geslaap terwyl ander gesidder het van vrees.

Om Vrede te Kry Wanneer Wonderwerke Skynbaar Wegbly

David Wilkerson (1931-2011)

Die genesings wat Christus gedoen het, was onmiddellik en sigbaar vir almal teenwoordig. “Toe sê Hy vir die verlamde man: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe. En hy het opgestaan en huis toe gegaan” (Matthéüs 9:6-7). Die verlamde man met die verwronge liggaam wat by die bad van Betesda gelê het, het skielik ‘n uiterlike, fisieke verandering ondergaan sodat hy kon hardloop en spring (sien Johannes 5:5-8). Dit was ‘n wonderwerk wat almal wat dit gesien het, verstom en aangeraak het. Nog ‘n oombliklike wonderwerk!

Openbarings in Jou Donkerste Uur

David Wilkerson (1931-2011)

Dwarsdeur die Skrif, deel God sy genade uit deur middel van openbarings tydens ons beproewings wat ons nooit in ons goeie tye sou verstaan nie. God se goedheid kom na sy kinders in tye van moeilikheid, rampe, isolasie en swaarkry. Byvoorbeeld, die dissipel Johannes was “in Jesus se boesem” vir drie jaar lank. Dit was ‘n tyd van die grootste rus, vrede en blydskap. Maar in al daardie tyd, het Johannes bitter min openbaring ontvang. Hy het Jesus slegs as die Seun van God geken. Wanneer het Johannes dan sy openbaring van Christus in al sy heerlikheid gekry?

Vol Vrede Voor Jou Vyande

David Wilkerson (1931-2011)

“U berei die tafel voor my aangesig teenoor my teenstanders; U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor” (Psalm 23:5).

Ons hou van die belofte om met ‘n feesmaal voor ons vyande bedien te word terwyl hulle moet toekyk. Maar presies wie is hierdie vyande? In Bybelse terme, is daar die demoniese soort en die menslike soort. In Psalm 23, verwys Dawid na demoniese vyande; wat die duiwel en al sy owerhede en magte uit die hel verteenwoordig.