hope

Wagtend op die Laaste Dag met Hoop

David Wilkerson (1931-2011)

Paulus skryf: “Deurdat julle die woord van die lewe vashou, my tot 'n roem teen die dag van Christus, dat ek nie verniet geloop of verniet gearbei het nie” (Filippense 2:16). Paulus het die dag voorgestel as hy in Christus se teenwoordigheid sou staan ​​en die geheime van verlossing onthul sou word.

Hoop vir Verpletterde Verwagtinge

David Wilkerson (1931-2011)

Ons het uit Jesaja 49 geleer dat die Here jou stryd ken. Hy het dit voor jou gestry. En dit is geen sonde om gedagtes te hê dat jou arbeid tevergeefs was, of om terneergedruk te wees met ‘n gevoel van mislukking oor verpletterde verwagtinge nie. Jesus het dit self ervaar en was sonder sonde.

Waar om na Hoop te Soek

David Wilkerson (1931-2011)

“MAAR oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie; want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ’n dief in die nag” (1 Thessalonicense 5:1-2).

Hoop Wanneer Jy Voel Jy Misluk

David Wilkerson (1931-2011)

Voel jy ooit asof jy nie veel in die lewe bereik het nie en dat baie beloftes onvervul bly? Indien wel, is jy in goeie geselskap; trouens, jy staan tussen geestelike reuse.

Baie vername dienaars van God dwarsdeur die geskiedenis het op die ou end gevoel asof hulle in hulle roeping misluk het. Die profeet Elia het na sy lewe gekyk en uitgeroep, “Here, neem my huistoe! Ek is nie beter as my vaders nie en almal van hulle het U teleurgestel. Asseblief, neem my lewe! Alles was verniet” (sien 1 Konings 19:4).

Kry Hoop Uit Job se Getuienis

David Wilkerson (1931-2011)

Die voorbeeld van Job se lyding behoort vir ons van groot troos te wees. Dit mag vir sommiges ‘n verrassing wees, maar Job verteenwoordig die laaste-dae gelowige wat erge beproewings sal ondergaan in die dae wat voorlê. Trouens, menigtes van Godvresende Christene sal deur dieselfde vure gaan wat Job beleef het. En ons het hierdie man se voorbeeld nodig om hoop vir onsself te kry.

‘n Visioen van Hoop

Gary Wilkerson

Die profeet Eségiël het magtig in die Gees beweeg en die Here het aan hom ‘n visioen, wat ‘n tydige boodskap van geestelike ontwaking vir die kerk vandag is, gegee. Soos die meeste Ou Testamentiese profete, het Eségiël die koning van Israel gedien, wat beteken dat hy dikwels saam met die koning se leër gereis en die gruwels van oorlog gesien het. Maar Eségiël het ‘n visioen, wat alles oortref wat hy in die werklike lewe gesien het, ontvang.

Dit is Nooit Te Laat Nie

David Wilkerson (1931-2011)

God kan enigiets wat jy as dood aanvaar het, weer lewend maak. Ons is bekend met die storie in Markus 5 rakende Jaïrus, die desperate owerste van die sinagoge wat vir Jesus gevra het om sy dogter te genees. Sy twaalf jaar oue dogter was op sterwe en Jaïrus het Christus gesmeek om na sy huis te kom en hande op haar te lê.