Motivation

Om Ons Grootste Vyande te Vergewe

Tim Dilena

C.S. Lewis het die volgende woorde geskryf: “Vergifnis is ‘n wonderlike idee totdat jy iemand moet vergewe.” Niks kan meer waar wees nie, of hoe?

Corrie ten Boom het een van die wonderlikste verhale oor vergifnis. Haar boek The Hiding Place handel oor hoe haar gesin Jode gehuisves het wat vir die Nazi’s in Amsterdam gevlug het. Die Nazi’s het hulle uiteindelik uitgevang en haar hele gesin in die konsentrasiekampe gesit. Almal van hulle is dood, behalwe Corrie. Sy het nog 30 jaar voortgegaan om die evangelie te verkondig.